Polisie lê beslag op sigarette van duisende rande

sigarette

(Foto: pixabay)

Die polisie is steeds besig om toe te slaan op diegene wat die regulasies van die staat van algehele afsondering verontagsaam.

In Lephalale (Ellisras) is ʼn 27-jarige man in hegtenis geneem vir die verkoop van onwettige sigarette. Brig. Motlafelo Mojapelo het gesê die man se winkel is net ʼn paar straatblokke van die polisiekantoor op die dorp.

Die verkoop van drank en sigarette is tydens die afsonderingstydperk verbode.

Mojapelo het gesê die polisie het ʼn wenk uit die gemeenskap opgevolg en in ʼn stoorkamer op onwettige sigarette van nagenoeg R750 000 beslag gelê.

British American Tobacco South Africa (Batsa) het vroeër gesê die verbod gaan 11 miljoen rokers dwing om buite hul woonbuurte te soek na winkels wat bereid is om nié aan die verbod gehoor te gee nie.

Batsa het ook gesê die verbod kan onbedoeld bydra tot die onwettige handel van tabak aangesien rokers heel waarskynlik onwettige produkte gaan koop.

Hy het ʼn beroep op die regering gedoen om die verbod op die verkoop van sigarette op te hef en die verkoop daarvan saam met ander noodsaaklike goedere toe te laat.

Die verdagte verskyn later vandag in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
myvyfsent

Maak sigarette LEGAL! Julle mors tyd op dit in plaas van seker maak dat mense nie rond loop en die virus versprei nie. Hoekom tyd mors met sigarette? Julle het geen idee wat se paniek aanvalle ek kry nie, hoe die ding my raak nie. Nee ek moet kalmeerpille kry om my deur die reeds moeilike omstandighede te “cope”. Ek is besig om die stryd te verloor, ek is besig om myself te verloor in die proses. Ek is ‘n roker al vir 40 jaar en kan nie ophou nou nie. HELP MY OM LEGAL en meer rustig TE WEES!!!

Louwrens

Ek is nie n roker nie maar het simpatie met rokers. My oorlede pa was n roker en sigarette het nie sy dood veroorsaak nie, n dom taxi drywer het hom doodgemaak. Sigarette is n susmiddel vir baie mense wat met stres sit, vat dit weg en jy sit met n tikkende tydbom. Die regering is gou om aandag aan onnodige dinge te spandeer maar kan nie ernstige misdaad hokslaan nie. Gee die rokers hul kalmeermiddel en laat toe dat drankwinkels net n sekere hoeveelheid drank verkoop aan jou individue en daar sal minder probleme wees. Sekere groepe kan hulself… Lees meer »

Genis

Dis eindelik absurd… wat is die mediese doel?

Befok

More se ja ek wil ook net vra wat het sigarette en alcohol met die virus te doen ek sien nie iets verkeerd met dit nie as jy still by jou huis sit en dit geniet nie my mos nie op straat nie

Boortor

Nou sal ek maar by die polisiestasie gaan koop. Dis darem net n paar blokke verder. Sal sommer ook kyk watse dop hulle daar het.