ʼn 29-jarige verdagte is dié week in hegtenis geneem in verband met die grusame moord op ʼn man van die Lehwelere Matlala-nedersetting in Dennilton buite Groblersdal in Limpopo.
Die man se verkoolde liggaam, wat in ʼn kruiwa gelê het, is Dinsdag in ʼn puttoilet in dié provinsie aangetref.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die man reeds vroeër as Kaizer Makola geïdentifiseer.
Volgens Ngoepe is die verdagte, ʼn familielid van Makola, Vrydagaand in dieselfde nedersetting in hegtenis geneem.
“Die voorlopige polisieondersoek het onder meer gebrande motorbandstukke [uit die puttoilet] herwin wat glo gebruik is om die man se liggaam mee te brand,” sê hy. “Die motief agter die koelbloedige moord is nog nie bekend nie, maar huishoudelike geweld word nie uitgesluit nie.”
Die verdagte sal Maandag op aanklag van moord in die Moutse-landdroshof verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.
Mense met meer inligting word versoek om konst. William Vilakazi by 082 303 9907 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.
In eerstewêrelde steek mense mekaar nie aan die brand, gooi pasgebore babas dood of lewend op stortingstereine, asblikke of toilette weg nie. Selfs in van die mees agterlike lande en samelewings ter wêreld word dit nie gedoen nie. Maar hier …?
Dit is waarom ons nie meer in die land onder ANC waardes kan bly nie. Ons moet gou onderhandel vir selfbeskikking terwyl ons nog kan.
Moet asb nie te gou praat nie.
Wat van pippie, Polisieman Danie Fourie ens ????