Polisie monitor grondbesettings in Jhb

Grondbesetting in Johannesburg (Foto: ANA)

Die polisie monitor ʼn gebied in Protea Glen, Soweto in Johannesburg, waar daar Sondag verdere pogings was om ʼn oop stuk grond onwettig te beset.

Die grond is glo tersyde gestel vir ʼn regeringsbehuisingsprojek, maar die owerhede het dit nog nie bevestig nie.

Die poging om die grond te beset duur al sedert Dinsdag voort, het eNCA berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cornelius du Rand ·

Die mense jaag weg in relatiewe nuwe voertuie. Hierdie is georganiseerde grondbesettings en nie bloot hawelose mense nie.

Harmse ·

Ja alle grondbesettings word georganiseer deur welaf mense. Nog oral, alle grondbesettings sonder uitsondering.

John ·

Inwoners uit die omgewing dui aan dat die glo grondeienaars vreemdelinge en kansvatters is. Hoeveel uitlanders het die afgelope dekade die land binnegekom… die werklike syfers en hoeveel is nou kamma-SA-burgers wat nou so maak en breek hier? G’n wonder die toue by binnelandse sake is so lank nie…. vir lielie-lekker-papiere…

Anoniem ·

Hoe “monitor” die SAPD ‘n situasie wat ‘n oortreding van die wet is? Dis belaglik! Laai op, sluit toe!

Jordaan ·

Ja-nee, monitor en niks doen is waarmee die SAPS baie goed is.

Johannes ·

…en dit is wat die polisie, weermag, regering en rês van die wêreld ook gaan doen wanneer die grond oorlog in SA uitbreek… die situasie “monitor”….

Jip ·

Jip, wanneer die skote gaan klap, en dit gaan gebeur want die land gaan onder en arm honger mense, nadat die plase oorgevat is, gaan revolusie laat plaasvind, dan gaan die internasionale gemeenskap op die kantlyn handdegevou sit. Daarom, al wie vir ons eie redding verantwoordelik is is onsself.

GM ·

Anoniem, jy het vergeet om by te sê: ‘Gooi die sleutel weg’.
Ek dink ons almal moet ‘n stukkie grond gaan uitmeet daar op die president se plaas!

Nonnie Sensie ·

Heeltemal, korrekte berig, die SAPD monitor net misdaad, geen voorkoming of bekamping van misdaad nie of beskerming van landsburgers teen misdaad nie. Daarom rapporteer ons geen misdaad aan hulle nie, hanteer dit maar self. Maar nou ja dit was nog nooit anders in Afrika nie, waarom sal ons nou die uitsondering wees?

Alida ·

Monitor se voet. Neem hulle in hegtenis en sluit hulle toe. Hulle ontwrig die hele omgewing en besoedel die samelewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.