Polisie onbewus van Malema-intimidasie

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, het ʼn beroep op Julius Malema, leier van die EFF, gedoen om ʼn saak van beweerde polisie-intimidasie aan te meld.

Malema beweer hy is Sondagaand in Sandton deur gewapende polisiebeamptes uit sy motor gedwing, nadat sy motor na bewering by die Grayston-afrit deur ʼn “wit ongemerkte wa” van die pad getrek en ʼn verdere 10 polisiemotors binne oomblikke op die toneel was. Die polisiebeamptes het glo uit die motors geklim, hul vuurwapens op sy motor gerig en hom gedwing om uit te klim. Malema beweer hy het uitgeklim, maar die polisie het niks gedoen nie en glo beweer dit was ʼn fout, waarna hy toegelaat is om te ry.

Nhleko het in ʼn verklaring gesê die polisie neem kennis van die beweringe en Malema versoek om by sy naaste polisiestasie aan te meld sodat meer besonderhede ingewin kan word om die beweerde voorval behoorlik te ondersoek.

“Daar is geen doel om die polisie van iets te beskuldig en dan nie die nodige stappe te doen sodat die klagte behoorlik ondersoek kan word nie,” het Nhleko gesê.

Hy het gesê indien enige polisiebeampte nie binne die polisie se gedragskode opgetree het nie, sal teen die beamptes opgetree word.

Nhleko het ook ʼn beroep op Malema gedoen om die beweerde voorval by die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (Opod) aan te meld, sodat dié instelling dit onafhanklik van die polisie kan ondersoek.

“Versuim om dit aan te meld, word beskou as ʼn poging om die reputasie van die polisie te skaad,” het Nhleko gesê.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het vroeër in ʼn verklaring gesê die EFF beskou die voorval as “intimidasie” en dit is glo duidelik dat Malema deur die “vyand” agtervolg word. Ndlozi het gesê Malema was in Soweto vir ʼn vergadering en die “wit wa” het hom vermoedelik van daar af agtervolg.

“Die mense van Suid-Afrika en die wêreld moet weet die huidige regime begin gewelddadig raak. Ons sal die mense oor elke voorval inlig, want hulle moet weet in watter toestande ons sake moet doen,” het Ndlozi gesê.

Ndlozi het Maandagoggend aan die media gesê hulle beplan nie om ʼn klagte aanhangig te maak nie. Hy kon nie weer vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

m ·

Ja want dit het nooit gebeur nie. Dis alles aandag soek!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

ELSABE ·

Ek ruik n ROT hoekom het of wil hy dit nie aanmeld nie?????????????????????????

Jan maak n plan ·

Hy moet pasop netnou is daar dalk n “skiet ongeluk”.

JOHAN ·

Ag Malema het hom maar net ‘n bietjie misgis. Dit was maar net een van die “wit waens” van die groot trek wat ‘n bietjie verdwaal het en hom maar net afgetrek het om die pad te vra. Hulle voorlaaiers was nie eers gelaai nie.

hans brits ·

Hy hak vas met “WIT” .Verf alle staatsvoertuie,ambulanse ingesluit dan swart en ook sommer sy eie karre en vliegtuie,wit lyne op paaie,wolke ens.

m ·

Wonder net of da nie dalk drank betrokke was nie………………………..

Annie ·

Jy is reg….as mens graad GEVANG het kan mens tel. 1,2,3,4,5,6,7,8,9,10,10,10,10,10,10……..
Daar was beslis 10 “wit waens”.

Maria van Dieweeck ·

daar is tog seker kameras , kyk tog net. Seker weer nie gewerk nie oor `loadshedding` of `domwees`

wynand ·

As dit waar is is hy maar n bang mannetjie!!!!Hy hou van uitdeel maar nie van ontvang nie! Papbroek. EK hoop dis waar en dat hy hom buite weste geskrk het.

Joann ·

Daar kom die wa 4perde wa hy heti naam nie n naam moet hy nog kry. Ma onse Julie gee hom n naam n wit wa. Oppas dis n spook

Steve Stephansen ·

Hy moet pasop, sy wit wa kom al hoe nader! Sy laaste trippie gaan ook in ‘n wit wa wees! Ek dink hy sien al voorbodes!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.