Die ministerie van polisie het miljoene rand betaal na verskeie sake oor onbehoorlike polisiegedrag, het die Saturday Star berig.
Tydens die 2012/13 finansiële jaar is meer as R200 miljoen aan siviele eise betaal, insluitend eise vir polisiegeweld.
Die koerant het verskeie hofsake aangehaal, insluitend ʼn skadevergoedingseis wat Vrydag aan ʼn 29-jarige vrou van Kaapstad toegestaan is. Die vrou is 15 jaar gelede deur ʼn polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, verkrag toe hy haar ʼn rygeleentheid aangebied het. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het R250 000 skadevergoeding en R1.76 miljoen vir ʼn verlies aan inkomste toegeken.
Gareth Newham, hoof van misdaad en justisie aan die Instituut van Sekerheidstudies het gesê die toename in siviele eise teen die polisie toon aan daar is ʼn probleem met aanspreeklikheid – SAPA