Polisie, MRK moet voorval by H/S Jan Viljoen ondersoek

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, spreek die skare vanuit ‘n polisievoertuig buite die Hoërskool Jan Viljoen toe. (Skermgreep: Newzroom Afrika)

ʼn Uiters gespanne situasie het Maandag vroegoggend buite die Hoërskool Jan Viljoen op Randfontein in Gauteng geheers en ʼn groot getal polisielede is ontplooi om die vrede te help bewaar tussen ouers wat daarheen opgeruk het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn gewelddadige onderonsie het Vrydag glo tussen ʼn swart en ʼn wit leerder by die skool uitgebreek, ʼn voorval wat die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, kort daarna as moontlik rasgedrewe bestempel het.

Lesufi het die skool vanoggend besoek en het, nadat hy met die skool en bestuur vergader het, die skare vanuit ʼn Nyala-pantservoertuig van die polisie toegespreek. Volgens hom het die departement reeds ʼn verslag van die skool se beheerliggaam, die skoolhoof en die polisie bekom en is die departement oortuig dat “sommige onderwysers en leerders hul rol moet verduidelik”.

Volgens die LUR gaan die departement nie self die ondersoek na die voorval behartig nie. Die verslae sal aan die polisie en die Menseregtekommissie (MRK) vir verdere ondersoek oorhandig word. Lesufi het ook ʼn beroep gedoen op diegene met inligting oor Vrydag se voorval, om na vore te kom.

Lesufi het ʼn beroep op kalmte gedoen en die ouers wat by die skool saamgedrom het, gevra om aan hul kinders te wys dat probleme vreedsaam opgelos kan word.

“Die land behoort aan almal van ons. Ons gaan nie as stiefkinders behandel word nie,” sê Lesufi.

Die LUR het ook na die besware van leerders geluister met bewerings van seksuele teistering teen ʼn onderwyser wat onder meer gemaak is. Lesufi het onderneem dat ʼn span van die departement van maatskaplike ontwikkeling gevra sal word om sommige van die bewerings te help ondersoek.

Hy sal Dinsdag weer met ouers, wat beweer hul kinders word geboelie en beledigende name genoem, by die skool vergader.

Lesufi sê die name van die vermeende oortreders is reeds bekend, hulle is volgens hom formeel aangekla en die saakdossier oor die voorval is na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verwys.

“My liewe kinders, ek wil julle verseker dat wat dit ook al verg, hulle dalk ons grootouers suksesvol onderdruk het, dat hulle dalk ons ouers suksesvol onderdruk het, maar dat hulle ons kinders nooit sal onderdruk nie,” het Lesufi onder luide toejuiging aan die skare gesê.

Sy toespraak is egter tydelik onderbreek nadat ʼn oënskynlike onderonsie onder sommige van die mense uitgebreek het. “Jy kan nie, terwyl ons na julle kommer luister, voor almal ʼn bakleiery begin nie. Dit sê heelwat van julle gedrag.

“Jy kan nie kla en dan doen jy presies dieselfde ding as waaroor jy kla nie. As jy nie gedissiplineerd is nie, is die hekke oop en kan julle gaan.”

Die oproer het vanoggend wyer as net die hoërskool uitgekring, met buitebande wat in die strate om die skool aan die brand gesteek is. Sommige winkels het ook hul deure gesluit terwyl mense in die strate gemaal het.

Die polisie het skokgranate en ʼn waterkanon gebruik om oproeriges uiteen te jaag.

Die hoërskool het vroeër in ʼn boodskap op Facebook gesê hy keur die gedrag van die betrokke individue in Vrydag se voorval ten sterkste af en dat die skoolbestuur en beheerliggaam die hele naweek gewerk het om die voorval te ondersoek.

“Ons verseker u dat die skuldige partye gestraf sal word ingevolge die SA Skolewet en die skool se gedragskode.”

Die Laerskool Randfontein het ook ʼn boodskap gedeel waarin hy sê dat hy vir die skool bid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Perdeby ·

Ja want jy ruk alles uit verband. Dit is kinders wat baklei het. Wat sou jy gedoen het indien dit swart teen swart was of wit teen wit?????? ABSOLUUT NET MOOI NIKS NIE!!!!!!!

Arno ·

In dieselfde asem wil mense soos Lesufi alles in hulle vermoeë doen om plaas moorde te laat lyk asof dit nie ras georienteerd is nie, maar ‘n skool baleiery word sommer dadelik bestempel as ‘n rasse voorval.

Misky ·

Hoe kan daai vent sulke opmerkings maak en daarmee wegkom? Hulle ouers en voorouers nogal en hy het sommer uit die staanspoor besluit wie is die skuldige partye. Ook maar lekker bang en kruip in die Nyala weg.

Jabez ·

“Die land behoort aan almal van ons. Ons gaan nie as stiefkinders behandel word nie,” sê Lesufi. Ditto, ek is ook nie ‘n stiefkind nie en die land behoort ook aan my.

Anoniem ·

Hoekom praat jy dan vanuit ‘n Njala polisievoertuig Lesufi? Hoekom stap jy dan nie uit en praat openlik in die openbaar met die mense nie, jy is sekerlik tog nie bang vir jou eie mense nie?

Althes ·

Lesufi jy neem sommer net aan dat die wit leerder skuldig is. Jy tree onprofessioneel op en is jou amp nie waardig nie.
Speel politieke speletjies buite skoolgrense en eerder op verkiesingsplatform.
Jou gedrag vuur eerder tweedrag aan in plaas van om ñ mediator en vredemaker te wees.

Sandra ·

“die land behoort aan almal van ons, ons sal nie soos stiefkinders behandel word nie”…se die man wat die grootste rassis is. Hy is in die verkeerde posisie geplaas, want hy konsentreer meer op rassisme as enigiets anders, wat ek voel die verkeerde opvatting is wanneer dit kom by so ‘n situasie by die skool. Solank die polisie, en beheerliggaam dit ondersoek sonder sy inmenging, glo ek dat daar ‘n goeie uitkoms sal wees.

Kobus ·

en hy het klaar besluit dis ‘n rasse voorval. as swart teen swart baklei is sy groot bek stil. nou is hy kappokhaan.

Hannes ·

Bou asb. jou eie skole en maak ‘n sukses daarvan, dan het jy geen bekommernis van onderdrukking nie.
Die saak moet nog ondersoek word maar met jou rasgedrewe agenda het jy klaar besluit wie is skuldig.

Madz ·

Hoe de HECK kan hy in dieselfde asem twee absolute teenoorgestelde opinies lig! Wie is die “hulle” waarna hy verwys wat die ouers en voorours van die arme kinders voorheen onderdruk het..? As daardie woorde nie vir hulself spreek nie dan weet ek nie – hy het dan klaar besluit wie is skuldig en wie moet boet! En daar gaan net mooi NIKS van kom nie!

Gerhardus ·

Lesufi haat alles wat wit en Afrikaans is en hy wil beheer neem van alle Afrikaanse skole. Ek wonder net wanneer gaan hy vervolg word vir die miljoene rande se bedrog met die skole sanitasie gemors.

Theo ·

Die feit dat die voorval deur die LUR en die departement as rasgedrewe bestempel was voor n behoorlike ondersoek gehou was ia nalatig en veroorsaak meer probleme. Dit moet onsersoek word en die LUR moet aangekla word vir die skepping van spanning.

Marius ·

Die grootstes rassis ooit en die anc staan vierkantig agter want hul is niks beter nie. Wie word nou onderdruk ?

Hoekom ·

Wie is die “hulle” waarvan die rassis praat? Huidige Suid Afrikaners het niemand onderdruk nie, uitsluitent die ANC wat almal anders behalwe “our people” onderdruk…

Lood ·

Sover dit my aangaan kry Lesufi die eerste prys vir die persoon wat die meeste oningelig en onbevoeg is om sy werk te doen.

Manda ·

Dit is mos nou ‘n opruiende, rasgemotiveerde toespraak wat Lesufi gegee het. Nee wat, hy hoort nie in die politiek as hy dinge so wil handteer nie.

Alex ·

Ek dink hier is meer as wat ons weet. As swart moeilikheid soek en wit tree op, dan is dit wit se skuld. As swart moeilokheid soek en wit staan terug, dan is daar niks en dan lyk ons maar slap gat. As Wit moeilikheid soen en swart tree op dan is dit wit se skuld. As wit moeilikheid maak en …. o ja Swart kan nie terug staan nie. Hulle sal terug baklei, net om politiek weer op te blakker…

annie ·

Waarom word die prez nie genader oor die alleenregering van Lesufi nie. Het hy vrye teuels? Die saak moet dringend aandag kry. Die man is koning, regter en laksman en ‘n gryper van formaat. Is hy Malema se broer?

Swerwer ·

Spreek die skare oproeriges uit ‘n polisie voertuig …………….genade maar dit is ‘n uiters swak gedrag. En wie was die oproeriges? Almal weet………………….. Wel, laat hul die skole neem en in kruitvatte ontlok, die kinders wat wel opvoeding wil kry sal hul by instansies skaar wat werklike ware opvoeding kan bied sonder oproer as jy nie nou sin kry nie en nog minder weet waaroor kinders met mekaar verskil het.

Heinrich ·

Smaak my die SAPS en MRK moet Lesufi ook ondersoek, want as hierdie nie aanhitsing nie dan is die maan van kaas.

piet ·

Hy wys nou vinger net eenkant toe. Ongevraagd en onverantwoordelik. Hy blaas deur die woorde rassespanning aan. Die minister van onderwys behoort hierdie perd in die bek te ruk.

Arno ·

Lesufi is die laaste persoon wat kan praat oor rasse voorvalle. Hy is verseker een sydig oor dié voorval. Hy het al op verskeie kere gesê hoe hy Afrikaners en Afrikaans as ‘n taal haat. Ek het nie tyd vir rassiste soos hy nie.

Wielspore ·

Gedurende laasweek het my kleinseun nou 9 jaar oud en ‘n skoolmaat mekaar vierkantig in die oë gekyk en mekaar rondgeruk. Albei is op die voor tiener staduim en is besig om die rang orde in plek te kry. My vrou en die seun se ma was bekommerd omdat dit op die skool se gronde gebeur het en het al perde opgesaal dat hulle geskors gaan word. Ek vir hulle gesê dit is normaal en hulle moet rustig wees. Sondag oggend kom die maat by ons huis aan baie opgewonde om met ons kleinseun te speel. Die twee het saamgespeel soos voor die voorval want ek glo daar was nie ingemeng van die ouers se kant af. Kinders moet van kleins af leer hou om sulke situasies te handteer anders gaan hulle sukkel as grootmense.
Wat Lesufi aanbetref, hy is alewig besig met ‘n politieke blyspel en sal nogal goed doen op ‘n verhoog met toeskouers.

Raadsman ·

‘n Derde party moet dit ondersoek. Ons is moeg vir rasiste soos Lesufi wat ondersoeke wil lei deur ander rasiste aan te stel vir ondersoeke. Elke geleentheid soos die wil hy probeer politiseer om skole te verengels of verswart. Al hoe ons die sake gaan wen is om as gemeenskap saam te staan.

Raadsman ·

Die ouers het geen probleem met mekaar oor rasse grense nie, MAAR ons het ‘n groot probleem met Lesufi. He beter weg bly van skole af want hy dryf rasse spanning aan en ek sien hierdie toespraak as haat spraak.

Tokkel ·

Lesufi, al wat jy weet van onderdruk is om jy nog nie genoeg skole gebou het nie! 30 jaar inbevind en dit is hoekom daar te veel kinders in ‘n klas is. Daar sal altyd kinders wees wat baklei, hou net op om alles uit verband te ruk en sensasie te soek. Lesufi, begin jou werk doen en bou skole..

Frikkels ·

Wat Lesufi nie weet nie is dat hulle ook nie toegelaat sal word om ons kinders te onderdruk nie. Hulle verlaag die skool standaarde en doen enige iets om hulle kinders te laat presteer, dan staan ons kinders eers kop en skouers bokant hulle uit! Voorts dryf hy sy siek anc ideologie vanuit ñ pantser voertuig. Plaas klim hy uit daai veilige voertuig uit laat hy geleer kan word wat is reg en wat is verkeerd en wat is waarheid en wat is fiksie! TSEK LESUFI!

Schalk ·

Hoe kan hy die swart kinders toespreek op ‘n openlike manier wat dit goedpraat dat hulle moet veg?

Schalk ·

My liewe kinders, ek wil julle verseker dat wat dit ook al verg, hulle dalk ons grootouers suksesvol onderdruk het, dat hulle dalk ons ouers suksesvol onderdruk het, maar dat hulle ons kinders nooit sal onderdruk nie,” het Lesufi onder luide toejuiging aan die skare gesê.

Johanna ·

Lefusi het homself vandag GRUWELIK skuldig gemaak aan RASSISME. SIR, YOU are supposed to be an adult and behave like an adult but you took sides. That is so wrong. Terribly. The Investigations is still ongoing and you make allegations like that. But you protected yourself by sitting in the Police vehicle using a microphone.

What happened at that school is still not clear but also completely wrong.
Children at that level must take responsibility for their actions. If Lefusi runs to each school after conflict Goverment clearly overpays the guy.

CONFLICT AT SCHOOLS IS WRONG, but political interference doesn’t solve children’s differences..

Nie Verbaas ·

Moet nooit met n idioot stry nie. Hy sal jou trek tot op sy vlak en jou wen met sy ondervinding.

Petrie ·

Hierdie super rasis, lefusie, moet sy neus daaruit hou en wegbly. Dis sy skuld dat skole in so benarde situasie is. Hy dink hy us n politikus wat boggerall van onderwyssake weet.

Strandloper ·

Nog n wanabe famous kader mislukking nes die hoed voelverskrikker.

Waarnemer ·

En daar trek lesufi weer n rassekaart!!!!Die regering wat kwansuis in vrede wil leef met alle Suid Afrikaners behoort hom summier af te dank.

Nico ·

Daar sal nooit samehorigheid in die land wees as dit so aangaan, die saak het twee kante, nou word die swart leerder bevoordeel. Kyk, na die blankes, daar is geen oproer nie.

fs ·

so dit is onmiddelike die wit kind se skuld nog voor die ondersoek afgehandel is? so wat gaan die onderdrukte doen as die ondersoek aandui dit is andersom? stil soos ‘n muis weg sluip in die vuurvaste voertuig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.