Polisie na betoging voor Cullinan-myn ontplooi

Foto: Verskaf.

Polisiebeamptes is Donderdagoggend na die Premiermyn in Cullinan ontplooi waar meer as 200 betogers voor die myn saamgetrek het.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê sowat 250 plaaslike inwoners het met hul privaat voertuie voor die myn saamgetrek en geëis dat die myn meer plaaslike besighede ondersteun en plaaslike mense in diens neem.

“Hulle was meestal rustig, maar het aggressief geraak as die polisie naby hulle kom. Werkers wat nagskof gewerk het, was in die mynperseel vasgekeer en kon nie huis toe gaan nie,” het Müller verduidelik.

Daar is glo ook twee vragmotors vol mense van die nabygeleë Refilwe-nedersetting aangery om aan die betoging deel te neem.

Konst. Conny Moganedi, woordvoerder van die polisie, het egter gesê teen 11:30 was die situasie weer rustig. “Dieselfde vragmotors wat die betogers aangery het, neem hulle nou weer terug huis toe. Beamptes van die polisie se eenheid vir openbare orde was op die toneel om die situasie te monitor en om te verseker dat die betogers nie enige skade aan eiendom of myntoerusting aanrig nie,” het Moganedi gesê.

Sy kon nie bevestig wat die rede vir betoging was nie. “Daar was nagenoeg 200 betogers. Hulle het met gemeenskapsleiers vergader en het toe verdaag.”

Volgens Moganedi is die betoging “vir nou” verby en weet sy nie of daar verdere protesaksie verwag kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Asjas ·

Ek wil CEO wees van … umm … DAAI PLEK! Raai wat doen ek more?

Danie ·

Ek is seker hier klomp betogers verstaan nie watter vaardighede nodig is om op ‘n myn te werk nie. Een van die belangrikste vaardighede is om te kan lees en skryf (wat hulle seker beswaarlike kan doen [veral Refilwe se inwoners]). Daarna die vaardighede om (soos ek verstaan) die spesialis werk te doen wat vereis word. Ek is seker om ‘n graaf regop te hou of ‘n ‘n hark skuins te behang is ook nie deel daarvan nie.

Daardie vaardighede is noodsaaklik om te verseker dat mense nie sterf tydens die uitvoer van hulle werk nie. Dit is gewoonlik nie moontlik om sommige enige ou van die straat af in te trek om die werk te doen nie.

Hulle is ‘n besigheid wat wins ook moet maak. As hulle nie wins maak nie maak hulle doodeenvoudig toe. Hulle is ook nie ‘n staatsinstelling wat ‘n redelik onbeperkte bron (in vergelyking met ‘n gewone besigheid in elk geval) van inkomste het nie. Hulle kan ook nie staat maak op ‘n twee jaarlikse reddingsboei soos SAL nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.