Polisie ondersoek Carl Pistorius-ongeluk

Carl Pistorius Foto: @hellomag, Twitter

Carl Pistorius Foto: @hellomag, Twitter

Die polisie in Limpopo het Saterdag bevestig dat ʼn trompop botsing, waartydens Oscar Pistorius se broer, Carl, ernstig beseer is, ondersoek sal word.

“Ons het ʼn saak van roekelose of nalatige bestuur oopgemaak en die polisie en die verkeersdepartement van Limpopo sal die saak ondersoek,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die inligting sal versamel word en die direkteur van openbare vervolging sal dan ʼn besluit neem of iemand vervolg gaan word.”

Paramedici moes van spesiale toerusting gebruik maak om Pistorius uit die wrak te sny. Die ongeluk het Vrydagaand omstreeks 20:00 op die N1 buite Modimolle (Nylstroom) plaasgevind. Hy was van ʼn sakereis in Polokwane op pad terug na Pretoria toe ʼn ander motor hom reg van voor getref het.

“Pistorius is na ʼn hospitaal in Pretoria geneem en die ander bestuurder is na ʼn plaaslike hospitaal geneem,” het Mulaudzi gesê. “Daar was twee passasiers saam met Pistorius in die motor, maar hulle is nie beseer nie. Volgens berigte was die ander bestuurder alleen in die motor, maar dit kon nog nie bevestig word nie. Al twee mans het ernstige beserings opgedoen.”

Pistorius se oom, Arnold Pistorius, het Saterdagoggend bevestig Carl is “buite gevaar” ná die ongeluk. Hy het gesê ʼn motor het van die oorkant van die snelweg uitgeswaai en in die aankomende verkeer se baan beland voordat hy Carl se motor reg van voor getref het.

Pistorius se kollega het in ʼn tweede motor agter hulle gery en die ongeluk sien gebeur.

Verdere besonderhede van die bestuurders se beserings is nie bekend gemaak nie.

Lees ook:
Carl Pistorius “buite gevaar” ná ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

carel ·

Kyk hoe vetraag is ons Media – inligting beskikbaar wys dat n 3de party oor die middel lyn voor Carl ingery het – maar orals waar jy lees laat die media dit klink of dit Carl se skuld was??

Ek het nog altyd geding n goeie joernalis is opjektief?

Soos dit vir my lyk is dit mense met hul eie opinies wat kan skryf soos hulle wil en dinge verdraai?

Waarom skryf hulle nie dat n 3de party voor Carl ingery het nie????

Amanda ·

Ek stem saam. Teen hierdie tyd weet almal Carl was onskuldig besig om te ry en dat n voertuig in die aankomende baan ingeswaai het reg voor Carl in. maar onmiddelik word sy verlede tot by sy oorlede Grootjie oopgekrap en geinsinueer dat dit Carl is wat in die ander persoon gebots het. Die media is siek! Sies vir julle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.