Polisie maak gru-vonds in rugsak

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Man is Vrydag in die Durbanse sakesentrum in hegtenis geneem nadat ʼn mens se kop in sy besit gevind is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie het inligting ontvang dat ʼn man met ʼn mens se kop in sy rugsak rondloop. Hulle het die man opgespoor, die rugsak oopgemaak en die kop binne-in gevind. Die man is op die plek in hegtenis geneem.

Volgens inligting op sosiale media het ʼn groot groep omstanders nader gestaan om te kyk wat polisielede uit die rugsak haal. Die forensiesepatologie-dienste is ontbied om die kop van die toneel te verwyder.

Volgens Zwane is ʼn liggaam sonder ʼn kop later die dag in die Mayville-gebied gevind. Daar word vermoed dat die kop in die rugsak van hierdie liggaam verwyder is.

Die verdagte het vermoedelik beplan om die kop aan ʼn sangoma te verkoop. Die man sal binnekort in die hof op aanklag van moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

andrea van vuren ·

ISIS!!! Stem saam Duifie. On land is besig om in ‘n heidense gemors te verval!

Sê maar net ·

Volgens my huishulp laat net die familie iemand se kop afhaal om te toor v rykdom en welvaart. Dit mag nie iemand anders se kop wees nie maar ‘n familielid s’n

Ai ·

Die polisie moes hom laat gaan het na doe sangoma, as doe sangoma dit vat – arresteer hom/haar ook sommer. Dis hulle wat die mark skep vir die gru dade. Genade wat gaan aan met ons polisie dat hulle nie bietjie verder dink nie.

Se-maar-net ·

Nee kyk ek persoonlik dink ons is verby verval, maar herder ek wonder hoe loop ‘n mens in die straat mt ‘n ander persoon se kop in ‘n rugsak.

Adoons ·

Watter mens loop met ‘n ander mens se kop in ‘n rugsak rond?

Joof ·

Dis net n normale dag in Afrika, mense. Nie nodig on kop the verloor nie!

Michael ·

Ek wens die weskaap wil wegbreek van Suid Afrika en n land op sy eie word waar wette gehoorsaam word ,disiplinne die norm is en Godsdiens die riglyne is waarvolgens die regering lei.

Kietie-kat ·

Het al gewonder hoe verloor n mens kop. Is dit van kopseer. Help my asb. Nee dis walglik , sieklik en al die ander likke ook by. Jig!!

Andrea ·

Ons land is in sy maai. Maar het ons en ons voorouers regtig gedink ons verhaal sal anders uitwerk/eindig? Ons is immers net n handjievol in Afrika. Het rukkie terug oor die lengte v Afrika in die nag gevlieg. Al wat ek kon sien was vure in die nag. Brande. Die destruktiwiteit daarvan is vir my poëties…

Swartkat ·

Hy dra sy spaar kop in ‘n sak saam vir in geval hy syne verloor , jy hoor dit net in Suid Afrika. Ek dink nie daar is nog ‘n Afrika land wat so siek is nie.

Eugene ·

Ironies genoeg sal die geval en ander waar mense vermoor is na die diefstal van beeste baie minder aandag geniet as die sg ” doodskis video”

Celeste ·

Nou sit en wonder ek wat le voor vir my kleine kiddies in die wreede wereld??? Ek is even te bang om net vinnig cafe toe te loop vir melk of iets. Nerens is ons veilig nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.