‘n Video volg onderaan die berig.
Die Boschkop-polisie het Woensdagmiddag dwelmmiddels met ʼn geskatte straatwaarde van nagenoeg R20 miljoen in ʼn luukse huis by Silver Lakes in die ooste van Pretoria opgespoor.
“Veiligheidswagte by die Silver Lakes-landgoed het die polisie ontbied en in kennis gestel dat hulle ʼn sterk reuk by ʼn sekere huis waarneem,” het kapt. Marissa van der Merwe, ʼn polisiewoordvoerder, Donderdag aan Maroela Media gesê.
Die polisie het ondersoek ingestel en op die dwelms afgekom. Twee verdagtes, onderskeidelik 21 en 30 jaar oud, is omstreeks 20:00 in hegtenis geneem. Een van die verdagtes is glo van Egipte. Die polisie se forensiese eenheid het beslag gelê op die middels om dit te ondersoek.
“Ons beskou dit as ʼn groot deurbraak en bedank die gemeenskap en die veiligheidsmaatskappy vir hul samewerking met die polisie,” het Van der Merwe gesê.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Die mense wat gekry word met maak van drugs is buitelanders waarom werks permite aan hulle toestaan.Kan die Regring vir al die uitlanders wat vra vir werkspermite.nie opvolg werk doen om toe te sien dat sulke.onsingerheid stop gesit word.So word ons land se mense geleer om drugs te gebruik,daar is seker baie ander dinge wat hulle kan kom doen om ryk te word.Want deesdae gaan alles net oor geld
Begin tog net meer selektief raak oor wie in ons land toegelaat word. Basta met menseregte, die klomp dwelmdonkies moet uit die saamelewing verwyder word, permanent!
Voel ook hulle moet verdwyn, maar sal nie, hulle is deel van n ekonomie…Vraag en Aanbod.
Die Silwer Lakes landgoed bly ook maar in die nuus !