Polisie ondersoek dubbele moord in Hanover Park

Argieffoto

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom ’n dubbele moord in Hanover Park in Kaapstad nadat die liggame van ’n man en ʼn vrou Saterdagoggend in dié voorstad aangetref is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam van ʼn 23-jarige man en dié van ʼn 18-jarige vrou is omstreeks 07:20 in Athry Walk aangetref.

Die man het verskeie skietwonde aan sy liggaam gehad en die vrou se liggaam het sowat tien meter van die man af gelê. Sy het ʼn skietwond aan haar kop gehad.

Volgens Van Wyk is die motief vir die moorde onbekend.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om die misdaadstopnommer by 08600 10111 te skakel of dit by die Philippi-polisiestasie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lizelda ·

Albei was nog so jonk, ai man dis baie hartseer om sulke berigte te lees. Sterkte aan d families.

Grompie ·

Waar is jy veilig?.15% vat om in vrees teleef hoeveel mense moet nog sterf voor die regering wakker word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.