Polisie lê beslag op R3,5 miljoen perlemoen en toerusting

Foto: SAPD, Twitter

Beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens het vyf persone in hegtenis geneem en beslag gelê op perlemoen en toerusting ter waarde van R3,5 miljoen in Mfuleni, Kaapstad.

Beamptes van die taktiese reaksie-eenheid het vroeg Saterdagoggend op ʼn wenk reageer oor ʼn perlemoen-prosesseringsfasiliteit by ʼn huis in Mfuleni, het die polisie in ʼn verklaring gesê.

Hulle het die perlemoen en toerusting by ʼn huis in Pelican Walk, Sunbird Park, gevind met ʼn geraamde straatwaarde van R3,5 miljoen.

Vyf verdagtes, tussen 18 en 53 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leahim ·

Ek vind dit altyd skreeusnaaks dat die polisie so baie sukses behaal met perlemoen ek verstaan hulle het n perlemoen eenheid in die kaap maar nie n dwelmeenheid nie en dit bewys vir my of hulle prioriteite is verkeerd of leierskap ontbreek ernstig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.