Polisie met stoele gegooi; 3 vas ná onwettige kerkbyeenkoms

(Foto: SA Polisie)

Drie mense is in hegtenis geneem nadat die polisie Sondag rubberkoeëls en skokgranate ingespan het om mense uiteen te jaag na ’n onwettige byeenkoms in ’n kerk in Sebokeng, suid van Johannesburg.

Polisiebeamptes het gereageer op klagtes oor ’n onwettige byeenkoms in die kerk en het met hul aankoms ’n groep van sowat 250 gemeentelede beveel om die perseel te verlaat, het brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, gesê.

“Daar is nie aan die polisiebeamptes se opdragte gehoor gegee nie en die situasie het gewelddadig geraak nadat gemeentelede stoele na die polisie begin gooi het. Polisiebeamptes het hierna rubberkoeëls en skokgranate gebruik om die groep uiteen te jaag.”

Twee manlike kerkleiers, 47 en 69 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die oortreding van die Wet op Rampbestuur ingevolge die aangepaste vlak 3-regulasies. ’n 62-jarige vrou is op dieselfde klagte en ’n bykomende klag van openbare geweld in hegtenis geneem.

“Die polisie doen ’n beroep op mense om aan die inperkingsregulasies te voldoen en nie uit hul pad te gaan om die wet te oortree nie,” het Peters gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Maggies ·

“Our people” is na my mening die hoof oorsaak van hierdie tweede vlaag. Alhoewel daar is deesdae orals mense wat sonder hul maskers in die openbaar verskyn.

Peetjie ·

En ons doen n beroep oo die regering om kerke toe te laat om dienste te hou…

koos10 ·

Dis weereens net bewyse hoe ver die regering gefaal het.
5 miljoen mense doen soos die regering sê, want ons is groot gemaak om die regering se gesag te aanvaar. 50 miljoen mense doen nie soos die regering sê nie want hulle is deur leiers in apartheid aan gesê om nie die regering se gesag te aanvaar nie.
Dis so maklik soos dit!!

Karel Kobus Kruger ·

My ouers mag my dalk geleer het om gesag te gehoorsaam, maar gelukkig het ek dit so met die jare vergeet. Ek beskou burgelike ongehoorsaamheid as n heldedaad, ongeag of dit n ANC DA of VF- regering is.

Tanniepetoors ·

Minister Cele, jou mense patrolleer die verkeerde plekke.

Eish ·

Dis darem jammer dat die polisie beskikbaar is om kerkgangers uiteen te jaag, maar daar is nie genoeg polisie om byvoorbeeld die gereelde spike-op-die-N4 snelweg vas te trek, moordenaars, rowers en misdadigers vas te trek nie.

Pietertjie ·

Ons samelewing het nie meer respek vir wetstoepassers nie. Geen wonder, as mens na laasgenoemde se algemene gedrag en algemene houding kyk…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.