Polisie ondersoek bejaarde vroue se moord in Germiston

Argieffoto: Kent Williamson

Twee bejaarde vroue, ʼn ma en ʼn dogter onderskeidelik 70 en 91 jaar oud, is Woensdag by hul huis in Lambton, Germiston in Gauteng vermoor.

“Een van die ma se dogters het omstreeks 14:00 op hul liggame afgekom by hul huis in Webberweg,” het kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vroue is vermoedelik verskeie kere met ʼn stomp voorwerp aangeval.”

Dlamini het gesê die polisie vermoed in hierdie stadium dat hulle na hul huis agtervolg is, en die huis is geplunder. “Dit is nog nie duidelik wat presies gesteel is nie.”

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moorde nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

Lt.genl. De Lange, die provinsiale polisiekommissaris, het haar skok uitgespreek oor die moorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alida ·

Dit is om van naar te word. Foeitog dit was onnodig en barbaarse optrede.

Ander Annie ·

Dit is nie ‘n mens nie. Dit is ‘n monster. Ons senior burgers is weerloos. Bring terug die doodstraf.

Pastoor ·

Die wat sulke moorde pleeg sê Joh 8.44. Hulle doen die werk van satan. Want hy is n mensemoordenaar van die begin af en hy is hulle vader. Hulle wat sulke grusame dade doen sal swaar gestraf word saam met hulle vader. Daar sal diesulkes nooit parool kry nie.

Louisa Sutherland ·

Ek werk in Primrose nie ver van Lambton dit is skokkend dat daar so feel geweld in Primrose is. Polisiering behoort te help maar nie eers die polisie kan hierdie krimenele vastrek nie. My innige medelye met die familie in hierdie moeilike tyd.

My 2c ·

Primrose is n entjie van Lambton af. Primrose het sy eie polisiekantoor en Lambton val onder Germiston SAP. Dus het die voorval nie in Primrose plaasgevind nie. Webber weg loop deur Lambton . Dis n hoofstraat waar daar verskeie winkel sentrums en die Afrikaanse Hoërskool is. En dan nog n paar huise. Simpatie vir die families. Self n 50 jaar inwoner van Germiston en sien daagliks hoe die eens gesiene stad verval dag na dag.

Sterkte ·

Sit een en een bymekaar. Ons almal weet wie agter hierdie moorde skuil. Net jammet die polisie wil dit nie erken nie. Sterkte aan die familie. Polisie kanie meer vure dood slaan,als ruk hand uit,dit raak net te veel vir hulle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.