Polisie moet opdok ná sakeman se arrestasie

Argieffoto

Argieffoto

Die minister van polisie is beveel om skadevergoeding te betaal aan ‘n sakeman wat by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion aangehou is ondanks die feit dat hy op borg vrygelaat is, berig die Citizen.

Volgens die berig het die minister volle aanspreeklikheid aanvaar vir die onwettige aanhouding van die maatskappydirekteur nadat hy in Junie 2011 sonder ‘n lasbrief in hegtenis geneem is. Die direkteur is aangehou ondanks die feit dat die hooggeregshof in Pretoria borg aan hom toegestaan het.

Die direkteur is deur ‘n familielid van verkragting aangekla maar die klag is later teruggetrek. Die direkteur het R740 000 se skadevergoeding geëis maar die bedrag wat die minister gaan moet betaal sal eers op ‘n latere stadium vasgestel word.

Die direkteur beweer hy was verneder, het sy waardigheid verloor, sy reg op privaatheid is geskend, en dat hy en sy familie tot so ‘n mate getraumatiseerd was deur die voorval dat hulle berading moes ontvang.

Volgens die direkteur se regsverteenwoordiger het die direkteur se vrou polisiebeamptes by die stasie gevra of sy vir haar man sy chroniese medisyne kon gee maar het hulle glo vir haar gelag en haar by die stasie uitgejaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chalkie ·

Dis nou weer geld wat die belastingbetaler moet betaal weens arrogansie van SAPD.

MartinLJ ·

Ek stem 100% saam, Chalkie. Dis tyd dat die persoon(e) self ‘n paar R100 000 opdok.

ESTELLE ·

en is hulle arrogant! ek het in april 14 my seun laat arresteer vir dwelm misbruik, en glo my as jy blank is hanteer hulle jou absoluut pateties. ek het dit gerapporteer by die s/c en glo my hy het nie ‘n vinger geroer om hulle aan te spreek nie! ek het ook kroniese medikasie vir my seun geneem en was behandel asof ek die skuim van die aarde is! toe ek hom vra “met wie de hel dink jy praat jy” is geantwoord “jou”. nee o duiwel g’n wonder ouers wat met ‘n kind sit met so ‘n probleem vat maar die abuse in die huis, want hulle (polisie) is pateties! en grootste grap, toe ons die maandag hof toe is, is die “docket” foutief gedoen! grappe van die jaar! sorry eeu

Chalkie ·

Dit verg nogal moed om hier waar almal kan lees bekend te maak dat jy jou seun wou laat arresteer. Well done ! Net jammer jy is soos die ‘misdadiger’ behandel. Sterkte vir jou.

Peter Says ·

Jack, duidelik is jy baie omgekrap vir Estelle, ken jy n tikkop ??? Jy kan nie met die goed saamleef nie. Is jy bekend met die Hellen Pakies verhaal, ja dit is so, liewer tronk toe, as moord. Lekker dag vir jou.

Tess ·

Jack jou gek, kan jy nie lees dat daar mishandeling in Estelle se huis plaasvind as gevolg van haar seun se dwelmmisbruik. Magties man, en wie gee jou die reg om te sê sy het gefaal in haar plig as ouer. Soveel ouers is nie eers bewus daarvan dat hulle kinders dwelms gebruik nie. Doen die regte ding en vra Estelle om verskoning.

estelle ·

Maroela dankie dat julle sy skrywe verwyder het, hy het geen reg om enige iemand (wat hy nie eers ken nie) white trash te noem! Ek het gereageer op julle artikel en die behandeling wat mense (veral witmense) kry by stasies en het gepraat uit ondervinding, eerstehands!

Tess ·

Hy skuld jou steeds ‘n verskoning. Ek dink aan jou en die omstandighede waarin jy jou bevind – sterkte weereens Estelle.

estelle ·

dankie Tess! die persoon dink seker die besluit was ‘n “walk in the park”, glo my dit was die moeilikste besluit ooit in my lewe, maar ek moes kies tussen dood of lewe, want hy self kon nie die besluit geneem het nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.