Die Wes-Kaapse polisie het Vrydag ʼn deurbraak gemaak nadat ʼn busbestuurder verlede naweek doodgeskiet is terwyl hy ʼn bus bestuur het.
Die bestuurder van ʼn Golden Arrow-bus is in Zwelitsha in Nyanga, naby die Kaapstad-lughawe, geskiet. Die bus het daarna die pad verlaat en in ʼn huis ingeploeg. Geen ander beserings is aangemeld nie.
Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê twee verdagtes wat glo by die skietery betrokke was, is onderskeidelik in One Location en New Crossroads in hegtenis geneem.
“Volgehoue pogings en slapelose nagte deur speurders van die Nyanga-polisie het tot die sukses bygedra. Die aanval deur misdadigers wat diegene teiken wat moet verseker dat die publiek veilig vervoer word, is ʼn groot bekommernis vir die polisie in die Wes-Kaap,” het hy gesê.
Die polisie het lede van die gemeenskap geloof wat die polisie bygestaan het om die mans op te spoor.
Die verdagtes moet na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklag van moord.
Die laaste tyd lees ons ‘Polisie maak deurbraak’ deur ander polisie te vang.
Ek wou presies dieselfde se en hulle sou nie die deurbrake gemaak het sonder die trio taakmag nie????
Cherokee dankie vir al die insigewende kommentaar wat jy lewer altyd op die oor.Ek is al ń paar keer uit gehaal oor my tenses en spelling in afr. maar van ons engelse wil graag saam met julle praat.Mooi aand vir jou en geniet die see.
Jou Afrikaans is puik.
Haai Lance, dankie vir jou dankie :-) Dit is nou lekker om te hoor wat jy sê en… laat my toe om jou te verras deur te sê dat ek meer Engelssprekend is as Afrikaans. Afrikaans groot geword en Afrikaans as huistaal maar ek woon in Durban en ek woon en werk in ‘n ultra Engelse omgewing. Die enigste, werklik enigste plek waar ek Afrikaans praat is tuis en somtyds selfs nie eens hier nie want ons vriende is almal Engelssprekend. My vriende, personeel wat vir my werk, my kollegas, kontrakteurs waarmee ek daagliks deel, my bure en ieder en elk is Engelssprekend en soos reeds gesê, ek praat Afrikaans net by die huis. Ek gebruik (noem dit misbruik as jy wil) Maroela om my Afrikaans op dreef te hou en die Maroelaliete is nie juis gek na my nie want wanneer ‘n webmeester aan diens is wat nie van my en my sieninge hou nie, gaan my skrywes snippermandjie toe. Ek weet ek is 49.9% self skuldig.
Dankie weer ‘n keer Lance, hoor graag weer van jou :-)
En terloops Lance, soos Eish gesê het, jou Afrikaans is eish!!! (soos in netjies en suiwer!)
Fikile Mbalula se luidrugtige bravade en breedsprakigheid ten spyt, sal hy geen jota of tittel kan bydra tot die hoë misdaad in SA nie.Hy moet begin om sy eie troepe tot orde te roep.
Fikile is n persoon wat baie van aandag hou hy praat baie en doen min onthou hy was op n tyd die leier van die anc jeugliga die polisie het n persoon nodig soos Johan Burger met baie ondervinding om die polisie te lei en misdaad aan te spreek
Nou gaan hul lekke slaap en bad en eet in tronk
Nou wat stel jy voor? Moes hulle nou nie gevang word nie, moes hulle maar gelos word om nog moorde te pleeg. Hou tog op kerm daai kitaar snare is al pap
Tannie Koba, jou kommentaar is onnodig gemeen want ek weet wat Irene bedoel wanneer sy dit met ‘n glimlag sê. Wat in jou guns tel is dat ons weet almal kan nie tussen lyne lees nie.