Polisie maak ongewone vonds in begraafplaas

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die Wes-Kaapse polisie het Dinsdagaand ʼn ongewone vonds in ʼn begraafplaas in Kleinvlei gemaak nadat hulle ʼn wenk van die publiek ontvang het.

ʼn Polisiewoordvoerder het gesê verskillende operasionele eenhede van die SAPD is omstreeks 20:00 na die begraafplaas waar hulle op sak vol wapens afgekom het.

In die sak was ʼn Mauser-jaggeweer met ʼn teleskoop, ʼn .22-knaldemper, ʼn rookgranaat, ʼn skokgranaat, sewe ontstekingskoorde, drie R4-magasyne en 81 patrone. Daar is ook twee ploftoestelle wat in papier van ʼn Zimbabwiese koerant toegedraai was in die sak gevind.

Volgens die polisie is dit nie duidelik aan wie die wapens behoort of wie dit in die begraafplaas versteek het nie. Dié soort wapens word gewoonlik met kitsbankrooftogte verbind.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Lourens ·

“Zimbabwiese koerant” dit se sommer alles van wie die eienaar(s) van die wapens is en soos berig waarvoor dit is

KarooKlong ·

In die ou dae sou ons naby gewag het tot die stoute kabouter sy speelgoeters kom haal het en hom sodoende vasgevat het.

Marianne ·

Anti DA Jou kort sinnige opmerkingtjies gee my die piep!!!
Net Jou Naam wys reeds Jou mentaliteid.
Ons boere is ontwapen – ons kan onsself, ons plase en ons mense nie beskerm nie. Waar is al die wapens heen???
Baie daarvan moes in die verkeerde hande beland het.
Dis ‘n nationale ramp as die lande wat aan S,A gegrond is – so sterk bemagtig en bewapen is!
Ek wens die D.A en Ander Partye (logies denkendes) span saam en red Suid Afrika vir een en ALMAL.
En ja dink wat jy wil – hou Jou opinie vir jouself….
Viva change Viva AWB!!!!!!

Gerhard ·

Ons boere is nie ontwapen nie. Al die boere wat ek ken het 1 of meer, en ek ken nogal baie boere.

Koos ·

Marianne waar kom jy aan jou inligting die boere is nie ontwapen en die awb ding ek verstaan nie wat jy sê of probeer sê nie

Andrea ·

Omtrent!
Beteken dit die wapens is die AWB s’n? Of waar pas die AWB in? Nie geweet hul bestaan nog nie.

Alta Robertson ·

Dank vir jul gratis nuus ander koerante moet jy registreer en dan kry jy sekere dae gratis maardaarna moet jy betaal maar geen koste word genoem . Dank baie vir jul daaglikse vry nuus dus weet ons presies.wat vandag gebeur het
Alta

Brie-brie ·

Ek dink die mauser word dalk gebruik om renosters te stroop. Dit nogal met teleskoop en knaldemper. Ek wonder, ek wonder……..

Veritas ·

Brie-Brie jy kan dalk reg wees maar iemand wat ‘n renoster met ‘n .22 wil skiet, hoort in ‘n inrigting.

Liewe heksie ·

Maroela kos my geld hoor ek kan dit nie lees sonder my data wat aan is nie en data kos geld

KarooKlong ·

Klomp!
Niks is verniet nie.
En tel bymekaar ook al die kommentare wat verwyder word.

Hanna ·

Maroela Media!
‘n Koeël is die voorste punt of projektiel van ‘n patroon wat uit die patroondoppie uit skiet wanneer ‘n wapen afgevuur word. ‘n Patroon is die doppie met die slagdoppie, die kruit en dan die koeël aan die voorpunt van die patroon. Wanneer ‘n vuurwapen afgevuur word ontsteek die slagdoppie die kruit binne in die doppie en dit jaag die koeël aan by die loop van die wapen uit!

Ek neem aan (is byna seker) dat dit wat op die toneel gevind is nie “koeëls” was nie maar patrone!

Veritas ·

Karoo-klong en Ben Prinsloo. Julle weermagtaal gee julle ouderdomme weg. Vasbyt manne!

Scura Toks ·

My ouma het die mooiste patrone gebruik, om rokke te maak, dan het sy dit aan n “venturi” stelsel gekoppel en geskiet met n rek !

Pierre Celliers ·

Veritas. Skielik word ek bietjie ‘n les geleer oor vuurwapens. Nooit besef die Mauser geweer is ‘n .22 nie! Lees ek weer, sien ek daar was net ‘n .22 knaldemper. So leer ‘n mens ne? Dankie vir die inligting.

Barend Petrus Uys ·

Daardie geweer lyk eerder soos ‘n CZ, en nie ‘n Mauser nie. Die slot van ‘n tipiese CZ is dieselfde as die ou Mausers – die verwarring ontstaan dalk hier.

Sune van Heerden ·

Dagsê

Baie dankie vir julle terugvoer. Die polisie het inderdaad beslag gelê op patrone, “koeëls” was nie die regte woord nie – ons vra om verskoning vir dié flater.

Hanna het reg verduidelik, ‘n patroon bestaan uit ‘n houerdoppie met kruit en ‘n koeël. Die koeël is net die projektielgedeelte van ‘n patroon. Om in Afrikaans van “rondtes” te praat vir die Engelse “rounds”, is anglisisties.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Lilla B ·

Ek het anderdag ‘n berig gelees van ‘n vrou met ‘n geweer in haar handsak… hengse groot handsak daardie!! : ) Mense sukkel baie tussen die begrip rewolwer, pistool en geweer en nee, ek was nie in die weermag nie, dit irriteer my ook net as ‘n mense min moeite doen om reg te praat.

Liendempers ·

Ek lees elke aand “koerant” en almal se kommentaar. Vanaand het ek besluit om ook n eiertjie te le. Ek geniet Karoo Klong en Wat-ek-lees se kommentarenormaalweg die meeste. Karoo Klong se kommentaar oor die “hond het koeels” het my nou laat skaterlag! Dis presies wat ek vir my seuns vertel. En ek is nie oud nie!! Ek het as kind ons afrikaanse buurman gehoor toe hy die verskil tussen koeels en patrone aan die engelse buurman oorkant die pad verduidelik het. N.a.v. buurman se hond se geskenkie op sy grasperk. Dankie KK vir die lekker lag en W-e-L, u het al die gesegde gehoor” daar is nie pille vir dom nie”? So, ek het maar net my kop moes skud toe ek die reaksie op u kommentaar lees. Ek stem, hulle is n voorbeeld in vandag se tye.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.