Polisie maak syfers vir plaasmoorde bekend

Foto: Reint Dykema

Die polisie bereken dat 52 eienaars van plase en kleinhoewes vir die afgelope jaar (wat op 31 Maart vanjaar geëindig het) landwyd vermoor is, asook nege plaaswerkers en een plaasvoorman.

Die 62 moorde is gepleeg in 57 afsonderlike aanvalle, waarvan 42 op plase en 15 op kleinhoewes plaasgevind het.

Dit is uit ʼn totaal van 20 336 moorde wat landwyd in Suid-Afrika gepleeg is, blyk uit die jaarlikse makabere opgaaf van misdaadstatistieke, wat vandag in die parlement bekend gestel is.

Die definisie van misdaad op plase en kleinhoewes sluit alle voorvalle van moord, verkragting, roof en aanranding op plase en kleinhoewes in, insluitend op inwoners, werkers of besoekers.

Die meeste plaasmoorde was in Gauteng, waar 12 plaasmoorde aangeteken is, gevolg deur Limpopo en Noordwes met nege elk, die Vrystaat en Mpumalanga met agt elk, KwaZulu-Natal met sewe en die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Wes-Kaap met drie elk.

Die minister van polisie, genl. Bheki Cele, het benadruk dat die bekamping van misdaad op plase en kleinhoewes vir die polisie van die hoogste prioriteit is weens die invloed daarvan op die landelike ekonomie.

Benewens die 62 moorde het 33 voorvalle van roof, ses voorvalle van poging tot moord, twee voorvalle van verkragting en een voorval van ontvoering op plase en kleinhoewes voorgekom, aldus die polisiestatistieke.

Plaas- en kleinhoewe-aanvalle is vanjaar vir die eerste keer in 11 jaar as ʼn aparte afdeling by die misdaadstatistieke ingesluit, ná versoeke van verskeie belanghebbers.

Plaasmoorde word deur die polisie as die sewende grootste spesifiek gedefinieerde afdeling moorde gelys, ná hostelmoorde, bendemoorde, vigilantemoorde, taximoorde, moorde wat verband hou met onwettige mynbou en moorde op polisielede.

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, het gesê die hele landelike gemeenskap sal opgekommandeer word om die bekamping van misdaad op plase en kleinhoewes ʼn prioriteit te maak, en Cele het onderneem dat die syfers teen aanstaande maand ʼn afname sal toon.

Die landbou-organisasie AgriSA het gesê die syfer dui op ʼn toenemende geweldskultuur teen boere wat onaanvaarbaar hoog is, en dat toenemende druk van plaaslike en internasionale gemeenskappe die enigste manier is om die regering te laat begryp hoe ernstig die situasie is.

“Die jongste misdaadstatistieke is vreesaanjaend om die minste te sê. Vertroue in die wetstoepassers van die land se vermoë om misdaad te beveg word jaarliks opnuut geskaad te wyte aan die verhoogde vlak van ernstige geweldsmisdrywe,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Peter ·

Bog…dit is baie meer. Ek is seker daar is meer geloofwaardig statistiek beskikbaar, wat deur slagoffers se familie beaam sal word.

Johann ·

Wonder ek ook nou oor die werklike statistieke. En dit gese: dat ons in n land woon waar sulke booshede as n geheel tot statistieke “verminder” word? SUEJ SIEK SIEK. ANC LEGACY van wettelose beskerming van al wat n moordenaar en verkragter en dief is…. BLOOD ON UR HANDS, AS daar sorake was van n gewete as deel van die huidige SA se status van WERELD HOOFSTAD VAN VERKRAGTINGS!

Afrikaanse Knaap ·

Nou dat hulle dit bekend gemaak het kan AfriForum hulle eerlik hou deur statistiek te vergelyk.

belinda ·

NOU MAAAK ‘N PLAN, ALMAL SIEN WAT AANGAAN MAAR WAT WORD GEDOEN NET MOOI NIKS, NEE MAN DIE REGERING MOET OPHOU SLAAP EN IETS AAN DIE SAAK BEGIN DOEN.

ZAR ·

Askies het AgriSA gesê dis onaanvaarbaar hoog? Het hulle nie nou onlangs gesê dat plaasaanvalle en -moorde die laagste nog ooit is nie?
Het hulle nou ook gesê dat daar meer internasionale en plaaslike druk op die regering geplaas moet word? Het hulle nie vir Afriforum nou onlangs gekritiseer oor hulle internasionale bewusmaking van die plaasaanvalle nie?
Gesplete tong Agri-SA?

Snowball ·

Inderdaad! Agri Sa – eers huil hulle saam met die wolwe en dan blaf hulle saam met die honde.

Afrikaanse Knaap ·

Nou moet Mr Cele nog net die politieke aanhutsers van hierdie haat se mikrofone verwyder en dan kan SA aanbeweeg na ‘n land van liefde respek veiligheid en welvaart vir almal.

Judge Dredd ·

Vir Suid Afrika
57 000 000 mense / 100 000 = 570
20300 moorde / 570 = 35.61 moorde per 100 000.

Vir Boere
Ongeveer 30 000 X 3.33 = 100 000
52 x 3.33 = 173 moorde per 100 000.

Theresa ·

Dankie hiervoor. Dis statistiek wat mens met ‘n oogopslag die intensiteit van die saak kan opsom.
Voorwaar tragies.

gert ·

kan die mense vir ons sê hoeveel van die moorde en aanvalle word deur buitelanders gepleeg? Sou hul gevang word!
Dis n paradys vir skurke in RSA.

Loop ·

Ek sien jy’s een van daai wat vasklou aan die gedagte dat dit net buitelanders is, ek’t nie een Saffa in my maatskappy nie, en geen probleme nie, die 7 Saffas wat ek gehad het, moes ek almal fire vir verskeie redes. SA’kaners is slap en lui, useless verby.

jaco ·

die plaasmoord syfers is nou wel “distorted” syfers, maar dis darem beter as om dit te ontken/glad nie te meld nie.

alida ·

Gaan druk dit onder CR en Sisulu se neuse en stuur dit sommer vir Donald en die HELE wereld aan. Bygesê as dit korrek bereken is.

HDM ·

Sal interesant wees om te weet hoeveel van die moorde is opgelos

Tikkel tokkel ·

Presies! Hoekom vra niemand die veaag nie: ” watter persentasie van die moorde word opgelos?”

Wees veilig ·

Daarsy so julle eie syfers wys die EIENAARS van die plase word meer aangeval as die WERKERS< steeds ontken julle dit? HOEKOM is dit so moeilik vir enigeen om te erken wat in die plaasgemeenskappe aangaan? Ekself sit in die stad, en ek is ook 'n teiken en mense in stede word ook aangeval maar die PLAASMOORDE het toegeneem en almal het dit altyd probeer marginalise met die feit dat die plaaswerkers ook vermoor word, gaan kyk nou self na julle eie syfers . daar is nie 'n vergelyking tussen die twee nie. EK KAN NIE glo omdat mense van verskillende VELKLEUR is dat moorde op een groep aan 'n klok gehang word en moorde op 'n ander groep onder die mat ingevee word nie. WIL ALMAL NIE in 'n VEILIGER SA bly nie? As jy plaasmoorde ontken ontken jy 'n GROOT persentasie van MISDAAD in SA!!

volla ·

Natuurlik word die eienaars geteiken, dis hulle wat die besittings het (gewere/geld/voertuie). Dis tog logies. As die eienaars swart was en die besittings gehad het, was hulle geteiken.

Jerry ·

Belinda, ek stem saam met jou dat die regering moet wakker skrik en wetgewing aanpas sodat wetsgehoorsame burgers die wet in eie hande mag neem teen rowers, betreders, grondgrypers en misdadigers in die algemeen! SAPS gaan dan moet statistiek byhou van misdadigers wat sneuwel en dit is hoe dit veronderstel is om te wees!

volla ·

Afriforum het oorsee verkondig die getal plaasmoorde is 102. Ons ontvang graag Afriforum se terugvoer en bewyse.

SDB ·

Die verskil met plaas aanvalle en al die ander wat genoem word, is dat die boer en sy gesin of mense in die huis. In hulle eie HUIS is, en daar aangeval word. Hulle le nie iewers in die strate of ongure plek rond waar hulle soek om aangerand te word nie.

Frans ·

Al die gespreke tot alles oor wittes word as leuns af gemaak of deur anc of deur eff ons wittes moet nie nou ook begin onder mekaar onmin saai nie.Die vraag is word daar regtig ondersoeke geloods om moorde of erenstige misdaad ondersoek.Ons moet ook saam staan en paaie blok en aan betogings deelneem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.