Polisie moet wegbly van staatsrede – EFF

staatsrede-2019-06-voorbereidings-in-kaapstad

Voorbereidings word getref vir die staatsrede. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die EFF glo dit is hoegenaamd nie nodig vir polisieteenwoordigheid by Donderdagaand se staatsrede nie en beskuldig die ANC daarvan dat hy belastingbetalers se geld mors.

Die opposisieparty het ʼn verklaring uitgereik waarin hy versoek dat die ontplooiing van polisiebeamptes by “ʼn leë” parlement” dadelik onttrek word. Slegs 50 mense word vanaand in die Nasionale Vergadering toegelaat wanneer die president sy staatsrede lewer.

Maroela Media het vroeër berig geen rooi tapyt word vanaand uitgerol nie. Geen presidensiële ruiterstoet, geen presidensiële optog na die trappe van die parlementsgebou en geen erewag of geweerskote deur die nasionale seremoniële wag sal buite die parlement plaasvind nie.

Die EFF meen daar is geen logika agter die ontplooiing van polisiebeamptes na ʼn geleentheid wat grootliks virtueel gaan plaasvind nie en dat die ANC ʼn “oppervlakkige obsessie” met koloniale seremonie het.

Vuyani Pambo, woordvoerder van die EFF, sê in die verklaring die ontplooiing van die polisie in hul getalle “is niks anders as magsmisbruik nie en verteenwoordig die hoogste mate van arrogansie”.

Julius Malema en EFF-LP’s verlaat die staatsrede in 2020. (Foto: Sune van Heerden)

“Dit dien slegs om die polisie se hulpbronne te herlei van die bekamping van geweldsmisdaad na die diens van die klein ego’s van [pres.] Cyril Ramaphosa en sy makkers.

“Waarom moet belastingbetalers se geld onnodig vermors word vir iemand soos Ramaphosa, wat nie eens eenvoudige lewensreddende hulpbronne, soos inentings wat Suid-Afrikaners broodnodig het, kan waarborg nie?” vra Pambo.

Hy sê die ontplooiing van polisiebeamptes is niks anders as ʼn vertoning om korrupsie te legitimeer nie, aangesien ʼn staatsrede met min of geen bywoning geen uitgawes van belastingbetalersgeld hoef te verg nie.

Intussen het die studente-organisasie Sasco aangedui hulle sal 19:00 voor die parlement betoog vir meer geld om behoeftige studente te subsidieer.

Die polisie het Woensdag gesê tydelike heinings word rondom die parlement opgerig ter voorbereiding van vanaand se staatsrede. Oortreders wat aan die heinings peuter of veiligheidsmaatreëls op enige manier oortree, sal deur strafregtelike aanklagte in die gesig gestaar word.

Talle strate is ook vandag in die Moederstad gesluit en parkering word beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Charles ·

EFF is reg, hou dit sommer onder ń boom met tradisionele bier, meer gepas by die manier waarop die land regeer word.

Willem ·

Die polisie is daar om mense soos eff wat hul nie kan gedra daar weg te hou

Hennie J ·

Vir die eerste keer ooit het ek amper met die effies saamgestem!Tipies piesangland sal daar egter weer betogings wees en is die polisie, vir wat dit werd is ,daar nodig.
Wat sou n nie-koloniale seremonie behels? Mens kan wonder soos jy wil. Ek sien n klomp mans wat beshoes (gatvelle) aan het wat onder n groot boom sit met n paar potte bier tussen hulle terwyl die vrouens bostukloos hulle bedien. Elke nou en dan word n vrou uitgeskel. Geskille tydens die verrigtinge word met die knopkierie besleg.

Kaptein67 ·

Slim Julius… Die polisie word reeds ontplooi om die rooi uniforms in toom te hou.

Alexander ·

Die EFF is voor in die koor as dit by korrupsie kom, so hulle moet eerder swyg. Tog weet ons ook dat hulle kop en een mus is met die ANC. Dis ‘n gemene spulletjie, maar hulle dag van afrekening sal ook aanbreek. Hopelik gouer as later.

Frikkels ·

Eintlik stem ek saam, maar aan die anderkant, wie dink die eff wie is hulle om voor te skryf wat moet gebeur en wat nie. Hy praat maklik oor belastingbetalers se geld wat gemors word, maar wat van sy eie en sy traeante se stelery. Hy moet eerder stilbly!

JohanR ·

Weet iemand waaneer Mal-ema president geword het, en nou die orders gee en die besluite neem. Skoon Mal-ema omdat die polisie sy Economic Fleeing Fighters met die straate afgejaag het.

My siening ·

Julius jy drink dan koloniale tee saam met jou kriminele vriende so hoekom hou jy nie maar jou mond VBS wag vir jou!

MakersMark ·

Sien die makkers al met stertriem en potjie umqombothi onder ‘n boom terwyl die groot indoena praat. Daarna ry hul almal na hul Sandton huise in range rovers en BMW’s en drink johnny blue.

Marius ·

EFF noem dit ‘n koloniale seremonie, maar wonder ek lankal is die oorpakke wat hul dra Nie ‘n teken van koloniale verdrukking? Of die swierige pakkie wat Malema dra nie ‘n navolging van koloniale verdrukkers? Hy moet liewer in sy stertriem daar opdaag- eg tradisioneel.

Jakes ·

Wonder wat die 50 mense sou besiel om te gaan luister na lee beloftes? Of is daar dalk baie twala om te drink?

Keelvol ·

Om die eff in die parlement te hou is n vermorsing van belasting betalers se geld.

Anti-Verkramp ·

Ha, ha. Julius was weer van plan om dinge te ontwrig. Lekker man, lekker.

Benny ·

Verskaf die SAPD nogsteeds vir BBP beskerming aan Julius Malema? Indien wel, dit is sekerlik n vermorsing van die Staat se hulpbronne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.