Polisie-motorfietse is vals nuus

Een van die foto’s wat op sosiale media versprei word

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Oos-Kaap het sy skok en kommer uitgespreek oor berigte op sosiale media met foto’s van motorfietse en sleepwaens waarop SAPD-handelsmerke aangebring is.

Die foto’s is Woensdag op sosiale media versprei van die voertuie, glo met vervalste handelsmerke.

“ʼn Voorlopige ondersoek het onthul dat nie een van die polisiestasies dié vervalste toerusting besit, ontwerp of aangeskaf het nie,” het brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, gesê. “Dit is ook nie duidelik hoe ʼn persoon, vermoedelik ʼn polisiebeampte in die foto’s, met die motorfietse verbind word nie. ʼn Verdere ondersoek sal gedoen word om die bron van die foto’s te bepaal of te bepaal wie die foto’s vervaardig het en wat hul motiewe was.”

Die bestuur van die SAPD verwerp dus die berigte op sosiale media as fopnuus en dit het niks met die polisie in die provinsie te doen nie, het Kinana bygevoeg. Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, het ʼn omvattende ondersoek versoek oor die foto’s.

“Die kubermisdaadeenheid sal ondersoek instel en persone, wat die leuens vervaardig het, sal vervolg word, asook diegene wat gehelp het om die fopnuus op sosiale media te versprei.”

Kinana het gesê dit is onwettig om fopnuus te versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JohanR ·

As jy die foto draai dan kan jy agter op sien staan Ford Mustang Raptor!

Strandloper ·

Man dit lyk na oulike rygoed, veral vir parlements lede wat miljuisende spandeer op rond jaker. Die bonus is hul hare kan nie deurmekaar waai nie.

Anel ·

Dis baie snaaks. Maar waar daar ‘n rokie is is daar’ ‘n vuurtjie. Die is nie te vergesog nie. Iewers in die Noord Kaap dan gesien hulle maak gebruik van donkiekarre.

Realis Thailand ·

Met sulke greeend motorfietse kan hulle makliker die verspreiding van sigarette uitbrei

Pieter ·

Hehe die SAP gaan hom gebruik vir n taxi hulle sal vyf mense op hom laai

twaalfboor ·

Ag genade is daar niks belangriker om te ondersoek nie? Ek nien elkgeval geen SAPS handelsmerke op die “reaksie” voertuig nie. Of dalk is dit ñ vangwa.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.