‘Polisie moet SAUK8 beskerm’

Foeta Krige en Suna Venter

Foeta Krige en Suna Venter

Die DA het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) versoek om beskerming te verskaf aan die sogenaamde SAUK8, wat volgens mediaberigte doodsdreigemente ontvang.

Die Sunday Times het berig Suna Venter, senior radioregisseur, ontvang dreigboodskappe, daar is by haar motor ingebreek en daar is glo op haar geskiet. Daar is glo ook by die TV-regisseur, Busisiwe Ntuli, se huis ingebreek en iemand het glo in haar motor probeer vasry. Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum op RSG, se huiswerker is glo tydens ʼn rooftog by Krige se huis met ʼn vuurwapen gedreig.

“Berigte dat die SAUK8 steeds aan intimidasie en doodsdreigement onderwerp word, is rede tot ernstige kommer,” het Phumzile van Damme, woordvoerder van die DA, gesê. “Volgens berigte leef hulle in vrees weens die dreigemente, wat glo daarop gerig is om hulle van hul saak in die konstitusionele hof te laat afsien.”

Die SAUK-8 wil hulle steeds tot die konstitusionele hof wend om te versoek dat ʼn parlementêre ondersoek gedoen word na verskeie kwessies by die SAUK, aangesien die joernaliste “se werksomstandighede steeds onuithoudbaar” is.

“Dit is duidelik sekere individue, met baie mag en ʼn belang by die uitkoms van die hofsaak, is vir die doodsdreigemente verantwoordelik.” Van Damme het gesê die DA sal die waarnemende nasionale polisiekommissaris versoek om vir die SAUK8 polisiebeskerming te reël totdat die hofsaak afgehandel is.

Volgens Van Damme sal die party ook die parlementere ad hoc-komitee oor die SAUK, wat Dinsdag vir die eerste keer vergader, versoek om vanjaar nog hul ondersoek na die openbare uitsaaier af te handel.

“Dit is ʼn hartseer dag wanneer joernaliste geintimideer word terwyl hulle veg vir hul grondwetlike reg om sonder vrees en intimidasie oor nuus te berig. Alle Suid-Afrikaners moet woedend wees oor die skrikbewind teen ons joernaliste.”

Krige, Venter, Ntuli, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule is almal in Julie deur die SAUK afgedank, omdat hulle volgens die uitsaaier “voortgaan om die SAUK-bestuur se gesag te ondermyn” en hul “wangedrag onhoudbaar” geword het. Nadat die joernaliste hulle na die arbeidshof gewend het, is sewe van hulle weer in hul poste aangestel.

Mvoko, wat slegs op kontrakbasis vir die SAUK gewerk het en nie vas aangestel was nie, se hofaansoek om weer deur die openbare uitsaaier aangestel te word, is in Augustus in die hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys. Mvoko het intussen aangedui hy sal teen die uitspraak appelleer.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK8 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Skokkend ·

Jinne hier is darem ‘n paar slegte verloorders in SA. Vreemd hoe die ‘demokrasie’ waarna almal so uitgesien het alles behalwe regte aan almal gee, inteendeel. Daar is nie meer ‘n reg en verkeerd nie ook nie meer reg en geregtigheid nie. Help nie jy wen’ n saak in SA en dan word jy so gedreig en dan is jou omstandighede so onaangenaam dat jy net nie meer kan voortgaan nie. Uiteindelik blaas die onskuldiges maar die aftog en soek ‘n heenkome elders, die bose het oor die eerlike oorwin.

Giada ·

Ai, as jy die raskaart speel, maak tog net seker van jou feite: die SAUK8 is Suna Venter, Foeta Krige, Krivani Pillay, Thandeka Gqubule, Busisiwe Ntuli, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko, Jacques Steenkamp

LOUIS ·

Staatskaping en die kaping van instellings soos die SAUK omdat daar ‘n TOTALE kaping in die ANC en regering plaasgevind het.

Johann ·

Hoe “ontleer” jy n terroris? Of nog erger…hoe redeneer jy teen previously disadvantaged…currently taking advantage?

Buitestander ·

Hulle is net vryheidsvegters wat hulle meesters beskerm!

Thyskotze ·

Munisipale amptenare en ook polisie is so geintimideer dat hulle ook die handoek moes ingooi om wit vel te he is grootste misdaad in DIE NUWE S.A.

Elizabeth ·

Iemand met rooi oge hou hul dop…daar word nie teenkanting geduld nie!

kat ·

ek dink ek het n idee wie dit gedoen het ek dink dis daai man met die dun skrefie ogies of zuma se guptas of malema se bestuurder of die renoster chinees of sy chomie op sy kenis album

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.