Polisie maak deurbraak ná twee skole brand

Brandskade by Leriane Secondary School. Foto: Verskaf

Die Limpopo-polisie het Sondag gesê hy het ʼn reusedeurbraak gemaak nadat twee skole en ʼn polisievoertuig vroeër vandeesweek tydens gewelddadige betogings in die Zaaiplaas-omgewing naby Groblersdal aan die brand gesteek is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê lt.genl. Nneke Ledwaba, die provinsiale polisiekommissaris, het ingegryp en Saterdag ʼn vergadering met rolspelers gehou in ʼn poging om ʼn einde aan die afgelope vyf dae lange betogings te bring.

“Ná die kommissaris se besoek in die gebied en as deel van sy ingryping, is ʼn klopjag Saterdagaand in die gebied uitgevoer, waarby verskeie eenhede betrokke was,” het Ngoepe gesê.

“Twee van die aanvoerders van die reeks betogings is tydens die polisie-optrede in hegtenis geneem. Die verdagtes is onderskeidelik 24 en 29 jaar oud en in die Keerom-nedersetting in hegtenis geneem.”

Altesaam sewe mense is tot dusver in verband met die betogings in hegtenis geneem en meer inhegtenisnemings word verwag.

Die sewe verdagtes moet Maandag in die Groblersdal-landdroshof verskyn op twee aanklagte van brandstigting, opsetlike saakbeskadiging en aanranding op ʼn polisiebeampte.

Maroela Media het Saterdag berig die kantoorgebou van Leriane Secondary School in die Zaaiplaas-omgewing is Vrydag omstreeks 22:30 aan die brand gesteek.

Die voorval volg nadat die kantoorgebou van Rehlahlilwe Primary School, ook in Zaaiplaas, Vrydag in die vroeë oggendure aan die brand gesteek is.

ʼn Polisievangwa is ook tydens Vrydag se voorval aan die brand gesteek en vroeër vandeesweek is ʼn polisiekonstabel aangerand en beseer.

Die Zaaiplaas-gemeenskap het Dinsdag begin betoog en onder meer die R579-pad met groot klippe versper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Org ·

Veels geluk aan SAP, raai wat nou kry hulle gratis verblyf, etes en opleiding danksy ons hard verdiende SARS geld. Maak werks kolonies oop, dit wat hy wil eet moet hy self plant. Dan sal hulle ophou plinder.

Hanna Hoekom ·

Dan beter die “verdagtes” begin bou en herstel aan die skole wat hulle afgebrand het. Die vet weet, daar gaan nie vir lank meer geld wees vir nuwe skole nadat die voriges afgebrand is nie. En ek glo die Afrikaanse skole is ook vol… So, laat hulle self die herstelwerk doen!

Ben ·

Te min, te laat….. Wat van die 43 skole wat verlede jaar weens ouers in Limpopo afgebrand is – niemand is daarvoor gearresteer nie.

Oom Kalahari ·

Hierkom ‘n ding!!! Wel dit is darem weer werkskepping.

Sarel Strydom ·

Gaan vrygelaat word op WAARSKUWING of Borgtog want Sraatsaanklaers doen deesdae die Verdeging se werk vir hulle.

Waarheid ·

“Org” stem saam jou laaste lyntjie!!
Werkskolonies SAL nagmerries by sommige
teweegbring ook strafkampe (klippekap vir ordentlike grensmure!!) vir diegene wat
nie in eersgenoemde wil werk nie, alles met regstellings burgerskap eienskappe, want ons gemeenskappe
is siek agv werkloosheid want ” ledigheid” VOER
MISDAAD!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.