Polisie nooi oud-beamptes om terug te kom

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Maandag gesê ʼn heraanstellingsproses is goedgekeur vir 2016/17.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, het gesê die besluit is geneem om kapasiteit te skep vir gespesialiseerde afdelings soos die speurdiens, sigbare polisiëring, honde-eenheid, openbareorde-polisie en ondersteuning.

“Die heraanstellingsproses sal slegs van toepassing wees op die 2016/17- finansiële jaar en ons wil graag voormalige beamptes aanstel in range van konstabel tot kolonel, afhangende van die rang waarin hulle die SAPD verlaat het,” het brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Naidoo het gesê die SAPD het reeds advertensies op sy webwerf se loopbaan-afdeling gepubliseer.

“Voormalige beamptes moet in gedagte hou dat hulle gekeur sal moet word, waaronder ʼn sielkundige assessering, vingerafdrukke, verwysings wat nagegaan word, mediese rekords en vorige SAPD-werknemersrekords,” het hy bygevoeg. “Slegs voormalige beamptes wat ʼn skoon rekord en goeie bywoningsrekord het, sal oorweeg word.”

Die aansoekers moet onder andere ook vorige polisie-opleiding geslaag het. Voormalige beamptes wat oneerbare ontslag ontvang het, afgedank is hangende ʼn tugondersoek of die diens verlaat het weens siekte, sal nie oorweeg word nie.

“Die heraanstellingsproses sal nie die normale aanstellings- of opleidingsproses beïnvloed of vervang nie,” het Naidoo bygevoeg. “Ons wil graag die beste van die beste, vorige werknemers wat baie kan bied wat betref vorige ervaring, vaardigheid en toewyding, aanstel.”

Slegs aansoeke op die voorgeskrewe vorms wat binne die spertyd ontvang word en deur middel van die advertensies op die SAPD se webwerf, sal oorweeg word.

“Tydens 2015/16 het ons 3 152 aansoeke ontvang, maar slegs 529 van die aansoekers het aan die voorgeskrewe kriteria voldoen,” het Naidoo verduidelik. “Altesaam 180 van die aansoekers is in die speurdiens aangestel, 297 in sigbare polisiëring en 52 in ondersteuning. Die groot aantal aansoeke wat ontvang is in teenstelling met die hoeveelheid aanstellings, is ʼn aanduiding dat die proses fokus op kwaliteit, nie kwantiteit nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Lance ·

Kon eers nie vinnig genoeg van die mense ontslae raak nie …nou dat die wiele afkom NOU moet hulle die kole uitkrap …BLY WEG …dis n GROOT gemors !! Its a hot steamy mess !!

maritz ·

Hoekom se hulle net nie hulle soek al die wit manne terug nie .

Tjopper ·

Hoekom spesifiseer hulle nie ras nie, het hulle ooit voertuie ens. Ja ek wonder wat dink hulle vaan hulle regkry?

pat aldrich ·

Sodat hulle net weer kan diskrimineer en nie bevordering kry nie. Soek weer backup teen die onbevoegdes.

GJ de CK ·

Is dit dalk omdat mnr Julius Malema daarop aanspraak maak dat die harte van die groot gros veiligheidsmag-lede aan die EFF en dié se ideale verbind is?

Roep jy nou wit “Ss.O. F.” om te help?

“I thought you said, we are the enemy?”

Generaal – jy weet julle kon en moes hierdie ding verhoed het. Wie gaan betaal? Het jy die kapitaal generaal?

Speur Adjudant Greyling ·

Ek het die vorige keer probeer sonder sukses. Het in 2011 die diens verlaat met n SKOON rekord, gesond en geen dept ondersoeke teen my nie. Ek is gesond en fiks maar nee ek het vergeet EK IS MOS WIT !!!

Vic ·

Dis heel moontlik n seening, ou maat. Netnou word jy deur een van jou kollegas geskiet soos nou al n paar maal gebeur het

waarheid ·

Stel eers alle diskreminasie finaal af, wetlik sodat nooit weer regstellende aksie of rasse kwotas enige bevorderings of aanstellings ooit weer kan of sal beïnvloed en alleenlik sal van BO tot ONDER regverdig volgens verdienste poste gevul en BEVORDERINGS plaasvind. HA HA Wat ‘n grap.

Oom Kalahari ·

@waarheid, stem heelhartig met jou stelling. @Speur Adjudant Greyling, jou vel kleur is verkeerd gewees en bly liewer weg Adjudant. Ja-nee hy stel duidelik net van Konstabel tot Kolonel, want geen bevorderings is daar vir die blanke tot hoër poste nie asook hul soek net die beamptes vir ‘n tydperk om die ander op te lei met sovele kennis as moontlik en hul dan laat gaan. Hierdie is ‘n desperate aksie en ‘n Foefie om oud lede te misbruik. En kyk hoe streng is die keurings proses, maar die dienende lede tans het nie hierdie geweldige keurings proses deurgemaak nie glo my.

Armando ·

Mense, ek weet nie. My eerste reaksie was om te sê, gaan na julle maai. Maar as hier ‘n polisieman by my deur klop oor een of ander ding, maak nie saak wat nie, weet ek wat ek sou verkies, as jy weet wat ek bedoel. So, polisieëring was nooit ‘n grappie nie, en ons mense soek ‘n salaris, en hulle byvoeging kan net tot ‘n verbetering lei. Ek sê dus, ja, sluit aan, jy kan altyd weer loop as jy wil. en my grotste wens, vir elkeen van u, is dat julle volgens julle vermoëns hanteer sal word.

Joann ·

Ag asseblief neti diti. Arme blankes sal weer vloerlappe wees en mede landsgenote sal met range sit wat hul nie eers sal kan uit spreek nie. Nee wat los maar moenie jul so verkleineer nie.

Cherokee ·

Indien julle nie finansieël of om ‘n ander rede gedwing word om dit te doen nie, bly weg.

Tc ·

Ai mense sien julle dit nie as iets positief nie,dit kan die “crime” verbeter in ons land met die kennis wat terug kan kom.

humor ·

Het self ook vrae, maar tog aan die ander kant is daar besluit op die preordisering van plaasmoorde. Afri Forum het n baie positiewe verslag rondom hierdie wending gegee. Moontlik is hierdie voorgestelde indiensneming deel van bg. besluit en is dit n poging om polisie ering op te skerp. Ons moet maar seker meer positief wees.

Karma ·

@Humor (en ander) – dit gaan nie hier oor positief wees nie. Ja, dit is seker ‘n eerbare beweging van “the powers that be” om die ‘ou’ manne terug te bring. Dit is vir selfsugtige redes, egter. Hulle sien nou hul g*tte omdat hulle besef die witman het sy onskuldige geloof in die eerbaarheid van die SAPS en “the powers that be” verloor het – ons laat ons nie langer aan ‘n denkbeeldige neusring rondlei nie en ons begin mobiliseer. Nie eens vir R50m per maand sal ek terugkeer SAPD toe nie, want – en ek veralgemeen nie: daar is nog SAPD-lede wat hul werk met trots doen – die oorgrote meerderheid is onkundige, onbehoorlik-opgeleide, oorgewig eejits wat net in die poste en range sit omdat hulle velkleur donker is en hulle die “job” op grond daarvan gekry het.

shannon ·

Ongelukkig sal enige wit mens in SA nou enige kansie aangryp. En die eerste wit-op-swart arrestasie sal as rassistiese insident op SABC uitgesaai word. Die natuur het nou ‘n beter kans om ‘n oplossing te bied. Klou vas, bid hard. Die reenboog hou nog baie verassings in.

jaco ·

as n wit kolonel nou terugkom, gaan hy daardie rang behou en bevelvoerder wees oor swart polisiebeamptes wat laer range het as hy? dan is die wit man mos baas. dit gaan mos nie polities korrek wees nie????

Tiaan ·

Charity starts at home, Bevorder asb die bestaande wit polisie beamptes

Nico ·

L/genl hoekom net tot col rang begin van bo af na ondertoe te vul met manne wat regte papiere en ondervinding het want as daai manne hulle werk doen gaan n paar hoer koppe saam met ander onder toe hulle werk verloor want die kans gaan daar wees om onslae te raak van die een wat sy werk doen

Deon ·

Al is dit moontlik om ‘n wonderwerk te bewerkstellig deur eerstens alle lede wat sedert 1994 die Mag verlaat het weer aan te stel en te bevorder na die range wat hulle teen die tyd sou gehad het en tweedens ontslae te raak van al die terroriste en kriminele wat sedert 1994 in diens geneem is en alle boetie-boetie bevorderings te ontdaan, sal daar NOOIT OOIT weer ‘n Suid-Afrikaanse Polisiemag gebou kan word soos die een wat die ANC vernietig het nie.

Elza ·

uitstekende plan…nou kan daar weer respek wees en almal kan weer vertroue kry in die “polisie-mag” ook korrupsie sal nou uitgeroei word hoera

John ·

Elza, was jy vir 22 jaar op Venus met vakansie? Hulle soek net kanonvoer. Alles wat verkeerd loop gaan die boere se skuld wees. Die ANC is net so bang vir die EFF soos die VSA en Europa vir IS. Iemand moet alweer die vuikwerk doen. Raar, raai, wie?

Akram ·

Genugtig. Ek is ook n oud polisieman. het my ontslag geneem met n skoon rekord. ek wonder net indien die aanstellings gemaak word, watter mag sal hulle he? sal daar nie dalk ook weer net na die pype gedans moet word nie? sal bevorderings dan weer beskikbaar wees vir die her indiens geneemdes? hoe lank sal hulle moet wag vir bevordering? die ander beamptes wat vasgebyt het en ook jare, selfs dekades wag vir bevordering, wat van hulle? gaan hulle dalk die keer die bevorderings kry wat hulle toekom?

Johann Marx ·

Die blanke Suid Afrikaner is voorwaar ‘n vreemde spesie. Gaan lees nou maar die reaksies hier bo: 99% negatief….met “voorspellings” van “hoekom” oud lede terug gelok word. Dan die reaksies van “ek is te wit”. En dan reaksies wat wonder oor “bevordering, rang, voordele” ens. Hoekom doen oud lede in MASSA aansoek vir hierdie geleenthede nie? Hier is jou kans om terug te kom in ‘n stelsel wat openlik erken dat hulle jou nodig het!!! Gaan maak ‘n verskil. As jy nie wil nie….MOET NOOIT WEER JOU MOND OOPMAAK oor die onderwerp nie. Jy was terug genooi, en JY WOU NIE!! Leef met jou keuse. En dan…..hoekom wonder jy oor al die “bevordering en voordele ens” as jy nie eens wil aansoek doen nie? Gaan doen aansoek as ‘n MASSA oud blanke polisiemanne. Skaar by mekaar en WYS die bestaande swak stelsel hoe awesome en goed en paraat en opgelei en hardwerkend en talentvol julle is. Verander dit wat jy verander wil hê. Afriforum en Solidariteit kan jou NET ondersteun as JY IN DIE POS IS!!! As jy verkies om nie hierdie uitnodiging te aanvaar nie, moenie sit en “moan” omdat jy nie aangestel is nie.

Koos1 ·

Johan, ek is 100% saam met jou. Ek het nou 25 jaar diens en byt vas, want ek glo dinge gaan verander.
Ek het die geleendheid gehad om ‘n oud lid te help wat met die vorige rondte van herindiensnemings weer in diens geplaas het, en jy hy was wit. Die man het alles verloor en het in ‘n plek vir haweloses gebly. Weet julle hoe dankdaar was die lid vir die geleendheid? Hy werk klomp hard en is ‘n toegewyde speurder. Almal met die “wonderlike” kommentaar hierbo, plaas jouself eers in die ander person se skoene. Jammer aan die ouens wat nie kon inkom die vorige rondte nie, maar as jy wil, hier is weer ‘n kans.
O ja, wat die fondse betref, dit is baie goedkoper on oud lede weer indiens te neem as wat dit is om nuwe lede van voor af op te lei.

Sus ·

Johann, ek as ‘n buitestander kan ‘n rot ruik! Die ANC is vrek bang vir die EFF in komende verkiesing en soek na menslike skilde en wie beter as die blankes. Die SAPS is oneffektief met hier en daar ‘n ligpuntjie. Voor die vrot leierskap nie verwyder word nie, sal niks regkom nie. Baie dankie aan elke toegewyde polisieman wat nog bereid is om ‘n verskil te maak.

Karma ·

@Johann Marx en Koos1 – 22 jaar van korrupsie asook wanbestuur (van dossiere wat ‘wegraak’, tot gevangenes wat uit vangwaens en aanhoudingselle ontsnap, tot die oneerlike Me. Phiyega en ‘n tekort aan infrastruktuur en ondersteuningsmodelle) het die deursnee polisieman (en Jan Alleman) ontnugter. Ons laat ons nie meer aan die neus rondlei nie. Ek ‘moan’ nie omdat ek nie in ‘n pos aangestel is nie – ek WIL nie heraangestel word in die SAPD nie, want ek WIL nie deel wees van ‘n gros half-opgeleide, onkundige, oorgewig “eejits” wat toegee aan korrupsie en wanbestuur om hulle self te bevoordeel nie. En ek WIL myself nie blootstel aan openlike rassisme (verskuil in die versuikerde pil van regstellende aksie) in die werksplek, waar ek myself elke dag in gevaar stel as ek daardie blou uniform aantrek, net omdat ek blank is nie. Ons blankes word nou net ‘opgeroep’ omdat hulle weet hulle het ‘n “balls-up” gemaak met die land in 22 jaar – hulle gaan die blankes nie die kans gee om jou ideaal van ‘n fantastiese, sterk, lojale, hardwerkende, eerlike en talentvolle blanke SAPD-mag te raak nie.

Johann Marx ·

Karma, dis awesome. Ek lees en ek verstaan wat jy NIE WIL NIE….en dis goed so, dis jou keuse. Maar geen lees die kommentare…..”hulle gaan nou net van ons skilde maak”…”hulle gaan ons nou net gebruik”….”hulle gaan ons nou van rassisme aankla”….hulle gaan, hulle gaan, hulle gaan….en dis ALLES net spekulasie!! Hoekom kan blanke oud-polisiemanne nie in ‘n massa opdaag om terug aangestel te word, en op te staan vir die “korrupsie, en swak diens, en arrogansie, en onkundigheid” waarna almal verwys nie? As blanke oud polisiemanne NIE terug gaan nie………..HOE gaan die huidige stelsel verbeter, of verander? Met so ‘n houding gaan NIKS verander nie….want NIEMAND doen iets daaraan nie! Jy kan slegs iets verander as jy aktief daaraan deelneem, daar is om die “verkeerd” uit te wys, en hard werk om dit te verander.

John ·

Wil hulle nou wit polisiemanne uitstuur om wit boere, vroue en kinders aan te keer wat nie van hul grond afstand wil doen nie? Weer tentkampe op die koue Vrystaatse vlaktes, of wat gaan hulle met hulle doen, en met die wit polisielede wat sou weier? Pakkette gee, ‘fire’? Nee…

Maria van Dieweeck ·

Ek glo steeds dis positief, ek dink hy wil n verskil maak.

Karolis ·

Dit baat niks jy verf die taxi of sit ander wiele aan nie, die drywer is absent.

T ·

NES DIE BOERE NOU GEMIS WORD NOU WORD DIE GOEIE POLISIE MANNE EN VROUE NOU OOK GEMIS JA NEE WANNEER GAAN HULLE BESEF DAT ONS IS NIE STUPID NIE

MS ·

Pasop ou beamptes, julle is met ‘n skoon rekord uit, hierna gaan jy uit met ‘n vuil rekord. Hierdie is nog ‘n slenter.

ou tannie ·

Ek verstaan dat mense ontnugter is deur die polisie. Hier by ons in Leeudoringstad is n paar blanke lede asook swart lede wat oor die algemeen baie behulpsaam is. As jy stasie toe gaan word jy hoflik behandel en meestal word daar in Afrikaans met jou gepraat. Ek praat n bietjie Setswana en as ek instap en hulle in hulle eie taal groet is dit asof daar n wereld oopgaan. Respek lewer respek. Ons het n wit vroue speurder wat so toegewyd is sy ry sommer op haar eie in die township in en arresteer vroueslaners oor naweke. Almal in die township ken haar( en in die dorp) en niemand soek moeilikheid as sy naby is nie. Mense soos sy maak n reuse verskil in die samelewing. As die vorige, toegewyde lede weer aangestel word is ek seker dit gaan n positiewe gevolg he. N beampte hoef nie die hele land te beskerm nie, selfs al word net n paar moorde of verkragtings voorkom is dit nog steeds die moeite werd. In plaas van spoke opjaag, doen eerder iets positiefs. You can’t keep a good man under!

Funny ·

Dis net ‘n oe verblindery. Media stunt om goed te lyk. My man het nou al 2 keer aansoek gedoen om terug te gaan maar het nie eens soveel as ‘n ontvangerkenning van sy aansoek ontvang nie. Hy “meet the criteria”, hy het speurderskursus, en baie ondervinding as speurder. 17 jaar.

Armando ·

“Ou Tannie”, ek stem saam met jou. Hoe maak jy koffie soeter? Jy gooi nog suiker by! Hoe maak jy die SAP beter? Jy sit goeie (beter) polisiemanne by.

Boerseun ·

Ons het elke bevoegde eks polisieman nodig in hierdie siek land van ons. Dit is beter om n inkomste te verdien en iets positief by te dra as om te kla en vas te hou aan die verlede en niks te doen aan die huidige situasie nie. As jou roeping is om n polisieman of vrou te wees, sit 100% in en jy sal n verskil maak glo ek ! Al keer jy net een moord of sluit jy een dief toe, dit is iets positiefs en beweeg ons in die regte rigting. Maar as jy nie meer kans sien vir die SAPD nie , move on en hou op kla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.