Die polisie het Vrydagmiddag bevestig dat hy ʼn voorval ondersoek waartydens joernaliste van die SAUK glo tydens ʼn regstreekse uitsending “hardhandig” deur die polisie hanteer is en verhoed is “om hulle werk te doen”.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo by die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe plaasgevind.
ʼn Groep joernaliste van die SAUK was glo in die middel van ʼn regstreekse uitsending toe polisielede hulle onderbreek en hardhandig van die toneel weggewys het.
Mojapelo sê dié grenspos is ʼn nasionale sleutelpunt en enigiemand wat daar wil verfilm of foto’s neem, moet eers vooraf toestemming kry.
“Daar is baie streng beheer by die grenspos. Ons veroordeel egter die optrede van dié polisielede,” het hy gesê.
Mojapelo het bevestig ʼn interne ondersoek is tans aan die gang.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Wat n grap oor die kamtige ” steng” beheer as mense oor die grens kan loop na SA sonder n heining of niks …maar land nou op die lughawe sonder n geboorte sertifikaat vir jou kind uit die EU ….jy weet die mense is net BELAGLIK !
Heeltemal verstaanbaar, die grenspos is n sleutelpunt… vir omkopery en onwettige transaksies. Hoe moet die polisie geldmaak as die media daar is, met kameras nogal..
Pull n Zim
Dit is wat verwag kan word van die spul want hulle werk die doen hulle nie en die misdaad in SA kan dit bevestig en raai wat doen hulle……ondersoek die saak
Regtig dit is kurrup my werk stuur my gereeld na ons grensposte en die grootste grap ooit was een van custom’s se mense wat afsiek was en toe 3 van sy kollegas aangekla het omdat hy nie sy gedeelte van die omkoop geld wat hul in sy afwesigheid gemaak het nie ek lag nog elkekeer as ek daar kom en ja ek sien maar maak of ek nie sien wat daar gebeur nie want meeste van die tyd is ek enigste wit persoon daar so bly stil en doen wat ek moet doen