Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die Valke het die skeepsvraghouer Dinsdagaand onderskep. Hy het gesê 95 blokke kokaïne van 1kg elk is in die skeepsvraghouer gevind.
Volgens Zwane is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie maar is dit duidelik dat daar met die vraghouer se seël gepeuter is. “Daar word vermoed dat die dwelms verwyder moes word voor die houer aan die eienaar terugbesorg is.”
Zwane het gesê die vraghouer het op 5 September op ʼn skip van Buenos Aires in Argentinië vertrek en het op 30 September by die Durbanse hawe aangekom.
Kan hulle nie asb Brits kom “skoonmaak” van dwelms nie? Hier is die polisie hul grootste klante en bribes word openlik betaal en dwels word in parkeerareas en karre verkoop.
Ons sien hul daagliks.
Kan hulle nie asb Brits kom “skoonmaak” van dwelms nie? Hier is die polisie hul grootste klante en bribes word openlik betaal en dwels word in parkeerareas en karre verkoop.
Ons sien hul daagliks.