Lede van die misdaadvoorkomingseenheid het ʼn wenk ontvang wat daartoe gelei het dat daar beslag gelê is op miljoene rand se bier in Odendaalsrus in die Vrystaat.
“Lede van die eenheid, onder leiding van sers. Samuel Khoza, het Vrydagaand omstreeks 18:00 ʼn wenk ontvang oor kos wat bestem is om ondergrond vervoer te word,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die beamptes het toegeslaan op die huis in Ben Ricostraat en is deursoek.”
Volgens Thakeng het die beamptes ontdek die hele huis staan vol bier, wat reeds netjies in borrelpapier verpak is. “Daar was egter ʼn groot hoeveelheid bier wat nog nie verpak is nie, en dit was duidelik die persone was besig om die produkte te verpak vir onwettige myners wat ondergrond werk.”
Die polisie het ook beslag gelê op groot hoeveelhede bruin kleeflint, groot rolle borrelpapier en plastiekrolle.
Die bier, ter waarde van ongeveer R2,5 miljoen, was 440 ml-blikkies en botteltjies Hunters Gold, Windhoek, Castle en Milk Stout.
“ʼn 53-jarige man is in hegtenis geneem en staan tereg op ʼn aanklag van sameswering om ʼn misdaad te pleeg,” het Thakeng bygevoeg. Hy sal Maandag in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.
“Ons sal steeds druk bly plaas op onwettige myners in die Goudvelde en ek spreek my waardering uit vir die inwoners wat die wenk aan ons eenheid deurgegee het wat tot hierdie groot klopjag en inhegtenisneming gelei het,” het genl.maj. Apaphia Modise, bevelvoerder van Welkom, gesê.
Wat gaan nou van daardie bier word? Gaan die polisie hierdie oorwinning teen misdaad vannaand vier?
Ek erken ek is onkundig m.b.t. wetstoepassing wanneer dit by onwettige mynbedrywighede kom, maar kan die myners nie skriftelik of op ander maniere finaal gewaarsku word op uit te kom en hierdie onbruikbare myne wat nooit weer gaan werk nie dan ingeplof word? Ek glo baie sal nie uitkom nie, maar dis dan hul keuse… Hierdie probleem sal NOOIT bestuur kan word as daar nie daadwerklik opgetree word nie. Verwyder die versoeking permanent en verhoed mense om by hierdie gevaarlike praktyk betrokke te raak.
Ai sies tog, daar is so ‘n kwaai droogte in die land. Nou moet mens nog droëbek ook sit! Die man het maar net probeer help…
Goeie nuus doen so voort
nou moet mens weet hoeveel onwettige myners daar is .wat word van dit wat hulle myn ek neem aan dis goud
Nou moet julle weet hoeveel geld maak hulle. Belastingvry
Daardie goud wat hul myn moet verkoop word. Hoekom sal die myne nie self die goud koop nie. Dit is immers uit die grond en die myne het geen staking gehad in die tydperk wat die goud gemyn is nie. Dit kom op goedkoop arbeit neer.
Hoekom hou die Polisie nie die huis dop, agtervolg die besending drank. Vang die klomp by die huis, vervoerders asook die kopers. Dan was die ń sukses storie.
Al wat dit beskryf en bewys is die gatslag vir die verkoper se wins.
Hoop die polisie het ‘n lasbrief gehad om daardie perseel te betree. Hulle gaan al daardie goed moet terug gee.