‘Polisie moet grondbesetters arresteer’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Die polisie moet mense wat grond onwettig beset, dadelik arresteer, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa het vanmiddag tydens vraetyd in die parlement in reaksie op ʼn vraag deur die VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, gesê die polisie kan nie net hande gevou staan en kyk hoe grond beset word nie.

“Ons sal nie grondgrypery duld nie. Die polisie moet skuldiges dadelik arresteer. Die wet moet in stand gehou word,” het Ramaphosa gesê nadat Groenewald die gebrek aan polisie-optrede die naweek tydens grondbesettings in Midrand in die Nasionale Vergadering geopper het.

Ramaphosa het gekies om nie te reageer op Groenewald se oproep dat die president toegee dat wit boere hul grond eerbaar bekom het en hardwerkend is nie. Die president het wel gesê dat wit mense nie moet bang wees en weer blikkieskos opgaar soos wat sommige bang mense tydens die 1994-verkiesing gedoen het nie.

Groenewald se vraag was ʼn opvolg op ʼn vraag waarin die DA-leier, Mmusi Maimane, vir Ramaphosa gevra het om sy siening oor grondbeleid omvattend uit te stippel.

Ramaphosa het gesê grond is ʼn ekonomiese bate en ʼn teken van menswaardigheid. Hy het aangevoer die ontneming van grond van swart Suid-Afrikaners is die plaaslike politiek se “oersonde” en dat dit reggestel moet word.

Ramaphosa het eienaarskap van die mosie wat die Nasionale Vergadering twee weke gelede oor die grondkwessie geneem het, vir die ANC opgeëis en sy eie draai op die bal gesit deur aan te voer daar is glad nie besluit om die grondwet te verander nie.

Die president het daarop klem gelê dat ʼn deurdagte diskoers voor die deur is waarin kenners van die landbou en die ekonomie belangrike insette sal lewer en waarin die ekonomie en voedselproduksie nie geraak sal word nie.

Dit het tot beskuldigings uit die DA-banke gelei dat Ramaphosa rondval en teenstrydige beloftes maak.

Maimane het uitgewys dat onteiening sonder vergoeding nog nêrens in die wêreld gewerk het nie en dat dit onnodig is om die grondwet te verander om grondhervorming te laat slaag.

Ramaphosa het Maimane genooi om, soos alle Suid-Afrikaners, by die gesprek betrokke te raak en het belowe daar is geen swart gevaar wat mense se eiendom wil vat nie.

Terselfdertyd is dit noodsaaklik dat die lot van arm Suid-Afrikaners verbeter word, aldus Ramaphosa.

Die EFF-leier, Julius Malema, is nie die geleentheid gegee om ʼn inset oor die grondkwessie te lewer nie, wat hom baie kwaad gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Rynhardt ·

Ramaphosa speel die hele parlement met sy gladde pratery dat grond nie onwettig mag besit word nie.Wat is onteiening sonder vergoeding,president??Die Anc gebruik die EFF om sy vuilwerk te doen met plaasbesettings.Vanaabd op SABC nuus praat hy alweer van handjies vat.Vir 24 jaar het ons nie n toekoms deurdat handjies gevat word,terwyl grondonteiening nou voorle!Ramaphosa dit is net naiewes wat vir u mooi pratery val!

Jannie ·

Gaan kyk n bietjie op google na Cyril se 25 jaar plan om die wittes te kook soos n padda.

Ekke ·

Trots op jou President Ramhaphosa. mag huis eienaars betreedees maar skiet. ?Geen mens het reg om n ander mens.se yard te betree nie ?

Manie Strydom ·

Die mense in Suid Afrika is al so gebreinspoel hulle glo alles wat die BEE opertunis hulle voer wees versigtig hy gaan julle byt as dit die minste verwag word.

Jean ·

Ja ai al die dom libies en desperates wittes wat so graag wil glo Ramaphosa dra hul belange op sy hart maar wees gewaarsku jul is amal is in vir n wrede en koue ontigtering nes al waarheid van hul die anc se doel met die blankes nou manifesteer na 24 jaar maar al van dag een af beplan is! Onderdrukking, ontneming en vernietiging van die blanke en sy kultuur in Suid Afrika veral gemik op die Afrikaans sprekendes was altyd van dag een af hul die anc se agenda, hul soek al die blankes in plakkerskampe! !
Hy Ramaphosa speel almal soos n harp met sy soet heuning woorde nes hy gese het draai die hitte stadig op sodat die wit paddas nie almal onmiddelik probeer uit die pot spring nie. Hul die blankes sal nie eers agterkom hul word uitgewis en uitgewerp nie……draai die hitte stadig op ne! En oe ja Ramaphosa die man met twee tonge om wel blikkies kos as voorraad op te bou is toe wel nodig , eintlik broodnodig want die kos gaan opdroog onder jul plan! Maar nes Mugabe sal Ramaphosa en Malema die opstokers en blanke haters nie die hongerpyne voel na die skade wat hul die land berokken het nie, hul sal lekker EERSTEKLAS na Parys toe vlieg en daar peperduur paddaboutjies gaan eet nes ou Grace en Bob! Cry for the beloved country cry….

Coen ·

Hy sê arresteer ,ons vra hoeveel is al gearesteer? Talk is cheap maar money ……………. vertrou die ou net soveel as wat malema vertrou kan word.

Werner ·

Ramaphosa probeer almal paai paddas is wakker hoor glo nie n woord wat hy se nie as malema kans gekry het om te praat sou ons presies gehoor het hoe hulle beplan om die grond te vat

Lerato ·

Die VF+ sê altyd hulle wil die wêreld se aandag vestig op die boere se probleme. Nou praat Groenewalt Afrikaans in die parlement. n Taal wat min mense wêreldwyd verstaan

humor ·

As grondgrype gestaak moet word is dit dringend nodig om by malema te begin, want hy propageer en hits dit by elke moontlike geleendheid aan.

Duitser ·

Hy sê arresteer wie moet die arestasies uitvoer sa se polisie is van nul waarde

Gerhard ·

Waarom se CR dit vir die media, waarom nie vir die polisie nie?

Maretha ·

En die paddas begin kla die water raak dan warm en Ramaphosa sê: “Ontspan paddas, die water sal nie kook nie”. En die paddas glo hom en bly sit tot hulle doodkook…

Arm ·

Hulle dink hulle is nou arm, wag maar tot ons blankes of vlug of selfbeskikking voor onderhandel, dan gaan die armes voel hoe dit voel om werklik arm te wees, hulle kan maar net enige zimbabwe immigrant hier vra.

Vertrou niemand ·

Nou is EFF kwaad nou gaan daar meer plaasmoorde wees. Ek vertrou nie ons regering nie

Adriana ·

Gelukkig is ek nie deel van die paddapot nie
Ramaposa het sy hand oorspeel.Ons sien deur hom.

Hennie ·

Ramaphosa neem die maklike uitweg om die polisie aan te spreek vanuit die parlement, waarom nie die minister van polisie opdrag gee tydens sy antwoord sessie nie? Waarom nie die probleem aanspreek waar dit begin nie, by Malema?

snoefie ·

het die president in aanmerking geneem dat nie alle arm mense swart is nie?

k ·

Die betredingskwessie is so kompleks dat selfs munispaliteite nie in staat is om aan die reg te voldoen nie. Vergeet van arrestasies.

RM ·

Lieg soos Mugabe en lyk soos Mnangagwa.

Die man is besig om paddasop te maak. Mag sy woorde nog op hom draai.

Theresa B ·

In die 1ste plek sê jy dit, maar hulle doen dit nie. Jy sien elke aand op die Nuus hoe vat hulle grond en almal staan en kyk. In die 2de plek – wat gaan julle doen met al die miljoene wat die SAP nou glo gaan arristeer? Hierdie is nie deurdink nie en net gesê of weer guns van ander te kry. Wat gaan julle eet?

Anneke ·

As hy se ons moenie blikkies opgaar nie gan koop makro leeg mense. Het gister n video oor zim gekyk. Mugabe het voor die grondgrype dieselfde mooi praatjies gepraat. Dat niemand in gevaar is ni en die land is vir almal….

Sarel ·

Julle mense is ma lekke stupid , glo alles wat die ou se , nes sy voters , hy se wat julle wil hoor maar voel n veer

adriana ·

Duitser – jy is heeltemal reg, ek het nog nie arrestasies gesien nie en die grondgryp het al verlede naweek begin.

Aasvoels ·

Ramaposa , sorry ou – ons sien deur jou – die paddas het toe vroeg uit die pot uit gespring.
En nou sit jy sonder hulle – wat gaan jy nou in jou pot sit?

Werner ·

Moet net nie polony bully beef en rooi worsies koop nie hulle het ons klaar gesaboteur

Cornelia ·

Mnr. Ramaphosa, as die Afrikaner volk aangesê was om elke huis in ‘n “fort” te omskep en genoeg voedsel rantsoen by die beplanning in te sluit, is die Enigste tragedie, dat dit nie deurgevoer was nie omdat dié volk se regering hom “verpand” het aan ‘n histories welbekende, onbetroubare, sg. Bondgenoot. En daarin was baie rolspelers aandadig. Die Afrikaner volk was nog nooit bang vir die duiwel en sy bondgenote nie. Maar wel vir sy “skeinheilige” boesem broers. Ons is verslae nie oor swart Afrika nie, maar oor die blinde goedertrou van te veel volksgenote wat met ‘n oogknip hulle land en toekoms weggeteken het met ‘n enkele kruisie. Die meeste wou glo dat Afrika kan verander en dit nogal met voorbok leiers wat in Kommunisme belê vir mag en beleid en stryd.

Koos ·

Dis presies wat ek ook gedink het. Ek wonder hoeveel van die parlement hom ooit verstaan het. Doen moeite om engels te leer praat

Jakkalsdraai ·

Jy kan nie ‘n woord glo wat hierdie mense se nie. Onthou julle Dingaan en Piet Retief?

Gerhard ·

So die president reken die polisie moet grondbesetters arresteer, maar waarom doen hulle dit nie as die president dink hulle moet dit doen?

Gestremde ·

Gaan kyk dieper en volg meer berigte op waar die kwessie oor grondbesetting bespreek word. Nêrens kon President Cyril Ramaphosa se dat ander bevolkingsgroepe ook deel is van die burgers van die land nie. In plaas daarvan sê hy die burgers van die land is die wat nie grond besit nie en wat arm is. Nêrens kom hy vir ‘n boer op nie of tref spesiale reëlings om hul te beskerm nie. Het seker gesien watse impak het sy en Julius Malema se gesprekke oor grondonteiening in ‘n kort tydperk veroorsaak en hoeveel internasionale lande nou betrokke raak met die beskerming van boere. Moet nie ‘n wolf in skaap klere vetrou nie.

honourable member ·

Ek wil net weet wat gaan die goed met al die grond maak. Daar is gewoonlik geen vooruitgang waar hierdie mense is nie so grond gaan nie hulle lewe verryk nie. Daar gaan net derduisende plakkershutte wat aan geen bouregulasie voldoen wees so wat gaan kos op die tafel sit. Ek dink nie hulle het mooi gaan sit en nadink oor presies wat is die “way forward” as hulle nou al die grond kry nie…… ek sien maar nogsteeds n baie donker prentjie vir hierdie mense.

pampoen ·

Ramaphosa mag dink ons is pampoene, maar ons is beslis nie groen pampoene nie. Gee vir my die name van die sodanige grondeienaars wat al na vore gekom het en gese het ons het baie grond wat ons ge erf het en wat ons nie gebruik nie, so ons wil graag help en hierdie grond sonder enige vergoeding weggee. Is dit miskien die Ruperts en die Oppenheimers? Dit wat hy gese het, maar net eenvoudig nie vir my sin nie – dit wil voorkom asof hy nou op sy spore terugstap en orals probeer vure doodslaan nadat hy mooi gaan sit en dink het oor die implikasies. Nee wat, ek glo ook niks meer nie.

gerrit ·

Waar is die ernstige intersessie bidders wat weet hoe om tot die enigste God (God van Abraham, Isak en Jakob) kan bid ? En wanneer gaan die tradisionele Afrikaner volk sien wat die Voortrekkermonument (VM) werklik is ? As mense weet wat daardie “monument” werklik is en waarvoor dit eintlik staan, sal hulle dalk ook die rede en verband verstaan na hierdie seisoen van grond-vergrype. Daar is ‘n hele paar ander (geestelike) redes ook maar die VM is ‘n goeie begin. Ef 6:12 geld vandag net soveel soos 2000 jaar gelede. En die ernstige intersessie bidders verstaan die beginsel. Dis tyd dat die res van die liggaam van Christus in die algemeen hierdie beginsels begin besef en daavolgens op tree. Dan is dit klaar speel met daardie bose magte in die lug, die magte van die duisternis wat tans rond gaan soos ‘n brullende leeu en sien wie hulle kan verslind.

Theresa ·

Glo ook dit sal kan werk. Verootmoediging en smeking vir verlossing en gebed vir eerlike opregte leierskap.

Lerato ·

Ramaphosa is ‘n goeie mens wat net die beste vir SA will beding. Met slegs 42 steun uit ‘ n totaal van 80 in NEC, moet hy n versigtige eierdans uitvoer ter wille van die land.
Hy sit in die netelige posisie dat die regses sê hy is te links. En die linkses sê hy is te regs.
As n mens net n bietjie eerlik wil wees, moet mens erken dat hy in n kort tydjie reeds baie bereik het

BAIE EERLIK ·

Wat was dit Lerato? Wat het hy bereik? Het hy werk geskep? Het hy Eskom en SAL en Denel gered? het hy die BOERE probeer beskerm en beveilig wat die kosvoorsieners is? Het hy EEN plaasaanval gestuit of EEN grondvergrype verhoed? Het hy die MRK oor die vingers getik oor hulle selektiewe vervolging van ‘rassiste’? Studeer die jongmense al in vrede? Is studies al verniet? Komaan vertel ons asb dat ons ook so ingelig is soos jy Lerato. Nee nie terwille van die land nie, die eierdans word uitgevoer ter wille van HOMSELF< hy wil President bly daarom moet hy saam ooorlogpraatjies met die EFF praat en sing!

neewat ·

Agnee die feit dat jy jou vriendjie Malema nog nie stilgemaak het nie, inteendeel jy het hom uitgenooi om weer by die ANC aan te sluit en julle almal sing saam in die Grondonteieningskoor het die meeste mense hulle respek in jou laat verloor. By die ouetehuis terwyl die EFF aangegaan het en oumensies aangeval het het die polisie handjies gevou langs die pad gestaan en die oproerige spul dopgehou .. NIEMAND stop daardie mense nie .. julle raak nou net bang omdat ander lande gesien het wat julle plan is met die boere !

Joker ·

WAS DAAR AL ARRESTASIES die naweek gewees? Waarvan praat U MENEER DIE PRESIDENT?? NIemand is gearresteer nie . niemand!

Groottrek2 ·

Ons moet onderhandel met groeivriendelike lande wat ons in groot getalle sal inneem, dan kan die ANC hier agterbly en sonder besighede en kundigheid en kos kripeer. Kom laat ons uitvind wie sal ons inneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.