‘Polisie moet skuld dra vir onwettige vuurwapens en ammunisie’

Argieffoto: SAPD

Die polisie moet self die skuld moet dra vir die meerderheid onwettige vuurwapens en ammunisie in die land.

“Net soos ʼn potlood op sy eie nie verkeerd kan spel nie, kan ʼn vuurwapen op sy eie nie doodmaak nie,” het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, gesê.

Volgens Groenewald moet daar dus gevra word wat die doel is van die voorgestelde amnestieperiode vir die inhandiging van vuurwapens. Die doel is volgens die regering om beslag te lê op onwettige vuurwapens om misdaad in Suid-Afrika te bekamp.

Op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus enkele maande gelede het die minister egter geantwoord dat sowat 10 miljoen rondes ammunisie by die polisie self verlore of gesteel geraak het in die afgelope ses finansiële jare. In dieselfde tydperk het die polisie 4 357 vuurwapens verloor.

Dit is dus duidelik dat die polisie self die grootste verspreider van onwettige vuurwapens en ammunisie in die land is.

Daar was twee vorige amnestieperiodes. In 2005 is 80 500 vuurwapens ingehandig. Daarvan was sowat 34 000 onwettig. In 2010 se amnestieperiode is 42 000 vuurwapens ingehandig waarvan 11 500 onwettig was.

ʼn Parlementêre vraag aan die minister van polisie oor dié wapens het aan die lig gebring dat daardie “onwettige vuurwapens” hoofsaaklik om tegniese redes as onwettig beskou is.

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: VF Plus)

ʼn Vuurwapen moet ballisties getoets word om te bewys dit is in ʼn misdaad gebruik, en die minister se antwoord was dat nie een van die sogenaamde onwettige vuurwapens wel deur ballistiese toetsing met ʼn misdaad verbind kon word nie.

“Die VF Plus sal daarom nie die amnestieperiode en die verslag steun nie. Die verslag is bowendien foutiewelik aangesien die VF Plus in die parlement se portefeuljekomitee beswaar daarteen aangeteken het en dié beswaar word nie weerspieël in die verslag wat voor die parlement dien nie.”

Groenewald meen die amnestie teiken eienaars wat nie betyds aansoek gedoen het om die hernuwing van hul lisensies nie. “Die VF Plus het in die portefeuljekomitee gevra die minister moet dié aspek in ag neem,” het Groenewald gesê.

“Dit is ʼn mite en ʼn leuen dat die doel van hierdie amnestie is om misdaad te bestry. Om dit daadwerklik te doen, moet die polisie die voorbeeld stel en sorg dat sy eie wapens en ammunisie behoorlik bewaar word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

marous ·

Dring aan op onafhanklike ondersoek spanne wat sonder vooraf waarskuwing elke polisie lid se huis inspekteer vir ‘n kluis wat voldoen aan alle vereistes van hul wetgewing waarmee gewone mense elke dag gedreig word . Die media moet by elke geval betrek word , en dan kan diegene wat nie voldoen nie summier toegesluit word .

Karools ·

Marous,
Ek stem volkome saam. Daar is ongelukkig teveel vrot appels onder die Polisie self… hopelik darem die minderheid!!!? Ons sal nooit die volle waarheid hoor as iemand onafhanklik dit nie ondersoek nie. Nou kry die res ook die slegte naam!!

Etienn ·

Kan iemand my asb net antwoord. Wat gaan die amnestie tydperk behels? Kan jy weer heraansoek doen indien jou vuurwapenlisensie verval het of moet jy hom ingandig? Inhandig vir my is nie n opsie nie.

an ·

Don’t think of it as `gun control’, think of it as `victim disarmament’.

If we make enough laws, we can all be criminals.

The possession of arms by the people is the ultimate warrant that government governs only with the consent of the governed.

— Jeff Snyder

Jan ·

Buurvou se dogter emigreer na Australie , sy gaan handig haar pistool in by
Polisiestasie. Swart Polisieman se hulle het nie dokumentasie nie en sy kry nie ‘n kwitansie nie.

potlood ·

Die polisie kan nie eers hulle dag tot dag take ordentlik doen nie,en meer as die helfde is nie eers bevoeg om n wapen te hanteer nie ,n voorbeeld is die adv wat deur die polisie doodgeskiet is in die hof,so gee vir hulle knopkieries dit sal veiliger wees vir die wetsgehoorsame burgers van die land.

Herkie ·

Die hernuwing is ook n boek strooi waaruit Shabir Shaik moontlik steeds voordeel trek. Dit kos ons net geld.

Leon ·

Soos ek al vantevore geskryf het. Weet ek van ‘n boer wat sy wapens by die Polisie ingehandig het en dit ‘n paar weke later by ‘ wapen smous langs die pad teruggekoop het.
Hoe werk dit om misdaad te keer en onwettige wapens te stuit.

Gert Kruger ·

Dis alles een groot klug! Neem bv die magdom vuurwapens en daggakwekery wat by ‘n huis in Wierdapark Sin-turion deur die polisie “ontdek” is. Indien die polisie beslag op alle onwettige ontdekkings lê, beland alles in die hande van een van die “mees korrupte” polisiestasie” in die land!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.