Polisie lê beslag op voertuie; twee in hof

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 32-jarige man en sy 38-jarige vriendin sal na verwagting Woensdag in die Rustenburgse landdroshof in Noordwes verskyn op drie aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde voertuie asook die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die twee is Maandag in Protea Park in Rustenburg in hegtenis geneem nadat die polisie inligting omtrent hul houplek ontvang het.

Ná die inhegtenisneming het die polisie beslag gelê op drie voertuie: ʼn Audi A4, ʼn Volkswagen Golf 5 en ʼn Hyundai Atos. Die Hyundai Atos word verbind met motorkapings wat tussen verlede Vrydag en Saterdag in Protea Park en Rustenburg Kloof plaasgevind het.

Die polisie het ook op ’n wit Suzuki Swift beslag gelê wat glo ook tydens die pleeg van die misdade gebruik is.

“ʼn Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die man ʼn saak hangend teen hom het. Hy was glo verlede jaar Desember betrokke by ’n motorkaping in Rustenburg,” sê Mokgwabone.

Tydens die verdagtes se inhegtenisneming is ʼn veearts ook na die toneel ontbied nadat ʼn polisiebeampte deur ʼn aggressiewe hond aan die been gebyt is.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het die polisie geloof vir hul vinnige reaksie om die verdagtes vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel ·

Motorkaping verlede jaar Desember hoekom is hy op vrye voet?

Danie ·

Dis oulik, die polisbeampte word gebyt maar ‘n veaarts moet die hond kom behandel.
Seker van die giftige soort gewees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.