Polisie nou net ʼn knoppie ver

Brigadier Kushi Nair en Yusuf Abramjee. Foto: Verskaf.

Brigadier Kushi Nair en Yusuf Abramjee. Foto: Verskaf.

Die Brooklyn-polisie in Pretoria het ʼn app bekendgestel waarmee mense onmiddellik inligting kan deurgee oor ʼn misdaad of kriminele aktiwiteite.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder vir die polisie, het gesê inwoners van buurte wat onder die Brooklyn-polisiëringsarea val kan met die Namola-app misdade wat besig is om te gebeur of noodgevalle direk aan die patrollievoertuie rapporteer.

Die beamptes ontvang die inligting via Namola-toestelle wat in patrollievoertuie gemonteer is. Die toestelle is ook gekoppel aan beheerkamers. “Dit sal vinniger reaksietye en ʼn meer effektiewe vloei van inligting bewerkstellig,” het Weilbach gesê.

Wanneer iemand ʼn noodboodskap met die app uitstuur sal die naaste Brooklyn-polisievoertuig of die naaste Tshwane-metropolisievoertuig die presiese ligging van die voorval kan sien. Die eerste beampte wat beskikbaar is sal aan die voorval toegeken word en die beheerkamer sal ook deurentyd die situasie monitor. Die beheerkamer sal kan ingryp wanneer die situasie dit vereis. Die beampte is ook in staat om die persoon wat die noodboodskap gestuur het te skakel vir meer inligting indien nodig.

Weilbach het egter beklemtoon dat die app nie die skakel van die 10111-nommer vervang nie. “Die doel van die app is om die bestaande teenmisdaadhulpbronne te versterk en om vir gemeenskapslede nóg ʼn manier te gee om vinnig met die polisie in kontak te kom,” het Weilbach gesê.

Yusuf Abramjee, gemeenskapsleier en ambassadeur vir Namola, het aan Maroela Media gesê die app is al wel in verskeie toetslopies regoor Pretoria gebruik, maar dat dit nou vir die eerste keer volledig in Brooklyn geïmplementeer word. “Ons poog om dit binne die volgende paar weke uit te brei na omliggende gebiede aangesien die terugvoer tot dusver ongelooflik goed was,” het Abramjee gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Vytjie Molefe ·

Wonderlik dat daar vooruitgang is….mag julle van krag tot krag gaan en dit dié eerste stap na beter polisiëring wees!

Alida ·

Ag kom nou Anton. Dit is n wonderlike stap in die regte rigting. Kom ons loof die SAPD vir die inisiatief. Dit lyk asof dit elektronies gaan wees dus hoef jy nie bang te wees dat die menlike elemente gebruik gaan word nie.

swanna ·

Agnee wat julle raak opgewonde oor niks. Presies dieselfde storie soos die spesiale nommer na prezie zumpie se kantoor toe. Niks daarvan gekom nie en soos antoon se wie gaan die ding beheer. Weer een of ander verkiedings foefie.

Gerd Lourens ·

Pragtige idee.

Reuse probleem is egter “Die eerste beampte wat beskikbaar is…”.

Kas ·

Uitstekende idee! Miskien moet iemand n app ontwikkel wat gemeenskapspolisieeringsforums ook kan gebruik, ook n app vir plaas gebiede.

Zaney de Laney ·

Die probleem is sein op plase… selfs in die dorpsgebiede ook partykeer. Sal maar moet wag en sien wat gebeur!

Fanie Erasmus ·

Kyk gerus na die CASI app baie effektief hier in Nelspruit!

vermeende ·

En nou moet iemand net fietse skenk want voertuig tekort is nog altyd die verskoning.
Hoop maar die SAPD het die wil om dit te laat werk.

Scalla ·

Die knoppie gaan definitief werk maar gaan daar reaksie wees.

Alida ·

Ek kry skaam vir die negatiewe kommentare. Hoop MM plaas hierdie een want nie een van my voriges is geplaas nie. Wonder hoekom nie.

Johanna Botha ·

Wil dit nog sien …probeer 10111 bel ….moes my straat naam 5 keer spel …staaadig spel …Hoe moeilik kan dit nou wees om Estcort str te begryp. Wil my lyk of dit die domste mense is wat daar werk. Toe ons nou uiteindelik deurkom toe se die polisie daar is nie n voertuig beskikbaar nie …so ja dit was ons ondervinding …pateties om minste te se, so ons kyk maar en sien of die elektriese knoppie gaan werk soos hulle se ….

Ralph Michielsen ·

Elke geval wat ek met Brooklyn Polisiestasie te doen gehad het, was hul reaksietyd en diens UITSTEKEND! (Gewapende roof in my huis, diefstal, verdagte in ruin ens!). Mooi so Brooklyn Polisie!!!!

Anoniem ·

Kan iemand my asb meer inligting gee or die app..bv wat is die app se naam as jy hom wil aflaai?

Nico ·

‘n App wat ‘n ruk terug in die nuus was en nou baie suksesvol begin raak het veral onder sekeriteitsfirmas en CPF’s is die “Bull Horns Panic Button” app wat op Android en IOS beskikbaar is.
Soos Anton genoem het, enige app is maar net so goed soos die mense wat hom beheer.

Bach ·

Beskikbaarheid van voertuie die probleem. Staan mos skaamteloos by inkopiesentrums.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.