Polisie merk talle name op soeklysie af

Argieffoto: SAPD

Talle verdagtes op die polisie in Polokwane se lys van mees gesoekte misdadigers is in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo Dinsdag gesê.

Kol. Moatshe Ngoepe, Limpopo-polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is aangekeer vir verskeie misdade soos verkragting, sakerooftogte en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Vier van die verdagtes is in hegtenis geneem tydens ʼn gesamentlike optrede in die polisiegroeperings Seshego, Mahwelereng, Polokwane en Mankweng, het Ngoepe gesê.

“Nadat die gemeenskap die polisie ʼn wenk gegee het, het beamptes wat aan die operasie deelgeneem het, flink toegeslaan op die vermeende misdadigers in hul wegkruipplekke op verskeie plekke om Polokwane.”

ʼn Verdagte (25) is in Spokpark in hegtenis geneem in verband met ʼn roof op 22 September vanjaar toe hy glo ʼn man van kontant beroof het nadat hulle mekaar langs die pad ontmoet het. Hy word ook met nog ʼn saak verbind en ʼn dagvaarding vir sy inhegtenisneming is uitgereik nadat hy nie in die hof op twee aanklagte van verkragting verskyn het nie, sê Ngoepe.

Beamptes het ook ʼn 53-jarige man in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn sakeonderneming in Mokopane in 2017.

Daar was blykbaar nog drie gewapende mans wat ʼn wag oorval het wat die perseel opgepas het. Die rowers het die slagoffer vasgebind en toe die hoofdeur oopgebreek en met sigarette, lugtydbewyse en ʼn onbekende kontantbedrag weggekom.

ʼn Ander verdagte is ook in Mokopane vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie aangekeer. Hy word verbind met twee gevalle waar motors gesteel is in onderskeidelik Polokwane en Mankweng, asook ʼn poging tot moord in die Matlala-polisiëringsgebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sandra ·

Alles goed en wel dat hulls gevang is. Wanneer gaan die sake voorkom voordat die dossiere weer verdwyn?

humor ·

Die polisie is almal nie net sleg nie. Hier verdien hul beslis n kompliment.

Dafer ·

Die goeie (?) vermoëns van die polisie het niks met die saak te doen nie! Dit is die vlugvoetigheid van die politisie wat HULLE uit die tronk hou, en ons mislei!

jaco ·

Als na die poliesie man se dood die aner dag daar. Nog niks weer daarvan gehoor eers nie. Wonder of die moordenaar/s toe gevang is

Hanna Hoekom ·

Begin solank n “ontsnap-lysie” maak. Limpopo is bekend vir sy “ontsnappings” en ander nare gebruike!

hendrik ·

Kan dalk fopnuus wees want as die polisie ernstig was sou driekwart van die provinsie gearresteer wees.

Sarel ·

Mense gee darem af en toe krediet waar waardig. Nou gaan almal natuurlik borg kry en die Polisie se werk onklaar gemaak.

Phil ·

Hiekom gebeur dit nie elke dag nie? Ek dink ons gaan nog heelwat van hirdie nuus kry tot en met die verkiesing……

Spark Plug ·

Talle word gevang, helfte gaan ontsnap en ander helfte se dokket sal wegraak voor dit nog by die hof uitkom

Nonnie ·

Die tronke is reeds oorvol… Waarheen gaan hul met spul wil gaan..? Wonder maar net…

Meisie ·

Waar is “Spokpark”? Seker nie in Polokwane, nog nooit van so plek gehoor..

PIPPIE LANGKOUS ·

Almal gevang op wenke van die gemeenskap. Wat sal die polisie to doen sonder wenke!!! Nie so goed soos wat party lede hier toegee nie. Sonder wenke – Sonder arrestasies!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.