Polisie lê beslag op sigarette van duisende rande

sigarette

(Foto: pixabay)

Die polisie is steeds besig om toe te slaan op diegene wat die regulasies van die staat van algehele afsondering verontagsaam.

In Lephalale (Ellisras) is ʼn 27-jarige man in hegtenis geneem vir die verkoop van onwettige sigarette. Brig. Motlafelo Mojapelo het gesê die man se winkel is net ʼn paar straatblokke van die polisiekantoor op die dorp.

Die verkoop van drank en sigarette is tydens die afsonderingstydperk verbode.

Mojapelo het gesê die polisie het ʼn wenk uit die gemeenskap opgevolg en in ʼn stoorkamer op onwettige sigarette van nagenoeg R750 000 beslag gelê.

British American Tobacco South Africa (Batsa) het vroeër gesê die verbod gaan 11 miljoen rokers dwing om buite hul woonbuurte te soek na winkels wat bereid is om nié aan die verbod gehoor te gee nie.

Batsa het ook gesê die verbod kan onbedoeld bydra tot die onwettige handel van tabak aangesien rokers heel waarskynlik onwettige produkte gaan koop.

Hy het ʼn beroep op die regering gedoen om die verbod op die verkoop van sigarette op te hef en die verkoop daarvan saam met ander noodsaaklike goedere toe te laat.

Die verdagte verskyn later vandag in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

myvyfsent ·

Maak sigarette LEGAL! Julle mors tyd op dit in plaas van seker maak dat mense nie rond loop en die virus versprei nie. Hoekom tyd mors met sigarette? Julle het geen idee wat se paniek aanvalle ek kry nie, hoe die ding my raak nie. Nee ek moet kalmeerpille kry om my deur die reeds moeilike omstandighede te “cope”. Ek is besig om die stryd te verloor, ek is besig om myself te verloor in die proses. Ek is ‘n roker al vir 40 jaar en kan nie ophou nou nie. HELP MY OM LEGAL en meer rustig TE WEES!!!

Jaco ·

As ek mag raad gee, gaan sien n dokter en vrae dat hy vir jou Wellbutrin of Zyban moet voorskryf. Ek was n kettingroker en kon nie eens 10 minute sonder n siggaret gaan nie, ek het met die hulp van Wellbutrin maklik opgehou, na n paar dae was my rooklus heeltemal weg. Ek is nou al jare rook vry. Daar is hulp daar buite. Alle sterkte.

myvyfsent ·

Champix gekry en die newe effekte is net te erg. Dankie ek weet jy wou net help, maar ek kon nie reg kom met dit nie. Ek is regtig nie op ‘n goeie plek nie. Wens die mense wat die goed uit dink wil hul prioriteite reg kry.

Cherokee ·

sikspens, ek het ophou rook toe jy daarmee begin het. Dit maak egter nie dat ek nie jammer is vir julle nie. Die verbod op die verkoop van sigarette is sinneloos, en soos meer kommentators gesê het, die verbod op die verkoop van drank en sigarette, kan ontaard is huismoles, deur mense wat hul innerlike stryd wil uithaal op ander.
Ek dink tog jy moet Jaco se advies volg. Ek ken ‘n weduwee wat ‘n kettingroker is met emfiseem. Sy was getroud met ‘n dokter en dit is hy wat vir my gesê het dat sy vrou ‘n emfiseem lyer is. Probeer meer produkte soos deur Jaco voorgestel.

Louwrens ·

Ek is nie n roker nie maar het simpatie met rokers. My oorlede pa was n roker en sigarette het nie sy dood veroorsaak nie, n dom taxi drywer het hom doodgemaak. Sigarette is n susmiddel vir baie mense wat met stres sit, vat dit weg en jy sit met n tikkende tydbom. Die regering is gou om aandag aan onnodige dinge te spandeer maar kan nie ernstige misdaad hokslaan nie. Gee die rokers hul kalmeermiddel en laat toe dat drankwinkels net n sekere hoeveelheid drank verkoop aan jou individue en daar sal minder probleme wees. Sekere groepe kan hulself gedra en in die nuwe wetsraamwerk optree.

De Villiers ·

Siende dat sigarette volgens jou vir stress werk, sal jy dit voorskryf vir mense, soos bv dokters, wat in ‘n stresvolle omgewing werk?

Die ding is sigarette help nie vir stres nie, dit SKEP die stres. Jy het nie stres gehad voor jy begin rook het nie. Jy het vir jouself stres geskep deur verslaaf te raak aan nikotien.

Sodra die nikotien in jou liggaam begin afneem, begin jy te stres, want jy moet gaan rook.
As jy nie kan rook nie, begin jy meer te stres. As jy nie sigarette in die hande kry nie, begin jy paniekerig raak…alles veroorsaak deur jou verslawing en nie omdat jy van nature stres het nie!

Sigarette is die oorsaak van jou stres, nie die oplossig vir dit nie.

Bets ·

More se ja ek wil ook net vra wat het sigarette en alcohol met die virus te doen ek sien nie iets verkeerd met dit nie as jy still by jou huis sit en dit geniet nie my mos nie op straat nie

twaalfboor ·

Seker niks nie. Maar bewys baie duidelik dat drank en sigarette BAIE mense se lewens beheer.

Boortor ·

Nou sal ek maar by die polisiestasie gaan koop. Dis darem net n paar blokke verder. Sal sommer ook kyk watse dop hulle daar het.

M ·

Indien hulle meer as die markprys vra het ons ‘n saak van oorverhaling teen hulle …. kan hulle aankla …. hou ons op hoogte asseblief ………

Rodger17 ·

Die regering probeer aandag aflei van die korrupsie in die land,nou arresteer hul mense wat betaal vir hul plesiertjies.Hierdie hele Covid19 word nou voorgegooi vir als wat verkeerd gaan dis n klug!Dis jou longe en lewer wat jy opneek as jy rook en drink!Het die polisie nie beter dinge om te doen nie?Almal het n mensereg om te doen wat hy goed dink vir homself.Lyk my net sekeres het menseregte!

MAGRIETHA ·

Stem saam met Lourens jy gaan nog huis moleste sien oor rokers di simtome begin kry

Anoniem ·

As ek so lees kry ek rokers en drank gebruikers baie jammer. Dit is net weereens n bewys hoe sigarrette en drank jou lewe kan verwoes en die ou wat my nou met n klip wil gooi, gooi maar pel maar vra jouself net die volgende vraag, wie is in beheer van my lewe, sigaret of drank en dan kan jy maar alleen erken of nie erken want jy moet dan maar die pad vorentoe loop. Jou keuse.

Johan ·

ditsem Danie!!! Ek stem . Hierdie tydperk is die perfekte geleentheid om selfondersoek te doen. Nader aan God te beweeg of hom beter te leer ken.

M ·

Ek wens ons agbare President wil toetree tot die absurde, eie geregtige en peroonlik-gefundeerde , afgeforseerde en irrellevante besluit van een Swart-hoed …. Lg het geen benul nie van die emosionele, psigologiese en fisiese gevolge van ‘n onnosel besluit . Ek vertrou dat BAT sal toetree tot bg. Hofsaak en die “beskuldigde” finansieël en met regslui sal bystaan.

twaalfboor ·

Lekker lag ek nou vir jou kommentaar Johan. Dis die absolute waarheid. Ek geniet ook my biertjie en whiskey, maar magtag ek gaan nie so tekere omdat die drankwinkels toe is nie. Genade mense, skrik tog wakker in hierdie lewe.

Emily ·

Bottelstore word klaar geplunder, Daai arme eienaars gaan swaar trek.
Ek sal ook se, Maak oop so van 9 tot 1 en sit beperkings op hoeveel mense mag koop.

Kobus ·

Sigarette en drank is ‘n keuse.Wat my verbaas is die feit dat hardeware ook taboe is.Waarom nie bv die hardeware winkels sekere tye toelaat om handel te dryf nie? Hulle kan steeds toegangsbeheer toepas,maar soos rokers is ek erg gefrustreer omdat ek nie items kan/mag koop wat my produktief kan hou nie.Minder geweld sal ook plaasvind.Die regering verbeur miljoene deur hierdie tabak verbod en al wie geld maak is die onwettige smouse,en dis lekker belasting vry.

myvyfsent ·

Stem met jou saam, dan kan ons dinge by die huis doen wat mens gewoonlik nie voor tyd kry nie. So het ek ook goed nodig om take te verrig, maar nee……… kan nie eers besig bly nie, so hoe nou gemaak? Rookgoedjies amper klaar ek moet besig bly

Phillip ·

Nogal belaglik…. die verkoper se winkel is naby die polisiestasie. Die polisie het ‘n wenk nodig gehad om dit uit te vind. Op dit!!

Niklaas ·

Ek kan die besluit oor drank nog verstaan, want daar is gevaar van misbruik. Maar sigarette is iets anders en nooit is misbruik tet sprake nie. Ek rook nie, maar jammer vir rokers veral in hierdie krises tyd.

Maria Magdalena ·

Gebruik die tax geld van sigarette vir aankoop van mediese toeristing of om die armed te help. Dit is stupid van die regering om te se mense mag nie took nie, dit het niks met die virus te doen nie. Legalize sigarette.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.