Polisie móét plaasaanvalstatistiek bekendmaak, beslis hof

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag in AfriForum se guns beslis nadat die organisasie die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) hof toe gesleep het oor hul weiering om die plaasaanvalstatistiek van 1990 tot 2015 bekend te maak.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die burgerregte-organisasie het in Mei 2015 ʼn formele versoek aan die voormalige nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, gerig om die SAPD se volledige plaasmoordstatistiek vir die tydperk tussen 1990 en 2015 aan hulle bekend te maak.

Die aansoek is ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting gebring nadat die regering in 2007 bekend gemaak het geen verdere statistiek oor plaasmoorde sal ingesamel word nie. Phiyega het egter in Maart 2015 gesê die SAPD is nog al die tyd daarmee besig. Sy het beweer die syfers word om “operasionele redes” steeds bygehou, maar nie gepubliseer nie.

Regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen het Vrydag beslis die statistieke moet binne die volgende 30 dae aan AfriForum oorhandig word. Dit sluit die jaarlikse nasionale en provinsiale statistiek vir plaasmoorde en -aanvalle tussen 1990 en April 2015 in, asook die dokument waarin die metodologie vir die insameling  en verwerking van die data uiteengesit word.

“Ons beskou die uitspraak as ’n reusedeurbraak in die stryd teen plaasmoorde,” het Roets gesê. “Die polisie hou hierdie inligting by, maar weier sedert 2007 om dit aan die publiek bekend te maak. Uiteindelik gaan die publiek weet wat die polisie weet. Dit is egter tragies dat ’n mens tot in die hooggeregshof moes baklei om hierdie basiese inligting te bekom.”

Roets het bygevoeg die publikasie van dié statistiek is die eerste stap om plaasmoorde amptelik te prioritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Anoniem ·

Wonder of hul die ware syfers bekend gaan maak…..GLO NIE……

NEL ·

Dit sal en kan nie die waresyfer wees nie want die mense wat die syfer moet bymekaarsit is nie geskool om dit te doen nie. Tweedens kan die polisie nie die syfer beken maak nie , aangesien hulle nie die inligting op hand het nie, is iewers op n ashoop uitgebrand

Dit moet soos ‘n K.P.I lyk. Hoeveel plaasmoorde was daar , arrestasies is gedoen, hoeveel plaasmoorde is gefyk voordat dit gebeur het en die % afgehandelde sake in watter bestek van tyd, en laaste maar nie die minste die strawwe wat toe gedien is. Hopeloos om te se glo nie dit is in die Polisie administasie se vermoee nie.

cathy du plessis ·

Ek stem heeltemal saam. Hulle is te onbevoeg om enigiets reg te doen en as hul wiskunde enigsins iets is soos Zuma sin, dan kan ek net dink hoe die statistieke gaan lyk.

Jordaan ·

En nou gaan hulle appelleer en daarna grondwethof toe as hulle op appel ook verloor. Ons het mos gesien met die Khampepe verslag het dit 12 jaar gevat, die “spy tapes” ook ‘n paar jaar. Ek vra altyd waarom inligting weerhou as jy niks het om weg te steek nie?

Chris W ·

Wel gedaan AfriForum!Wie betaal nou jul regs kostes?Dit moet sekerlik verhaal word van die polisie af ??Ek meen HULLE het veroorsaak dat daar ‘n onnodige hofgeding was!Kap hulle!

ELSABE ·

Die polisie op tonele kan nie eers n aanranding aangee nie so hoe de hel gaan hulle ‘n plaasmoord aangee en hoeveel steek hulle weg. Kop in een mis met die aanvallers.

François ·

Hulle kan mos nie tel nie. Ons sal nooit die regte syfers hoor nie! Hoekom wou hulle in die 1ste plek nie die syfers bekend maak nie?!

Dee ·

Hopelik is daar maniere om die egtheid van die gegewe syfers te bepaal.

Anoniem ·

Statistieke gaan gesteel word…Dit gaan hul verskoning wees!!!!!!!!!!!

Essie ·

Danksy internet kan ons mos by argiewe van Beeld, Volksblad ens. gaan kyk na waar, wanneer moorde gepleeg is, en dan is daar foto’s daarby…

Sarie ·

Jammer om jou teleur te stel, maar bogenoemde koerante handhaaf ‘no lae profiel as dit oor plaasmoorde berig. Dit het verbeter van Basson nie meer die redakteur van Beeld is nie. Afriforum en TLU hou ook syfers by, maar dit moet amptelik deur die regering vry gestel word. Ongelukkig beskou die ANC regering Afriforum en TLU se pogings by die VN as rassisties.

Oupa ·

Die feit dat die polisie weier om die inligting uit vrye wil bekend te maak, plaas hulle in die voorste linie van verdagtes agter die aanvalle. Watter ander rede sou daar wees?

FC ·

Dit sal interessant wees om te sien waarmee hul vorendag gaan kom. Ek ken regtig niemand wat ‘n goeie storie te vertel het van die SAP nie. Het hul vandag probeer bel na noodgeval. Net beset. So hul syfers gaan besonder terleurgesteld wees.

Ek verstaan dat daar werklik geen waarde in die syfers is behalwe dat dit net ‘n stap in die rigting is waarin meer aksie afgedwing gaan word .

Baie sterkte aan Afriforum. Hou aan met jul goeie werk

Oom Boer ·

Dit is al alom bekend dat elke geleentheid nou gebruik word om dinge deur die hof te dryf, want die regering weet al die tyd en kostes wat daar aan verbonde is en kan die klaer al die kostes dra met uitstellings, getuie verklarings vertragings, dokumente wat verlore raak of weg is en verdwene getuienisse ens. Die ware/werklike statistieke gaan nie gereflekteer word nie veral gesien in die lig van dat dit dalk as ‘n volks uitwissing proses aan die buiteland kan toon. Watter areas in sekere tydperke, tyds aspekte (ure nag/dag), tipe van modus operandi, ondersoek spanne betrokke en tydperke geneem tot opsporing en arrestasie van verdagtes, hofsaak tye, verdedigings personeel in hof, getuienissse betrokke, verdagtes ontsnappings tydens vervoer na /van hof of hoeveel keer verskyn en vonnis oplegging, parool vrystellings grasie tyd weens Kersfees begunstiging en hoeveel plaas boere en afhanklikes is vermoor en op watter maniere is dit toegepas.

Rens Roodt ·

Moes aangevra het vir 2 lyste – Plaasmmoord en plaasaanvalle – sowel as die Blankes wat in dorpe en stede aangeval en vermoor word – dit sal n skrikwekkende syfer wees!

Hennie ·

Waarom op aarde hou AgriForum nie hulle eie statistiek nie?? Dan kan hulle dit bekendmaak soos hulle wil. Nog nooit daaraan gedink nie AgriForum?? Net so bietjie kreatief dink . . .

Cathy Du Plessis ·

Hulle gaan of se die dokument is op n onverklaarbare rede vedwyn, of dit gaan gese word dat hulle syfers is baie minder as wat ons glo, of andersins gaan hulle se die mense wat gedurende daardie tydperk daar gewerk het, het nie rekord gehou daarvan nie. Maar ek glo hulle statistieke sal so bewerk word dat dit lyk asof daar baie minder plaasaanvalle was as wat ons van bewus is. So miskien moet van Afriforum se lede aandring daarop om teenwoordig te wees wanneer daardie statistieke opgestel word, om te verseker dat niks uitgelaat word nie.

Anoniem ·

Afriforum is n gemeenskaps groep. Hulle moet eintlik vra vir statistieke van aanvalle en moorde op witmense in die geheel. Aanvalle op blankes wat deur swartes gedoen is. Die plaasmoorde is baie maar dit gaan net die res van die wereld laat glo dat die plaasaanvalle gemik kan wees op die grond wat van die swartes gesteel is en nie as n Genocide nie. Die moord statistieke op blankes in die geheel vir daardie tydperk moet bekend gemaak word. Alleenlik dan sal die wereld besef dat hier n volksmoord of volksuitwissing aan die gang is. Dit moet alles met datums, verkragtings, aanvalle en moorde bekend gemaak word en ook hoeveel van die aanvallers/moordenaars al gearresteer is en die vonnis wat hulle opgele is. Dit is al wat ons dalk nog kan doen om ons volk te red. Die algemene blanke aanval, verkragting en moord syfer deur swartes aangebring. Dit sal die wereld dwing om met ander oe daarna te kyk.

Elgeraine ·

Die Afrika grond is deursypel met die bloed van onskuldiges.. Te veel mense het reeds ‘sommer maar net’ gesterf, hetsy plaasmoorde, huisbrake, kapings ens. Dis REEDS te veel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.