Polisie moet werk doen sonder dié meer as 5 000 voertuie

(Argieffoto)

Meer as 5 000 polisievoertuie by polisiestasies in vyf provinsies word nie gebruik nie omdat dit óf stukkend is, óf só oud dat dit nie meer ekonomies haalbaar is om hierdie voertuie op die pad te hou nie.

Bheki Cele, minister van polisie, het dié syfers bekend gemaak in antwoord op ʼn skriftelike vraag deur die DA in die parlement.

Luidens dié antwoord is 4 398 voertuie onklaar, waarvan die meeste (2 574) in KwaZulu-Natal is, gevolg deur die Wes-Kaap waar 1 291 voertuie stukkend is. In die Noord-Kaap en Noordwes is onderskeidelik 352 en 181 voertuie onklaar.

ʼn Bykomende 1 149 voertuie word nie meer gebruik nie omdat hulle eenvoudig te oud is.

In die Noord-Kaap en Wes-Kaap het onderskeidelik 352 en 334 voertuie die einde van hul rakleeftyd bereik, gevolg deur 266 voertuie in Gauteng. Altesaam 133 voertuie in KwaZulu-Natal en 64 voertuie in Noordwes is te oud om gebruik te word.

“Inligting van Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) se opname vir slagoffers van misdaad (VOCS) het getoon dat baie mense kla oor die polisie se stadige reaksietyd op noodoproepe,” het Okkie Terblanche, die DA se skaduminister vir polisie, Donderdag in ʼn verklaring gesê. Volgens dié inligting het inwoners in die Noord-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga gekla dat dit die polisie gemiddeld twee uur neem om op ʼn noodoproep te reageer.

Terblanche sê die groot getal voertuie wat in onbruik is, het ʼn onmiddellike impak op dienslewering, die bekamping van misdaad en veral op kritiek belangrike verpligtinge soos sigbare polisiëring, landelike veiligheid en speurwerk.

“Dit is noodsaaklik dat Cele ʼn duidelike nasionale plan verskaf van hoe die polisie sy tekort aan voertuie gaan aanvul en die herstel van voertuie gaan bespoedig. Indien hy in gebreke bly om dit te doen sal dit net die polisiediens verswak, misdaad verhoog en Suid-Afrikaners verder in gevaar stel,” sê Terblanche.

Verder sê Terblanche die begrotingstekorte in die polisie wat tydens die begrotingsrede voorgestel is, kan nie as ʼn verskoning vir die polisie se gebrek aan doeltreffendheid gebruik word nie.

“Ons sal ons teenwoordigheid in die polisie se portefeuljekomitee in die parlement gebruik om te verseker dat die polisie se begroting bestee word aan kritiek belangrike verpligtinge soos sigbare polisiëring en landelike veiligheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Debby ·

En die res word gebruik vir taxi en om hulle shopping te gaan soen by die mall. Dit sien ek telkemale

pompies ·

Die hoed en sy trawante moet minder rondry om reis en verblyf te eis dan sal daar meer geld wees om die voertuie reg te maak.

Anel ·

1. Hulle kan nie bestuur nie. Maak ongelukke links en reg en kom niks oor nie. Vroeër, as jy in ongeluk betrokke was, is raad gehou om te besluit of jy gefouteer het of nie. As jy verkeerd was het jy betaal vir skade en mag jy nie weer bestuur nie. Moes eers weer getoets word of bestuurkursus deurloop.
2. Gee net nikks om nie. Maak nie ‘n plan om die voertuig tuig te diens nie. Weet nie van water en olie kyk voor jy oorvat nie. Klim net in en ry.
3. Kantoorpersoneel moet omtrent eljeen sy eie voertuig hê. Dis nou meer op offisiere en ander gerig.
4. Word gebruik om lede te vervoer tussen huis en werk.
5. Voel niks. Dis mos die staat sin.
Vroeër was dit prestasie om te kyk wie se voertuig is die oudste en beste kondisie. Was hartseer as voertuig dan gebord word. Geen trots vandag meer nie. Ken net van mors. Voel ‘n veer. As daar nie voertuig is nie, sit dan heeldag en niks doen. So hoekom iets oppas. Lekker om niks te doen en groot salaris te kry. Sê maar verder niks.

Persheks Adri ·

Ek sou my kop in skaamte laat sak ou hoed! Jy bly onbevoeg en onbekwaam pffft

Willem ·

Dis omdat ons polisie heeldag rondry en shopping doen met voertuie en jaag soos maniake.Polisie worry net oor maskers wat publiek nie dra nie

Hennie J ·

Die voertuie word deur onverantwoordelike onopgevoede imbisille gebruik en deurgetrek….MAAR daar is altyd vervoer beskikbaar om kinders by die skool te haal, inkopies te gaan doen en lede van en na blyplelek en werk te vervoer.

Jakes ·

Dit is lagwekkend aan die eenkant maar skandelik aan die anderkant. Hoe kan n minster sulke inligting bekendmaak sonder dat hy met n goeie verduideliking en oplossing vorendag kom?

Karina ·

Hoeveel van die bestuurders het wettige lisensies? Hoeveel was al nie in die media wat afgeneem is wat so dronk is, hulle kan skaars op hulle voete staan, maar bestuur sal hulle bestuur! As jy onder die invloed by die werk opdaag, of deur die dag drink, dissiplinere ondersoek, maar dit gebeur ook nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.