Polisie mag nie verlof vat in Desember

Bheki Cele. (Foto: @GovernmentZA/Twitter)

Om die toenemende misdaad wat gewoonlik oor Desember plaasvind te help bekamp, het Bheki Cele, minister van polisie, alle verlof in dié maand in die Suid-Afrikaanse Polisiediens gekanselleer.

Dié besluit geld elke polisielid, tot en met senior posisies, insluitend die minister en die adjunk-minister van die polisie.

Tydens ʼn konferensie wat Donderdag in Centurion gehou is, het Cele gesê dat slegs een luitenant-generaal in die polisiediens verlof toegestaan is vir Desember omdat dié persoon siek is. Van alle ander polisielede sal verwag word om in hul poste te wees tydens die feesseisoen. “Ons wil die feesseisoen feestelik hou,” sê hy.

Polisielede sal eers van 15 Januarie weer toegelaat word om verlof te vat.

Intussen het Cele gesê dat die polisie tans ʼn plan gereed het om meer polisielede in kusdorpe te ontplooi, omdat baie Suid-Afrikaners oor Desember daar gaan vakansie hou. Die polisie sal ook baie meer sigbaar wees.

“Blou ligte sal die orde van die dag wees. Ons sal offisiere op treine, in busse, in winkelsentrums, op die paaie en op ons hoofroetes ontplooi. Jy sal ook meer polisie by taxi-staanplekke, chesa nyamas, parkies en strande sien om mense se veiligheid te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

grappie ·

Hulle sal dit nie eers voel nie want hulle is op vakansie al is hulle aan diens. Wonder hoe is hulle oorreed. Seker met so ekstra nulletjie.

riekie ·

Nie almal wat vir die polisie werk is korrup nie, daar is van hulle wat nog hulle werk doen en eerlik is, hulle moet ongelukkig lei onder die wat oneerlik is en hulle lewens word HEL gemaak. Hulle kry nie bevordering nie, hulle werk onredelike ure en daar is GEEN vergoeding nie

Jacques ·

Grappie – Dit is waar wat jy se . Ek dink ook of hulle werk of nie die skelms floreer in elk geval , want n SAPS mag soos ons het spreuk dit boekdele .

Vita ·

Grappie hulle se die wat sleg praat van ander mense is reeds onder hulle, en wil probeer ander afbring op sy valk, nie almal in die SAP is swak en sleg nie, daar nog baie SAP lede wat bitter goeie diens lewe

Anette ·

Ek wonder in watter droom wêreld leef jy?
Die een wat jy vir jouself opdis, want uit ondervinding praat jy nie.
Die gewone polisieman verdien n broodlyn salaris – twaalf uur skofte en behoede hom/haar as hulle soos enige ander normale mens n badkamer breuk moet vat, of iewers stop om vinnig n broodjie te eet, want jy het nie n lunch tyd nie en ook nie n kantoor of teekamer waar jy soos ander mens jou middagete mag geniet nie en jy word mos nie honger nie. Dan moet jy nie vergeet dat jy jou eie koffie, suiker, melk en toilet papier moet saam neem nie, want daardie gerief is jou ook nie beskore nie en elke Desember is dieselfde, jy kan nooit af kry om vakansie te hou saam met jou gesin wat in n industrie is, waar hulle verpligte verlof moet neem in Desember vir die afgelope 30 jaar al.
Kom ek hoor wat offer jy op vir volk en vaderland

Yvette ·

Ek wonder waar is daai nulletjie waarvan jy praat want my mens ons wat SAPS lede is kan. ir jou vertel dat daar niengeld is om ons oortyd te betaal nie en ek self wag al maande virbkang ure waar ek jy oor n hoek gewerk het en vir dae lank nie my familie gesien het nie.

Riette ·

Ek kry slegs verlof Desember, my man is in die polisie en mag nie verlof kry Desember nie – Hoe regverdig is dit? Wanneer mag ons as gesin vakansie kry? Maar as jy ‘n hoe rang het dan tel dit nie vir jou nie

Retha Basson ·

Dit is n baie goeie besluit. Die bedoeling daaragter is om wet en orde te handhaaf. Ja daar gaan krimenele wegkom en ja jy gaan jou korrupte polisiemanne he.
Ongelukkig is korrupsie oral te vind, nie net in die staatsdiens nie.

@Riette ·

Wow, jy is bevoorreg om sleg Desembers verlof te kry. Neem aan dis ‘n baie lang verlof aangesien jy volgens wet geregtig is op ten minste 3 weke verlof per jaar.

Jim ·

@Riette, wat probeer jy nou eintlik vir Riette vertel? Baie mense kry slegs Desember verlof en ek kan niks vreemds daarin sien nie. Natuurlik is dit nou vir haar en haar gesin n hengse teleurstelling.

@Jim ·

Wat ek probeer sê is dat meeste mense wel ook verlof het ander tye in die jaar. Miskien kan hulle saam een week êrens in die jaar saam vat? Ek het self as rekenmeester gewerk lank terug en weet die firma’s sluit sekere tye, maar ek het nogstans verlof oorgehad.

Judge Dredd ·

…daar gaan baie polisemanne wees wat siek word in Desember……

Haas ·

Dankie, Cele. Die is ‘n goeie besluit en ek is optimisties oor bietjie meer veiligheid in ons land die Desember a.g.v die besluit. Dankie ook aan al ons manne in blou wat tyd saam julle families op offer om die land te probeer bewaar. Julle is ysters!

lv ·

Die minister sal sy reisplan so uitwerk dat hy oor Kersfees en nuwe jaar in sy tuisprovinsie,KZN is,mark my words!

Leon ·

Nou hoe gaan die kader hulle “Redistribution of Property” doen en hulle Kersinkopies.

Ellisras ·

Statistiek sê dat misdaad in Gauteng in die Kerstyd met omtrent 50% afneem. Hoe meer dit vir die politici voorgehou word, hoe meer ignoreer hul dit. Hul wil net goed lyk.

Verskil ·

Hoekom sal hy wil goed lyk? Ek dink die besluit maak hom uiters ongewild by die polisiemag. Dis ‘n goeie besluit – wees eerder optimisties en dankbaar.

Anti-galbraker ·

En hier kla almal al weer oor iets positiefs. Alle polisielede is sleg nie. Net soos alle onderwysers, verpleegters, dokters, prokureurs ens. nie sleg is nie. Ek dink dit was ‘n goeie, dapper besluit.

Onnie ·

Ek stem. Ten minste probeer die man iets doen aan die situasie. Meer as wat ons van Eskom en SAL kan sê.

Die Pouslice ·

sal ek nooit vertrou en nog minder bel vir niks nie want hulle is net so nutttig soos die pouskantoor.

Anni ·

Wat in die lewe is n pouskantoor. Onthou famous last words hoor.

Marius ·

Bring die R1 terug dan sal hulle val gaan kyk video jy kan nie ‘n AK aanvat met ‘n 9mm.

Hoe nou ·

Waarvan praat jy en wat het dit met verlof/werk oor Desember te doen?

Een Rand ·

Ja, bring die ou R1 terug, want daarmee sal hulle nóg beter vaar deur die skelms met R1 munte te gooi.

Wonder maar net ...... ·

Is daar darem genoeg lopende voertuie en is daar genoeg brandstof vir dit …………

Nezter Green ·

Wonder maar net……. Hoekom sal daar nou nie brandstof wees nie. Is heel duidelik dat jy nie weet wat in die Polisie aangaan nie.

Pouskantoor ·

Jinne maar dis nou vir jou ‘n gepaste en beskrywende naam wat ek van nou af gaan gebruik. Laaik!

Scalla ·

Ek soek vennote om saam met my in besigheid te gaan, patent is geregistreer en produksie begin op 2 Januarie 2020. Ek het n behoefte opgemerk en hoede met skroefdraad ontwerp vir die warm Afrika. Bee bemarkers sal voorrang geniet.

koos ·

Wys net weereens hoe beplanning gedoen word.
Polisie lede moet voor einde Februarie elke jaar hulle beplanning vir verlof vir die jaar indien, en word ook gedwing om te minste 10 werksdae per jaar aan een lopend verlof te neem.
As die polisie se beplanning in die begin van die jaar reg is, dan sal daar in Desember geen probleem wees nie. Dis uiters onregverdig om lede wat hard gewerk het deur die jaar, se beplande verlof te kanseleer, veral as dit al reeds goedgekeur was!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.