Polisie moet selfbeheersing toepas tydens betogings, sê Sanco

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het ʼn beroep op die polisie gedoen om selfbeheersing te toon tydens gemeenskapsbetogings.

Dit volg ná twee tieners van Mpumalanga glo deur polisiebeamptes doodgeskiet is tydens ʼn betoging teen beweerde korrupsie in die Lekwa-munisipaliteit.

Jabu Mahlangu, woordvoerder van Sanco, het gesê lewensverlies en die verwoesting van privaat en staatseiendom moet nie plaasvind wanneer gemeenskappe hul grondwetlike reg uitoefen om beter dienslewering of aanspreeklikheid te eis nie.

“Kragtens die nasionale opdrag vir openbare orde-polisiëring, word daar van die polisie vereis om die hoogste graad van verdraagsaamheid te toon tydens gemeenskapsbetogings.

“In hierdie geval moet die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek instel na die omstandighede van die skietery, insluitend die optrede van die polisiebeampte wat die 16-jarige Tshepo Dube en ʼn 14-jarige seun geskiet het. Die bevelvoerder van die operasie moet ook aanspreeklik gehou word,” het hy bygevoeg.

Die nasionale opdrag nasionale opdrag vir openbare orde-polisiëring beveel ʼn voorgeskrewe proses van “voortgesette onderhandeling, vertrouensbou en konflikoplossing” voor terwyl die groep “bestuur” word. “Die voorskrif is in lyn met die gemeenskapspolisiëringsbenadering wat deur die demokratiese staat aanvaar word om die kultuur van menseregte te bevorder,” het Mahlangu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Wat was die presiese omstandighede by die betoging waartydens die 2 tieners geskiet is? Ek kan nie aflei of die polisie korrek opgetree het al dan nie.

marous ·

Betogers moet selfbeheersing toepas en die land se wette respekteer dan sal hierdie dinge nie plaasvind nie.

Hanna ·

Blykbaar het betogers baie regte… En wat soek sulke jong kinders in elk geval in die strate daai tyd v die dag? Hulle hoort op die skoolbanke!

willie ·

soos julle sê die wetteloses het meer regte as die wetsgehoorsame burgers! hulle mag maar roof, brand klippe gooi na wille keur! belaglik verby! volg seker maar net nr1 se voorbeeld!!!

Johan ·

Sanco is belaglik. Na Marikana glo ek is wetstoepassers op hete kole. Hoeveel duisend betogers het in laaste 3 weke, Coligny ingesluit, konfrontasie kom soek, en slegs 2 dood!! Ek dink dit getuig van uitstekende dissipline by die polisie. En soos ‘n vorige persoon opgemerk het, as die betogers redelik is sal daar nie sulke probleme wees nie en die Polisie kan dan die werk gaan doen wat hulle eintlik voor daar is.

Tammy ·

Nee die betogers moet bietjie aan die pen ry. As ek kwaad is kan ek nie ander mense se karre met klippe gooi en besighede aan die brand steek nie. Hoekom mag die betogers dit doen en dan moet hulle nog mooi behandel word dat hulle tog nie seerkry nie. Al die onluste en orus in hierdie land is net die regering se skuld want hulle pamperlang die betogers, moordenaars en verkragters. Maak van hulle n voorbeeld en ons land sal tot orde gebring word, en sommer baie gou ook. Feit is hulle beskerm hulle mense…….. watter mense… betogers en klipgooiers dis die mense wat al die regte in Suid Afrika gekry het.

al ·

My innige simpatie aan die Polisie. Ek glo nie dis aldag lekker om ñ polisieman te wees nie. Jy word met ñ dik handleiding gegooi wat die reels gereeld verander.

Petrus ·

As hulle nie optree en die betogers in bedwang bring nie is hulle verkeerd. Doen hulle dit is hulle verkeerd. En nou wil hulle nog die staatsdiens se pensioenfonds gebruik as n reddingsboei vir SAL. Waarvoor werk die die arms onderbetaalde mense!

Erika Kruger ·

Ek bly in Standerton. Hulle ken seker nie die verskil tussen geweldadig en rustig nie. Daar is gebrand, klippe gegooi na karre en polisiebeamptes beseer wat hospitaal behandeling moes kry.

Elna Kupke ·

Waar word streep getrek sou betogers begin om woongebiede binne te vaar en te begin afbrand. SAP mag niks doen nie. Doen reeds niks. Regering is VIR MISDADIGERS !!! Publiek mag hulself nie beskerm. SIEK SITUASIE !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.