Polisie maak gru-vonds in puttoilet

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in Limpopo het ʼn moordondersoek begin nadat ʼn man se verkoolde lyk Dinsdag in ʼn puttoilet in die Lehwelere Matlala-nedersetting in Dennilton buite Groblersdal gevind is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het ʼn wenk van ʼn familielid van die oorledene opgevolg wat tot dié grusame ontdekking gelei het.

“Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die erg verkoolde liggaam gevind waar dit in ʼn kruiwa gelê en in ʼn ou puttoilet versteek is,” het Ngoepe gesê. “Die polisie het ook stukke buitebande gevind wat vermoedelik gebruik is om die oorledene aan die brand te steek.”

Ngoepe het gesê die oorledene se familie het hom reeds uitgeken as Kaizer Makola (42). Hy was ʼn inwoner van die nedersetting.

Die motief vir die moord is tans onbekend.

“Die polisie doen ʼn beroep op Thabiso Matlala (29), ʼn familielid van Makola, om hom by die Dennilton-polisiestasie aan te meld. Ons meen dat hy die polisie in die ondersoek kan bystaan,” het Ngoepe gesê.

Enigiemand met meer inligting word versoek om konst. William Vilakazi by 082 303 9907 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eurika ·

Ongelukkig Spiekeries. is Maroela korrek. Dit het nie met “finansies” en n fonds te make nie. Dit is n gru-vonds. spelling is heeltemal reg.

DeVill ·

Is die oorledene ge-“necklace”?

Moet ‘n vreeslike dood wees.
Hoe doen iemand dit aan ‘n ander mense, dit gaan my verstand te bowe!?

Foxi ·

N gebroke, vreeslose bose wêreld waarin ons woon! Skrikwekkend!!

D V ·

Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en”

Nettie ·

Jinne, hoe groot is deesdae se put-toilette dan, dat ‘n man, binne-in ‘n kruiwa met buitebande daarby, gegooi kan word? Of kinders daarin kan verdrink? Doerie-jare, toe ons op my Oupa se plaas die “long drop” moes gebruik het, was dit maar net ‘n groterige gat, ombou met muur-en-klip, waarin daar ‘n bankie gebou was, wat ‘n gat in gehad het – nie ‘n allervreeslike grote ding nie.

Oe, jig, in elk geval ‘n aaklige einde ……………..

Lynette ·

Ek glo nie hy was met kruiwa en bande binne-in put-toilet gegooi nie, ek glo hy is slegs in die kruiwa in die put- toilet geboutjie ingestoot en daar gelos en slegs die deur toegetrek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.