Polisie ondersoek drie kinders se vergiftiging

Argieffoto (Foto: jackmac34, Pixabay)

Die polisie in Mokopane (Potgietersrus) stel ondersoek in nadat drie kinders ná hul aankoms by Voortrekkerhospitaal gesterf het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê vyf kinders het iets geëet en daarna komplikasies ontwikkel waarna hulle na die hospitaal geneem is. “Twee het met hul aankoms by die hospitaal gesterf en ʼn derde een het later gesterf. Die twee ander kinders, onderskeidelik nege en 11 jaar oud, ontvang nog steeds behandeling in die hospitaal.”

Die drie kinders wat gesterf het, is almal van Uitbreiding 19 buite Mokopane. Hulle is Paballo Selota (sewejarige seun), Memeza Elias Mulaudzi (10-jarige seun) en Tshepo Tlou (15-jarige seun).

Die oorsaak van die kinders se dood is nog nie bekend nie. Nadoodse ondersoeke sal gedoen word. “Die polisie se ondersoek duur voort,” het Ngoepe bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Ondersoek 5 kinders se vergiftiging en nie slegs die drie ongelukkiges nie. 5 om te ondersoek.

Boerboel ·

Volgends ander berigte het die kinders slaptjips op die straat opgetel. Organo-fosfaat vergiftiging word vermoed. Was dit doelbewus gelos?

Kasper ·

Sterkte aan hul familie en aan die polisie wat moet uitvind wat gebeur het, julle is in ons gebede.

snoefie ·

skandalig dar kinders slaptjips van die pas af moet optel om iets te hê om te eet en dit in n land waar R256miljoen aan die “veiligheidsoograderings” aan die president se huis gedoenwas. om maar een voorbeeld te noem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.