ʼn Vrou van Deneysville is Vrydag in hegtenis geneem nadat sy die polisie na haar huis ontbied het om ʼn klag van diefstal teen haar huiswerker te ondersoek.
ʼn Hoogs ontstelde Amanda de Goede (56) het aan Maroela Media vertel sy is in die vangwa geboender, in ʼn sel geprop en ure later vrygelaat op voorwaarde dat sy met haar huiswerker vrede sal maak.
De Goede vertel sy het onraad vermoed toe haar twee werkers, ʼn broer en ʼn suster, Vrydag gereedgemaak het om vir die naweek huis toe te gaan.
“Ek het gesien die man sukkel om die tas toe te kry. Ek hom gevra waarom die tas so vol is as hulle net ʼn naweek huis toe gaan en hy het geantwoord dat dit sy suster se tas is.
“Toe ek daarop aandring dat hy die tas oopmaak, het ek ʼn klomp van my oorlede dogter, Nevilene (Pretorius), se besittings in die tas gesien.”
De Goede was uiters ontsteld en het die polisie na haar huis ontbied.
“Toe die polisie opdaag, het my huiswerker volgehou dat ek die goed al drie jaar terug vir haar ma, wat voorheen by my gewerk het, gegee het, hoewel my dogter nou eers twee jaar dood is.
“Ek het nog glad nie haar dood verwerk nie en is ook nie gereed om van haar besittings ontslae te raak nie.”
Pretorius is in 2019 aan breinkanker dood en het volgens De Goede 18 jaar lank in die polisiemag gewerk. Sy het in Klerksdorp gewoon.
“Ek was goed vir die Deneysville-polisiebeamptes. Ek het van my dogter se ou uniforms vir hulle geskenk en ʼn klomp maskers vir hulle gemaak,” sê sy huilend.
De Goede sê die huiswerker het verder aangevoer dat die geskil eintlik oor geld gaan, hoewel sy reeds betaal is en die geldsakkie by haar gehad het.
Sy verduidelik verder dat sy ʼn Zimbabwiese vriend van die werkers, wat ook op die perseel was, nadergeroep het om te beaam dat die argument inderdaad nie oor geld gehandel het nie.
“Die polisie het my gevra of hy ‘papiere’ het waarop ek geantwoord het dat ek nie weet nie. Sy het my toe in hegtenis geneem omdat ek glo ʼn ‘werker sonder papiere’ in my diens het.
“Ek het dit duidelik gemaak dat ek hom nie betaal nie, wat hy beaam het. My werker bring hom soms saam om hom in die tuin te help en ek gee vir hulle kos,” sê De Goede.
De Goede moes ʼn brief onderteken dat sy nooit weer teen haar huiswerker ʼn klag sal indien nie. Die polisie het glo ook gedreig om haar man, Neville, later dieselfde aand in hegtenis te kom neem.
Die werkers het nie Maandag na die gesin se huis teruggekeer nie.
De Goede sê sy is erg getraumatiseerd en te bang om ʼn saak teen die polisie aanhangig te maak.
Die polisie het nog nie op Maroela Media se navrae reageer nie.
En dit het seker niks te doen met dat sy wit was nie???
Gerrie Nel tree in asb!
Hoop jy het geld om Gerrie Nel te betaal.
Harry weet jy regtig nie wie Adv. Gerrie Nel is en vir wie hy nou veg nie?
Ja asseblief! Hierdie is om die minste te se, verregaande!!!!!!
Gerrie Nel of Bolhuys of derglikes hel asb
Korrupsie en rassisme in die ergste graad
Moet dit beslis nie daar los nie dis verregaande en belaglik en hulle moet beslis nie met die wegkom nie , maar dit verbaas my eintlik glad nie so word ons vlerkies vir ons geknip deur die wat ons moet beskerm, so hulle steek ‘n blatante leunaar en dief in haar kwaad en maak jou as die villan uit en nou is altwee net weg ook nog, nee wat hoor doen jou ding en maak ‘n groot bohaai hieroor jy is ooglopend geintimideer en geboelie!
Verder verbeter jou sekuriteit, want hulle weet nou alles vna jou af. Nee wat, dis hoekom ek niemand in diens neem nie. Jy betaal hulle goed en gee baie, en word dan in ndie rug gesteek.
100% E, en kyk maar mooi op die werf rond vir voorbereiding….Die Is Afrika.
E ek stem. Hulle kom nie op my erf nie. As iemand kla dat jou plek nie silwerskoon is nie gee vir hulle ‘n emmer met ‘n lap dat hulle skoonmaak
Nog ‘n bewys dat ons op ons eie is. Die rasse diskriminasie in hierdie land raak al hoe meer opvallend. Ons sal moet begin besef dat daar net een uitweg is…
Stem met jou heelharig saam!!!!
En dis ‘n weg hierUIT
Die uitweg, doen jou eie huis en tuin as jy hoegenaamd kan.
Dit raak nou by die dag erger. Jy hoef nie met die helm gebore te wees om te sien waarnatoe dit afstuur. Dit is nie ‘n mooi gedagte nie. Ongelukkig is die in beheer, glad nie van plan om dinge te verander nie. Die groot verskil tussen mens en dier…., diere kies nie hulle domste om leiding te neem nie.
Daar is so groot te kort aan werksgeleenthede. Hul kan altyd vervang word. Die is seker weer n boetie bowti saak. Na wie toe gaan n mens vir hulp as dit die polisie se optrede is.
Hierdie artikel is baie ontstellend veral die gedeelte waar die klaer moet onderneem om die beskuldigde nooit weer te verkla nie. Dis bietjie absurd is dit nie
Ek wonder of so brief water dra in die regssisteem…?
Ek hoop regtig dat daardie polisie beamptes afbetaal word en ek hoop ook sy maak n siviele saak teen die betrokke polisie lede sodat hierdie tiepe gedrag van die polisie stop gesit word.
Hoop maar lekker vriend…
Dagvaar die Polisie vir onregmatige arrestasie.
Affirmative shopping. En jy mag niks doen nie…
Dit verbaas my nie eens nie, wie bel nog die polisie?
Ja,so gaan dit maar in die Rainbow Nation.Net jammer daai reenboog het net een kleur..
Skakel so gou as moontlik Afriforum se regsafdeling vir raad en laat n plaaslike prokureur die saak en klagte van jou inhegtenisneming n klagte by die aanklagkantore laat aanteken.Ry die betrokke persone in die polisie tot by daantjie in die kalwerhok.
Maar vra asb vir die regter om hierdie lede in hulle persoonlike hoedanigheid aanspreeklik te hou, anders betaal die belasting betaler weer.
Hierdie is baie erg en iemand moet hierdie vrou help. Die Polisie kan nie met sulke goed wegkom nie en nou is die werkers ook fort met haar kind se klere? En ‘n onderneming teken van vrede? Sulke goed maak my mal. Ek is briesend en ontsteld.
Wel, hulle doen, sonder nagevolge…. Dit is die werklikheid. Dit is hoekom hulle dit doen.
Ek hoop die klaer neem hierdie saak verder.
By WIE gaan kla sy? Daardie beamptes se bevelvoeder, kommissaris en minister sal nie aanda daaraan gee nie want hulle is ALMAL misdaad goedgesind.
Jannie, ek praat van Afriforum se regsafdeling.
Énige kommentaar hieroor sal ‘n onder-beklemtoning wees. Dit is vreesaanjaend om te dink waarheen Suid Afrika op pad is. Die land is besig om die donker gedeelte van donker Afrika te word.
Dit is al laas jaar?
Ek sien SAPD betaal lekker vet tjek aan haar.
Sy moet onmiddelik saak teen SAP en betrokke lede maak.
Ek is stom geslaan en kan nie glo wat ek lees nie. Klink amper onwerklik en veral die deel waar sy brief moes teken oor toekomstige klagtes. Is die werker toe vort met die dogter se besittings of is dit ten minste gehou vir bewyse? Dag na dag raak dit net erger en ons blankes trek ongelukkig aan kortste draad
Die werker moet maar vir haar ‘n ander werkie gaan soek ek sal haar nooit weer vertrou om my te kon aanhou werk nie.
Dit is onaanvaarbaar en ons blankes moet vergeet van hulp. Ons is aan ons eie genade oorgegee. Die politieke partye wat se hulle is vir ons is maar net soos werkers unies, wil hulself net verryk. Ons sal slegs oorwin deur in eenheid te wees en hand en tand veg tot die dood.
Tragies moet dit ni da laat nie – ek en my vrou doen ons eie werk ons help mekaar en is heel gelukkig hou hul uit my erf uit
ek is altyd effens verbaas wanneer ek lees iemand het nog huis en/of tuinwerkers. Daar is GEEN maar GEEN manier wat ek een van hulle in my spasie toelaat nie. Ek los maar die stoffies vir die naweek en hou maar bolangs skoon deur die week, maar nooit ooit soek ek hulle in my huis nie!
Dit is vir my nogal opvalend hoeveel minder werkers in die oggende in ons woonbuurt loop….waar gaan die massas werk!
Nee vat hulle aan. Hulle kom te maklik weg met wat hulle deesdae aan blankes doen, die einste blankes wat hulle verdomde salarisse betaal deur belasting te betaal. Die spul is arrogant en aanmatigend en het heeltemal te veel mag.
Wat wou, die vrou kan mos nie dat haar werkers haar gyselaar hou nie?
En ons mafia polisie moet mos weet hulle kan nie net mense onregmatig inhegtenis neem omdat daar huiswerkers betrokke is en dan werkgewers maak dokumente teken om enige gedrag vd huiswerker te regverdig nie. Hulle gaan hierdie werkgewer se lewe ‘n lewende hel maak met hulle eise. Die werknemers sowel as die SAPD ~ hou die SAPD geldelik verantwoordbaar vir onregmatige aanhouding en afpersing.
Dan wonder hul hoekom niemand hul meer wil aanstel nie.
Baie verontrustend dat veral die Vrystaatse SAPD uiters rassisties is! DeGoede moet dagvaar en ook dié wat haar in hegtenis geneem het in hul persoonlike hoedanigheid!
Skelm wees en lieg is ñ nasionale sport in SA.Dinge gaan net erger raak,veral vir die minderhede in die land.
Demmit!!! REGTIG???!!!
Wie dink die breindood polusie is hulle? Vat hulle hof toe en dring aan dat elke beampte daar onmiddellik afgedank word. Dit is die tipe goed wzt cele wil hê moet ons beskerm
Hoed en kie, hoekom so stil? Seker weer besig om gemors uit te dink om die hele SA kwaad te maak, of hulle aandag van die soort dinge af te trek?
Lig jou hoed so bietjie, ek dink dit hang in jou oë, daarom dat jy nie die goed sien gebeur nie!
Vrou ek ht nou na jou stem boodskap geluister. Jy is beter as ek. Ek sou dalk my wettige wzpen gebruik ht. Dit kan nie so aangaan ni. CELE mazk oop jou verdomde ore en oe. Dis absoliet rassizme.
Hul ht nou al 9 keer by my dogter ingebreek. Polisie erken hul weet wie dt is. Nou kry sy n boodskap die saaak is afgedluit. Mooi Parys polisie en speurzers
Die polisie het hulself noual bewys hoeveel keer dat hierdie boelie gedra teenoor witmense aan die orde van die dag is. Daar is nie so iets soos A polities in die weermag of polisie meer nie. Elke keer as so n voorval gebeur dan moet dit eers hofsake wees en dan vat dit maande of jare voor iets gebeur……tot ons regstelsel is gekoop.
By my het die huiswerker sopas haar werk verloor.
Het die twee toe met die klere gegaan of het hulle dit gelos? En op watter gronde wil hulle haar man arresteer? Wat het hy met die storie te doen? Hy was dan nie eens daar nie. Ag dit help seker maar as jy pêlle is met die polisie.
Rassisme….
Nee dankie, ek maak my eie huis skoon, en as dit soms half skoongemaak word deur myself is dit my eie besigheid.
Elke huishulp het n selfoon en neem ewe rustig fotos van alles wat in julle huise aangaan.
Hou verby, ek is laankal klaar met hulle..
Ons kan maar kla en mor net soos ons wil, ons is in SA nie welkom nie.
Ons moes almal ons gewig ingegooi het vir ‘n onafhanklike Suid Kaap toe die geleentheid nog daar was – maar toe het ons weereens (en vir oulaas, dink ek) gewys dat ons te slim is om saam te staan.
Die saak word hopelik teen die betrokke beamptes gemaak.
Hopelik prosedeer sy.
Sien dit is hoekom ek eerder my eie huiswerk doen.
MM, hou ons asb op hoogte van verwikkelinge
Doen julle eie tuin en huiswerk! Meestal mense in Europa en USA werk ook bedags soos ons en hulle besorg self vir hulle huise en tuine. Wanneer gaan ons leer dat ons net ons eie mense moet werk gee, en dan net as dit moet. Verskoon taalfoute, ek lees Afrikaans goed genoeg, maar die skryf is so bietjie moeiliker.
Ek sit liewers op my hande.
Maar ai kan iemand nie die vrou bystaan met hulp en raad nie?
Die arrestasie was sekerlik nie volgens die boek nie en n eis om skadevergoeding en emosionele pyn en lyding sal beslis in orde wees.