Polisie maak deurbraak in lughawe-agtervolgings

Argieffoto

Die Gautengse polisie sê hy het ʼn reusedeurbraak gemaak in die afgelope paar weke se gevalle waar reisigers van die OR Tambo-lughawe af agtervolg en beroof is.

Vier verdagtes is die naweek in Hillbrow in hegtenis geneem en daar is op gesteelde goedere beslag gelê, het lt. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê. Die inhegtenisnemings volg ná ondersoeke van voorvalle die afgelope paar weke waar reisigers van die lughawe af agtervolg en beroof is.

Mogale het gesê die inhegtenisnemings was die gevolg van ʼn intelligensie gedrewe- operasie deur lede van die nasionale ondersoekeenheid en speurders van Parkview. Daar is spesifiek inligting opgevolg oor ʼn verdagte wat glo by een van die voorvalle betrokke was op 8 Januarie vanjaar.

“Dit het gelei tot die inhegtenisneming van vier verdagtes, tussen 25 en 45 jaar oud, by verskeie woonplekke in Hillbrow. Die span het op ʼn .38-rewolwer, vyf rondes ammunisie sowel as vermoedelik gesteelde goedere, insluitend ʼn paspoort, tasse, klere en ʼn skootrekenaar beslag gelê.”

Volgens Mogale word die moontlikheid ondersoek dat die verdagte by talle soortgelyke sake betrokke was.

Die vier verdagtes sal Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van gewapende roof en diefstal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

A Klaassen ·

Wat van die informant(e) werksaam binne die lughawe. Verseker ry die manne nie agter elke Jan Rap met ‘n tas in sy hand aan nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.