Polisie mag nie verlof vat in Desember

Bheki Cele. (Foto: @GovernmentZA/Twitter)

Om die toenemende misdaad wat gewoonlik oor Desember plaasvind te help bekamp, het Bheki Cele, minister van polisie, alle verlof in dié maand in die Suid-Afrikaanse Polisiediens gekanselleer.

Dié besluit geld elke polisielid, tot en met senior posisies, insluitend die minister en die adjunk-minister van die polisie.

Tydens ʼn konferensie wat Donderdag in Centurion gehou is, het Cele gesê dat slegs een luitenant-generaal in die polisiediens verlof toegestaan is vir Desember omdat dié persoon siek is. Van alle ander polisielede sal verwag word om in hul poste te wees tydens die feesseisoen. “Ons wil die feesseisoen feestelik hou,” sê hy.

Polisielede sal eers van 15 Januarie weer toegelaat word om verlof te vat.

Intussen het Cele gesê dat die polisie tans ʼn plan gereed het om meer polisielede in kusdorpe te ontplooi, omdat baie Suid-Afrikaners oor Desember daar gaan vakansie hou. Die polisie sal ook baie meer sigbaar wees.

“Blou ligte sal die orde van die dag wees. Ons sal offisiere op treine, in busse, in winkelsentrums, op die paaie en op ons hoofroetes ontplooi. Jy sal ook meer polisie by taxi-staanplekke, chesa nyamas, parkies en strande sien om mense se veiligheid te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
grappie

Hulle sal dit nie eers voel nie want hulle is op vakansie al is hulle aan diens. Wonder hoe is hulle oorreed. Seker met so ekstra nulletjie.

Riette

Ek kry slegs verlof Desember, my man is in die polisie en mag nie verlof kry Desember nie – Hoe regverdig is dit? Wanneer mag ons as gesin vakansie kry? Maar as jy ‘n hoe rang het dan tel dit nie vir jou nie

Judge Dredd

…daar gaan baie polisemanne wees wat siek word in Desember……

Haas

Dankie, Cele. Die is ‘n goeie besluit en ek is optimisties oor bietjie meer veiligheid in ons land die Desember a.g.v die besluit. Dankie ook aan al ons manne in blou wat tyd saam julle families op offer om die land te probeer bewaar. Julle is ysters!

lv

Die minister sal sy reisplan so uitwerk dat hy oor Kersfees en nuwe jaar in sy tuisprovinsie,KZN is,mark my words!