Polisie maak deurbraak ná Pta-gruvonds

Rakiel Naidoo (23), haar ma, Melanie Naidoo (51), en haar oom, Gregory Naidoo. Foto: Via Facebook

Die Gautengse polisie het ʼn deurbraak gemaak nadat ʼn familie in Northcliff, Johannesbrug, Sondagaand beroof en ontvoer is en hul verkoolde liggame Maandag buite ʼn spog landgoed in Pretoria gevind is.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media bevestig die polisie het ses mense in hegtenis geneem en beslag gelê op die Mercedes-Benz van die Naidoo-familie nadat hulle Sondagaand vermoedelik in dié voertuig ingeboender is ná ʼn gewapende huisroof.

Die verdagtes het met dié voertuig, elektriese ware en ʼn Toyota Quantum, wat as ʼn wegkomvoertuig gebruik is, van die toneel gevlug.

“Die Gautengse polisie werk sedert Maandag onverpoosd aan die ontvoeringsaak nadat die voorval by die polisie aangemeld is. Die polisie het verskeie leidrade opgevolg en die verdagtes is Woensdagaand in Sone 5 van Pimville in hegtenis geneem,” het Makhubele gesê.

Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op die gesteelde huisware en albei voertuie.

Makhubele het ook bevestig die drie verkoolde liggame wat Maandagoggend in ʼn veld buite die Copperleaf-landgoed in die Mnandi-omgewing in Centurion gevind is, is “vermoedelik” dié van die drie slagoffers. Die liggame is egter onherkenbaar verbrand en die polisie wag nog vir die uitslae van DNS-toetse om dit te bevestig. Familielede van die egpaar kon egter Dinsdag in ʼn Pretoriase lykshuis van die oorledenes aan sekere kenmerke uitken.

Maroela Media het vroeër berig ʼn familielid het bevestig die liggame van Rakiel Naidoo (23), haar ma, Melanie Naidoo (51), en haar oom, Gregory Naidoo (57), is Dinsdag uitgeken nadat die polisie hul nadoodse ondersoek voltooi het.

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Johannesburg-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering, huisroof en moord.

Lees die vorige berigte oor die Pretoria-gruvonds op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

al ·

Wat gaan die polisie doen oor hierdie vlaag gewapende rowe wat sommer moord as ñ nasionale sport maak?
Ek is siek en sat om te sien hoe onskuldige mense afgemaai word soos ook met die tv aanbieder en nog n man wat saam met hom doodgeskiet is.

Gerrie Ferreira ·

My vraag is wat word van die wapens wat by die weermag en of plolisie gebuit word wanneer hulle beroof word? Ons hoor nooit dat ‘n rooftog met een van daardie wapens gepleeg word nie. Die goed verdwyn tog seer sekerlik nie in die niet nie, dit word in rowe gebruik want dit is waarvoor dit geroof word. Nou word die skuld op die wettige jagters geplaas. Baie min, indien enige rowr word met jaggewere gepleeg, dit is autonatiese gewere in 99.9 van die gevalle.

petro ·

Hulle is darem vinnig om die moordenaars vas te trek my seun is die 18 julie 2011 in Burgersdorp vermoor en nog absuluut geen terugvoering van die polisie gekry nie ek is baie dae lus om die polisie te dagvaar ek weet dit gaan nie my seun terug bring nie maar dit gaan vir my berusting bring en hy was n polisieman 200%

al ·

Sterkte met jou verlies en dat jy nie berusting het omdat die moordenaar nog nie opgespoor is nie.
Iewers sal die landsburgers ñ streep moet trek teen hierdie geweldsmisdade.

Leeutjie ·

Petro sjoe ek kan verstaan hoe jy moet voel. Ek het onlangs die fliek gekyk “The Shack”. As jy dit nog nie gekyk het nie, kyk dit gerus. Jou trane gaan vloei maatjie maar dit gaan jou help om die moordenaars vry te spreek! God sal met hulle deel en hulle hel kom!!!

t ·

‘n Vriend van my is in 2007 deur sy eie broer laat vermoor. Hy het geweet sy moord kom. Hy het al die bewyse, fotos, bandopnames, gebeurtenisse en alles vooraf vir ons, sy vriende, gegee. Dis nou vir as iets met hom gebeur. Hy is toe vermoor en ons gee al die bewysstukke vir die Polisie soos hy gevra het. Gelukkig het ons kopieë van alles gehou. Na 5 jaar volg ek op om die status van die ondersoek te bepaal. Al die bewyse het weggeraak. Ek gee hulle toe 5 DVDs met al die inligting op. Dis 10 jaar later en sy broer was nog nie eers ondervra nie. Al wat ek kan dink is dat daar geld van hande verwissel het.

Connie Janse van Rensburg ·

Ek stem dagvaar hulle. Burgersfort gee nie om nie.Het al gesien as by jou Huis in gebreek is.Mors van tyd.Baklei vir jou kind.
Sterrkte met joy hartseer Het my seun verloor in 2005 in kar ongeluk.

jaco ·

As jy n wit slagoffer van misdaad is, word niks daaraan gedoen nie, want dit word beskou as ‘n soort “terugkry” vir apartheid.

martin cilliers ·

die polisie moet groot lof kry om so saa so gou op te los onder die omstandighede bravo daar is hoop nou nog net die doodstraf.

martin cilliers ·

groot lof vir die moeilike saak daar is hoop met so goeie polisie optrede en nou nog net die doodstraf.o

Christo Visagie ·

As hulle die skuldiges is straf hulle op dieselfde manier as wat hulle gebruik het om die mense te vermoor,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Lee ·

Dis so baie tragies !
En so baie onnodig!
Wat gaan aan met die mensdom ..?

martin ·

Koos Kriek ons sal nooit reg kom met jou benadering van net sekere mense word na gekyk en die doodstraf sal werk moenie bang wees nie. Kyk om jou en geniet jou mede mense en help opbou.

Ada ·

Kry die gesin vreeslik jammer. Waardeur moes hulle nie gegaan het nie. Hoop hulle kry lewenslank x 3.

ANRE ·

Ek dink die polisie verdien hier baie beslis ‘n groot DANKIE vir hul harde werk. Dis 4 dae later en die MONSTERS is vasgetrek. Dis net jammer daar is so baie van hulle! Ek kan nie oor dit kom dat mense ander mense lewendig aan die brand kan steek nie – Hoe doen mens so iets? Het hulle absoluut geen siel of begrip of gewete nie?

Hier sou ek nie eers vrae vra nie – light die matches en kyk of hulle dit die keer ook so geniet wanneer dieselfde aan hulle gedoen word. 6 verdagtes en nie EEN kon dit stopsit nie? Hulle verdien geen 2de kans nie. :(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.