Polisie ondersoek foto van ‘lede’ wat by drank poseer

drink drank polisie beampte vroue alkohol

Die polisie probeer om die egtheid van die foto te bepaal. Dit het groot woede veroorsaak.

Die polisie sê hy het met kommer kennis geneem van ʼn foto waarin twee polisievroue in uniform elk met ʼn bierbottel in die hand staan terwyl hulle langs kratte drank poseer.

Die foto, asook ʼn foto van ʼn ander polisiebeampte in uniform wat lyk of hy bier uit ʼn bottel drink, is die afgelope paar dae wyd op sosiale media gedeel en het tot groot woede gelei.

Die verkoop van alkohol word sedert die inwerkingstelling van die staat van algehele afsondering verbied. Die polisie het reeds op talle handelaars toegeslaan wat glo drank onwettig verkoop. Daar word op die voorraad beslag gelê en dit word later vernietig.

Dié foto is ook wyd gedeel.

“Ons ondersoek tans die egtheid en oorsprong van die foto [van die twee polisievroue] om die identiteit van diegene in die foto te bepaal en vas te stel wanneer en waar die foto geneem is,” het kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, gesê.

“Sulke gedrag deur enige polisielid is onaanvaarbaar en die polisiebestuur keur dit ten sterkste af.”

Muridili het gesê sodra die ondersoek afgehandel is en die geloofwaardigheid van die foto bevestig is, sal die betrokke polisielede aan interne tugstappe onderwerp word.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die foto om die polisie se Stop Misdaadnommer te bel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Ek haal my hoed af vir die polisielede.

Louwrens

Oh my soul. . . .
Ok maar mens ok maar lus. . . .

Strandloper

Sluit toe plus die veskoning van ministertjie…maar aan die ander kant is hul swart…so niks sal gebeur nie…

Burgermeester

As sommige polisie beamptes maar net so fluks kon gewees het met die aanleer van vuurwapen kundigheid en landswette, sou hulle dalk minder van ‘n verleentheid vir die SAP en nasie gewees het.

Genis

Hoekom is ek geensins verbaas nie… dis weereens n skande…soos aasvoels… sies SAPD…sies