‘Polisie moet kan skiet voor hulle doodgeskiet word’

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Die polisievakbond Sapu het die onlangse vlaag voorvalle van polisiebeamptes wat doodgeskiet is veroordeel en versoek dat ʼn artikel van die Strafproseswysigingswet hersien word.

“Daar moet ʼn wetlike bepaling wees dat polisiebeamptes nie hoef te wag vir kriminele om hulle dood te skiet voordat hulle mag terugskiet nie,” het Thabo Matsose, adjunkpresident van Sapu, gesê.

Volgens Matsose plaas die huidige artikel 49 van die wet die lewens van polisiebeamptes op die spel. Hy het gesê die vakbond het ʼn beroep op die regering gedoen om die vroeëre beroep deur Bheki Cele, destydse nasionale polisiekommissaris, vir ʼn hersiening te oorweeg.

Cele het in 2009 versoek dat artikel 49 hersien word en het glo polisiebeamptes aangemoedig om te skiet om dood te skiet. Cele het destyds aangevoer dat die artikel kriminele meer regte gee as wetsgehoorsame burgers en polisiebeamptes. Sapu eggo nou Cele se siening.

Matsose het beklemtoon dat Sapu nie sogenaamde “trigger happy” polisiebeamptes verlang nie, maar net wil hê dat polisiebeamptes hulself kan beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

HEVW ·

Asseblief, maak dit sommer van toepassing op die burgelary van die land wanneer rowers, verkragters, kapers en moordenaars toeslaan en geterroriseer word.

HEVW ·

Om meer duidelik te stel Wanneer hul deur gemoemde misdadigers geterroriseer word.

Pieter dp ·

Met 8 maande se opleiding. Is n vuurwapen klaar n riesiekoe in n poliesie beamte se hand.

Karolis ·

Dit sal die verkeerde besluit wees om vir die huidige polisie beamptes daardie mag te gee.
Dink net mooi oor die saak voordat jy hier kommentaar lewer.

My opinie ·

Ek stem saam met Karolis. Dink mooi. Daar is reeds baie gevalle waar wetstoepassers sélf skuldig is aan onwettige optredes teenoor die publiek……Ek wil graag ja stem, maar dink hoe dit dalk jou heel naaste kan benadeel. Verál wanneer hul onskuldig is

Flippie ·

Die polisie moet ontwapen word. Hulle is ‘n gevaar vir die Suid Afrikaanse samelewing.

Daar is baie lande waar die polisie slegs met ‘n knuppel, fluitjie, twee rigting radio en goeie werks etiek uitstekende resultate lewer.

Tydens sekere situasies word wapens aan die polisie uitgereik. Sodra die situasie opgelos is word die wapens terug gegee.

In SA het ons nie ‘n polisie diens wat die gemeenskap beskerm nie, maar ‘n polisiemag wat die staat (en dus hulself) ook beskerm. Hulle sien hulleself in stryd met die burgery. En ek is bevrees dat die optrede van die polisie die burgery geen opsie het as om die polisie in ‘n vyhandige lig te sien nie.

Wat die ergste is dat die polisie weet dat hulle vir die stand van sake verantwoordelik is. En dat alle maatreëls wat hull tref om hulle beeld te vetbeter of om meer doeltreffend te raak, hulle net die teenoorgestelde bereik.

louis ·

Moontlik moet daar n algehele vebod op hanwapens ingestel word. Alle handwapens moet gekonfiskeer en vernietig word. Sodoende kan ook gesins en sefmoord tot minimum beperk word. Vreemdelinge op plase of binne privaat eiendom moet drasties verwilder word. Afstand skok apparate kan op kort afstande gebruik word. Daar ia baie sulke effektiewe apparate op die mark. N goeie skok verlam n persoon lank genoeg om ander hulp te ontbied.

Veritas ·

Louis jy is seker nie ernstig nie. Dink jy vir een oomblik dat kriminele met onwettige wapens, dit gaan inhandig of laat konfiskeer? Al wat jy gaan regkry is om die slagoffers, van geweldsmisdade, te ontwapen. Die vuurwapens in privaatbesit is omtrent al wat nog tussen ons en totale anargie staan. Dit help regtig nie om jouself, met ‘n skoktoestel, teen ‘n gewapende booswig te probeer beskerm nie.

GES ·

Ag tog Louis, het jy gedink die probleem gaan so opgelos word. Die kriminele gaan verseker nie hulle wapens inhandig nie. Raai wie gaan die slegste daaraan toe wees? Dink voordat jy kommentaar en uitsprake maak.

tina ·

bheki celi gewese polisie-kommisaris het ook gese skiet voor geskiet word. Dan het ons gesien wat het gebeur by marikana – dit het en- onder andere, die laaste gewese polisie-kommisaris rijah phiyega ook haar pos gekos. Nee wat, te veel wapens in KRIMINELE se hande en die vredeliewende gehoorsame burger wat hul nog self moet verdedig teen hierdie KRIMINELE, se wapens word weggevat en aangekla as moordenaars…tsks tsks….baie baie verwarrend..geen deurtrapte deurlugtige strategie in hierdie onverstaanbare denke van die ‘bewakers van menseregte’ van hierdie regering van die dag…

johann cb ·

Watter wet geld vir my, Jan Alleman, as ek op my eiendom bedreig word deur rowers? Dieselfde as ek in my motor bedreig word. Mag ek my geliefdes en myself verdedig en hoe? Dom vrae, maar ek sou graag wou weet.

Jo ·

Dis nie van “mag ek my geliefdes beskerm nie” dis moet. Met jou vuurwapen want hulle is almal gewapen wanneer hulle moor, roof verkrag.

Veritas ·

Doodreg Jo. Op my aansoekvorm vir my handwapenlisensie, het ek selfverdediging as rede aangevoer. My aansoek is sonder meer goedgekeur. Dit skeld my nie vry om sommer links en regs te skiet nie maar wel om myself, familie en eiendom te beskerm.

E ·

Geen regdenkende mens sal in die tye waarin ons leef van hulle vuurwapens afstand doen nie.

Oom Kalahari ·

Die Polisie is daar om die burgerlike gemeenskappe te dien en te beskerm asook vredevol en regverdig op te tree en nie om op ‘n Cowboy manier te wil optree nie. Artikel 49 van die Vuurwapen wet is baie omskrywend. Gesien in die lig dat die Polisie diens, Sapu en Popcru nou die opleidings struktuur tot ‘n 8maande vanaf 24maande wil beperk gaan dit ‘n gevaarlike speletjie wees en baie trigger happy jong Kandidate teweegbring. ‘n beampte/s moet altyd paraat wees in enige geval en nie alleen situasies benader nie en sou daar ernstige gevalle voorkom of aangemeld word, dan moet ondersteuning eers genader word om die nodige aangeleentheid te gaan ondersoek. Baie van die polisie sjiet voorvalle is of mag dalk ook net weens persoonlike redes wees van baie faktore soos omkopery met struwelinge, vorige verdagtes of familie lede wat tenagekom is, drugs, gelde, konfiskering van items ens. Die gebruik van ‘n vuurwapen moet alleenlik in gevalle van lewens bedreigings en nood optrede wees. Die Polisie lede word reeds spesiale opleiding verskaf om alle tipes van situasies met opregtheid, eerlikheid en integriteit te benader, ontlont en oplossings te vind en nie met geweld en afdreigings in te gaan en omstandighede tot verdere misdaad te wil lei nie. Agt maande opleiding (08mnde) in polisie is en sal nooit voldoende wees en moet werklik heroorweeg word.

welma ·

Heel duidelik dink baie van julle nie. Polisie ontwapen regtig??? So as hulle by jou huis in breek en jou vrou en kind verkrag gaan jy die polsisie bel en se los asb jul wapens by die stasie. Net so is daar baie polisie lede wat einlik hulle werk doen meer as wat hulle moet en met liefde elke keer. Jy kan nie almal onder dieselfde kamp skeur nie. Geen persoon gaan net staan as daar op jou geskiet word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.