Polisie-moordenaars kry baie swaar vonnisse

Argieffoto

Argieffoto

Drie veroordeelde moordenaars wat tydens hul skrikbewind verantwoordelik was vir nege moorde, onder wie drie polisiebeamptes, is onlangs in die Suid-Gautengse hooggeregshof gesamentlik tot 21 jaar lewenslange tronkstraf asook 415 jaar tronkstraf gevonnis.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het die trio, Vukani Ngcobo, Bonginkosi Fundakwezake en Qaphelani Chiyi, tussen 27 en 31 jaar oud, se skrikbewind in 2012 begin toe hulle twee mense by ʼn kuierplek in Soweto vermoor het.

“In Augustus en Oktober 2012 het hulle in afsonderlike voorvalle vier polisiebeamptes in Johannesburg geskiet en hul vuurwapens geroof. Konst. Lanah Rangani, konst. Geoffrey Matlou en sers. Nkosinathi Mgimeti is doodgeskiet. Konst. Philly Baloyi het die skietery oorleef,” het Naidoo gesê. Hulle het ʼn verdere vier mense vermoor voordat hulle in hegtenis geneem is.

Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het Maandag die drie se swaar vonnis verwelkom. Sy het die beamptes wat die saak ondersoek het, geloof vir hul goeie speurwerk wat tot die swaar vonnisse gelei het.

“Die swaar vonnis word verwelkom, want altesaam 1 501 polisiebeamptes is in die finansiële jaar 2014/2015 aangeval. Dit is 329 meer as in 2013/2014. Die afgelope finansiële jaar het ons reeds 86 polisiebeamptes verloor, dit is nege meer as in 2013/2014,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Malinda ·

Wat maak die gewone polisie wat ook mense is anders as ons gewone mense, dat hulle moordenaars swaarder gevonnis word as ons gewone mense? !!! Moord is moord maak nie saak wie of wat jy is nie.

Steve ·

21 jaar, 42 jaar is te kort.
As jy ‘n lewe neem, is die doodstraf die enigste waarvoor jy goed genoeg is.

petrus konya ·

Net die doodstraf is goed genoeg vir enige MOORD VERKRGTING GEWAPENDEROOF enige ander straf te lig N lewe vir n lewe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.