Polisie maak gereed vir beplande Luthuli Huis-besetting

Foto: ANA

Foto: ANA

Veiligheid is Sondag buite die ANC-hoofkantoor, Luthuli Huis, in die Johannesburgse middestad, opgeskerp voor ʼn beplande besetting van die gebou om pres. Jacob Zuma se bedanking te eis.

Minstens drie polisie njalas het Sondag buite die gebou gestaan en rolle doringdraad was gereed om uitgerol te word, vermoedelik om te keer dat betogers naby die gebou kom. Beamptes van die Johannesburgse metropolisie het een laan van Sauerstraat, wat verby Luthuli Huis loop, afgesper. Talle polisiebeamptes het in polisievoertuie buite die gebou gesit, gereed vir die massa-aksie wat moontlik kom.

Foto: ANA

Foto: ANA

ʼn Groep, wat hulself “besorgde ANC-lede” noem, het vandeesweek ʼn beroep gedoen op mense en groepe om Maandag deel te neem aan ʼn massa-besetting van Luthuli Huis. Die groep sluit voormalige Wits SR-voorsitter, Mcebo Dlamini, Johannesburgse ANC-lid, Sasa Manganye en voormalige lid van die ANCYL se nasionale uitvoerende komitee, Ntibi Modise, in.

Die groep eis Zuma en lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee moet bedank na verlede maand se munisipale verkiesing waartydens die party steun verloor het.

ʼn Perskonferensie, wat die groep Vrydag in Pretoria gehou het, is deur die ANC Jeugliga se streeksleiers ontwrig. Lesego Makhubela, die ANC Jeugliga se plaaslike voorsitter, het saam met ander lede die perskonferensie binnegestorm en aan die organiseerders gesê hulle mag nie namens die ANC praat sonder die party se toestemming nie.

Die polisie maak blykbaar gereed vir Maandag, wanneer die twee groepe mekaar voor Luthuli Huis sal ontmoet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Popeye ·

Rerig, rerig-erig, ANCYL?,Kom ons kyk hoe groot is julle “Broccoli’s” want dis AL wat ek sal eet vir 3 dae as julle DIT regkry….daarna raak ek stormdronk as Zuma waai…..

William ·

Popeye stormdronk sê jy. Ek word nog dronker en mag nie drink nie. Nou sit die polisie daar en wag. Laat hulle die moorde wat so plaasvind gaan keer.

Anti regering ·

Die ANC vernietig homself met sy genius nr 1 met die gr 2 die mense is besig om hulle rûe te draai op die anc en as die DA nou bewys hulle kan regeer is dit verby met die anc in die volgende verkiesing

tom ·

Hulle kan nie eers met mekaar oor die weg kom oor zuma wat moet ek se

Cherokee ·

Wat ‘n teleurstelling! Ek dog dit is die VF+ wat Lethuli-huis oorneem maar my raaiskoot blyk verkeerd te gewees het.

Lourens ·

Ek is baie bekommerd oor die dinge. As die polisie op hulle skiet sit die hele land met groot probleme.

Pendoring ·

Die grootste probleem wat ek kan dink is die wegblyery by die werk vir die begrafnisse?

jaco ·

swart polisie wat deur die ANC regering beheer word, gaan skiet op swart betogers wat lede van die ANC is… Inderdaad interessant. Dit het klaar by Marikana gebeur… Hier gaan nog klomp sulke goed gebeur wat Sharpeville in 1960 en Soweto in 1976 na Sondagskoolkonserte gaan laat lyk. Maar swartes kan mos nie rassisties en gewelddadig wees nie. dis mos net n kenmerk van wit mense…

John ·

Kyk wat gebeur in Zim met pres Zuma se mentor ook aan’t vasklou vir sy lewe. Die ANC se agressiewe aard gedy. Dit kan lelik word en wie gaan die skuld kry? Drie raaie. Besighede moet wakker loop.

broos ·

die 1 njala wat voor die anc gebou staan is permanent daar – staan op presies dieselfde plek al vir die afgelope 4 jaar wat ek in jhb werk……dink dis op die plek geroes, twyfel dat die ding nog in werkende orde is….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.