Polisie maak op een aand skoonskip in Waterkloofrif

Argieffoto: https://pixabay.com

Sewe verdagtes is vandeesweek Donderdagaand in Waterkloofrif in Pretoria in hegtenis geneem.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes was omstreeks 20:30 besig met patrollie in die Waterkloofrif-omgewing toe hulle ʼn wit VW Golf wat verdag gelyk het voor ʼn huis in Johann Rissikrylaan gesien het.

“Terwyl hulle stilgehou het om ondersoek in te stel het ʼn gewapende man by die huis uitgekom en op die polisie losgebrand. Die beamptes het teruggeskiet en een van die verdagtes gewond terwyl sy makkers daarin kon slaag om te voet van die toneel af te vlug,” het Weilbach gesê.

Die gewonde verdagte is onder polisietoesig na die hospitaal geneem.

Volgens Weilbach het die beamptes ʼn pa (55), sy vrou, ʼn vriend van die pa en twee tienerdogters vasgebind in die huis aangetref. Die verdagtes het die huis geplunder en kontant, juwele, selfone en ander items gesteel.

Die polisiebeamptes het intussen bystand ontbied.

ʼn Voertuig van Brooklyn-polisie het reageer en twee mans in Orionstraat aangetref waar hulle in die bosse wegkruip. Die twee, albei in hul dertigs en van Atteridgeville, is op die toneel in hegtenis geneem.

“ʼn Ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie asook ʼn kussingsloop vol juwele en ander items is by hulle gevind. Dit is glo tydens die huisroof gesteel.”

Die voertuig wat tydens die pleeg van die misdaad gebruik is, is vroeër vanjaar in Sunnyside gekaap. Daar is ook ʼn blou lig en seinblokkeringtoestel in die motor aangetref.

“Op pad terug na die polisiekantoor met die verdagtes, het die beamptes ʼn man in Orionstraat met ʼn sak en ʼn boutsnyer sien loop. Boutsnyers word dikwels tydens huisrowe gebruik om toegang tot ʼn perseel te kry. Sy verduideliking was dat hy dit gebruik om kabels mee te steel. Hy is ook in hegtenis geneem.”

Weilbach het gesê sowat ʼn uur later het beamptes dieselfde omgewing gepatrolleer en ʼn wit Audi A3 met vier insittendes in Rigellaan aangetref.

“Hulle het stilgehou en ondersoek ingestel. Twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie asook handskoene is in die insittendes se besit gevind. Al vier is in hegtenis geneem.”

Al sewe verdagtes sal volgende week in die hof verskyn op onderskeidelik aanklagte van huisroof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, die besit van gesteelde goedere asook die besit van huisbraaktoerusting.

“Nadere ondersoek sal gedoen word om vas te stel of die verdagtes aan ander misdade verbind kan word,” het Weilbach gesê.

Weilbach het by navraag bevestig die sewe verdagtes is vir verskeie misdrywe in hegtenis geneem en kan nie almal verbind word aan die huisbraak waartydens die gesin vasgebind is nie. “Almal het net daardie blok gekies om hul misdaad in te pleeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Hannetjie ·

Baie trots op die polisie wat absoluut uitgeblink het in Waterkloofrif. Goeie werk.

rus ·

dit laat mens bietjie gerus voel om te weet daar is nog goeie polisie daar buite. Welgedaan!

Grysburger Pretoria ·

Uitstekende werk deur die SAPD hier gedoen! Duidelik het hulle hier ‘n resep wat werk. SAPD bestuur behoort te kyk hoe hulle dit regkry en ander stasies te kry om dieselfde te doen.

Karolis ·

Dis hoe dit was en dis hoe dit moet wees. Goed gedoen Waterkloofrif Polisie.

Ander Annie ·

Dit was ‘n slegte aand vir die kriminele en ‘n goeie aand vir die Polisie. Wel gedaan . Sterkte aan die familie wat deur die trauma is.

1+1 ·

MOOI SO. Dankie dat julle bereid is om julle lewens te waag vir ons veiligheid.

Johanna Botha ·

In waterkloof patroleer hulle en ry van minister na minister se huis om the check op die wagte …wat gebeur in die ander areas……ummmmm net mooi NIKS !

Anton ·

LOL. Jy slaan die spyker op die kop. Lanklaas so hard gelag!

Joe ·

Ek bly in Sinoville, en moet se dat die polisie en GPF werk 100% saam. Sinoville SAPD van die beste in die land, hou so vol julle en dankie!!!

Pim09 ·

Johanna Botha hier bly baie meer gewone mense as ministers. jou aanmerking wys net watter tipe mens jy is. Miskien as dit die dag by jou gebeur sal jy nie weer so stupid aanmerking maak nie….

Dankie SAPD julle en die CPF was bitter vinnig en paraat Dit was ‘n oorlog zone vir ‘n paar minute. Dankie dat julle patroleer en julle werk goed doen .

Noujatoe ·

Pim09, in watter land woon jy? Hou op om persoonlik te raak in jou kommentaar. En hoekom moet ons die polisie bedank omdat hul hul werk doen? Dit IS hul werk om skelms/moordenaars ens. te vang. Ons betaal indirek hul salarisse.

leser ·

môre in die hof, woensdag weer op straat on net aan te gaan met “affirmative shopping”
borgtog is so “goedkoop” deesdae, kinders in laerskole se daaglikse sakgeld kan dit bekostig

Randie ·

Bly om te sien jy is die enigste pessimis hier rond!!!! Ons het positiwiteit nodig.

humor ·

As die polisie so roekeloos aangaan sal spoedig meer tronke gebou moet word.

PJC ·

Hierdie wys wat gedoen kan word as die wil daar is. Ek hoop net die howe bring hul kant en maak nie die polisie se werk ongedaan deur sonder meer borgtog toe te staan nie want dan verdwyn hierdie skelms net weer.

Johanna Botha ·

So reg leser Maandag in die hof woensdag weer op straat ? polisie by maar n grap …een stap vooruit maar 2 stappe agteruit daarna …..een woord …..PATETIES !

Wollie ·

Bly ek woon nie in daai area nie, klink nogal rof vir een aand se werk, wat jy eintlik hier moet lees is ‘wees bewus wat in Waterkloofrif aangaan na ure’

Piet Snot ·

Ek ys om te dink wat op ‘n gemiddelde Donderdagaand aangaan in Waterkloofrif.
Dink net wat sou gebeur het as die polisie nie so skerp was nie.

Yozan Pretorius ·

Darem nie altyd so erg. Baie effektiewe sekuriteitsmaatskappye soos o.a Brinant en Hi-Risk en gemeenskapslede het almal gehelp. Voel oor die algemeen baie veilig hier!

Tevrede ·

Wat leer ons hieruit? SAPD patrollies werp vrugte af. Kry dit goed funksionerend en dit sal ‘n groot verskil kan maak. Die vraag is egter: Is daar voldoende leierskap om dit volhoubaar te implementeer?

Net ek ·

Ek wens SAPS kan die klomp dwelmsmouse in Jackson van-Zyl park, Tileba so vastrek…

Sandra ·

Ek is net so bly ek is nie in die polisie of moet iets vir die verkrampte witmense doen nie. Hulle is ALTYD ONTEVREDE net altyd. Verskeie geleenthede was polisie verpleeg personeel so goed vir mense om ons en vir ons. Julle straal ‘n negatiewe “vibe” uit en dan leef julle met vooropgestelde wanpersepsies

Lana ·

Sandra, al wanpersepsie hier ter sprake, blyk joune te wees. Ten opsigte van die HELE prentjie in SA.
Daar word baie krediet gegee waar van toepassing. Net jammer dat die sleg in die land alles oorskadu.

Piet Snot ·

Nee Sandra, moenie dieselfde fout maak wat die ou klaers maak deur te veralgemeen nie.
‘n Klomp mens kla hier. Maar verreweg die meerderheid (witmense?) is dankbaar wanneer die polisie goeie werk doen.

Giel ·

Glo julle die d skielike polisiesuksesse? Ek glo dis wolhaarstories ten aanloop van volgende jaar se verkiesing

Bianca ·

Maklik om te se, as jy nie self in die omgewing bly nie, en die geweerskote hoor klap en dit self te beleef nie. Bygese, dit was spanwerk, SAP saam die area se verskeie sekuriteit maatskappye en die inwoners wat op die CPF groep is.

Pim09 ·

Hierdie is nie wolhaarstories nie. Het dit gesien en gehoor.

Pim09 ·

Hierdie was net SAPD.

Hulle het gestop en gesien ‘n verdagte motor staan voor die hek. Hulle het geskiet en gevang . Hulle as besig tot die vroeë oggend ure om hulle werk ordentlik te doen. Alles is nie altyd negatief nie. Daar is baie polisie lede daar buite wat nogsteeds hulle werk doen.

Skoonskip ·

Aahhhh…. skoonskip. Mooi woord. Die tronke is oorvol, die misdaad is nou weg (skoonskip) en ons moet darem weer vir ‘n halwe dag of so “goed voel” oor die land.

Erwee ·

Ontstellend die vermetelheid van die krimenele ..loop sommer oop en bloot met boltcutters en glad nie bang vir die polisie …

anton ·

Pim09……………Hoeveel is die ”baie” polisie wat nog hulle werk doen???
1% miskien 2%
Nee wat, 1 swaeltjie maak dit nog nie somer nie.
Ek dink ook nie jy verstaan Johanna se opmerking baie mooi nie.
As daar baie ministers in daai area woon, sal die polisie heel moontelik gereeld daar MOET patrolleer al woon daar baie meer gewone burgers in dieselfde omgewing.

Elsa ·

Al die kommentare wat ek hierbo gelees het, is maar weereens ‘n bewys dat ons ou boerenasie nooit kan saamstaan of saam kan stem nie. Is dit dan so moeilik om die polisie te prys vir goeie werk en nie te maak of die hele polisiemag sleg en korrup is nie? Ek stem saam dat dit in baie opsigte sleg in ons land gaan, maar hoekom toelaat dat die sleg alles oorskadu? Ek kan nie sulke negatiwiteit verstaan nie, want ons het nog steeds baie om voor dankbaar te wees. Ons kan elke oggend dankbaar wees dat ons lewe, dat ons gesond is, dat ons kos het om te eet , ‘n dak oor die kop, ‘n bed om in te slaap en die meeste van ons het nog werk. Begin ‘n slag om dankie te sê vir die klein dingetjies wat ons so vanselfsprekend aanvaar en julle sal moet besef dat alles nie net sleg is nie en ons nog baie ander seëninge kan byvoeg.

Christo ·

Gee die eer aan die polisiebeamptes wat dit toekom. Dit is die staatsaanklaer wat sy werk moet doen op borg teen te staan en die landros se besluit. As die dossier behoorlik voorberei is, is daar beter kan tot ‘n skuldigbevinding. Onthou ook dat die sogenaamde ‘beat cops’ nie altyd die ondersoekbeamptes is nie. Dis ‘n komplekse proses en daar is ‘n tekort aan opgeleide speurders.

Anton2 ·

Telkens is daar iemand wat voorspelbaar ‘n eiertjie te lê het oor die sogenaamde “boerenasie” wat nooit kan “saam staan” nie en oor die klaers wat so “negatief” is oor die wonderlike reënboogland, ensovoorts. Daar is lankal geen so ‘n “boerenasie” meer nie. Hulle het reeds in die ABO uitgesterf. Ek dink dit was Anton hierbo wat dit elders so goed opgesom het: Die meerderheid kommentators weerspieël SA se 99% wit liberale verraderlike samelewing, naamlik die wittes wat hul eie grootste vyande is. Ons gesin emigreer omdat ons o.a. nie bereid is om in so ‘n siek samelewing tussen sulke mense te lewe nie.

Elsabe ·

Anton2, kan ons jou help pak? Ek is behoorlik gatvol vir die ou bitterbekke!! Knap gedaan aan elke polisielid wat sy werk ernstig opneem, ek bid elke dag vir julle. Hierdie is my land waar ek my plek volstaan, met die Here se genade. As jy nie happy is nie, pak jou tas en gaan maar hou om vadersnaam op om heeltyd te kerm en te kla en sluit eerder aan by die CPF of iets dergeliks. Steek hand uit die mou en dra by op n sinvolle manier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.