Die Limpopo-polisie het bevestig ʼn volskaalse soektog is van stapel gestuur na ʼn Zimbabwiër wat vroeër uit aanhouding by die Lephalale-polisiestasie ontsnap het.
Die ontsnapte, Petros Moyo (27), is verhoorafwagtend in verband met die onlangse moord op dr. Werner Emslie (55) op sy plaas buite Lephalale (Ellisras).
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Moyo het Maandagaand uit die aanhoudingselle by die Lephalale-polisie ontsnap.
“Hy het Maandag weer in die Lephalale-landdroshof verskyn waar hy teregstaan op aanklagte van moord, huisbraak en diefstal. Daar is intussen ook vasgestel hy is onwettig in die land,” het Ngoepe gesê. Moyo se saak is daarna tot 14 Desember uitgestel vir verdere ondersoek. Hy is nie borgtog toegestaan nie.
Ngoepe het gesê die presiese omstandighede rondom die ontsnapping word behoorlik ondersoek in opdrag van die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Nneke Ledwaba. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat hy deur die versperrings van die polisiesel gesaag het.”
Die ondersoek sal bepaal waar Moyo die toerusting gekry het en of hy enige hulp gehad het.
Enigiemand wat die verdagte opmerk, word versoek om brig. Masia by 082 319 9285 of hul naaste polisiestasie te skakel. Oudkol. Sakkie Louwrens, direkteur van die misdaadbestrydingsorganisasie Heritage Protection Group (HPG), kan ook by 071 798 7954 gekontak word.
Maroela Media het vroeër berig Moyo is op 18 Oktober in Frankfort in die Vrystaat in hegtenis geneem ná volgehoue pogings deur die Lephalale-polisie se taakspan, speurders, misdaadintelligensie-eenheid en HPG.
Buiten die aanval op Emslie, en sy vrou, dr. Mariette Emslie (55), word Moyo glo ook verbind met huisroof- en inbraaksake in Lephalale en Frankfort. Moyo het op 20 Oktober vir die eerste keer in die hof verskyn en was sedert sy inhegtenisneming in aanhouding.
Louwrens het vroeër ʼn beroep op die publiek gedoen om na Moyo te help soek, uit vrees dat Moyo dalk terug kan vlug na sy tuisland.
Lees die vorige berigte oor die Emslie-egpaar se aanval op Maroela Media.
Die polisie ondersoek die polisie, hoe belaglik!
Presies wat ek ook nou dink. En dan kom woorde soos “onbevoeg”, korrup” en “swak werksetiek” ook ter sprake. Wat n wonderlike wenresep.
Onbevoegdheid of sameswering is opsies.
Wat ‘n skande !!! Wie doen die inspeksies in die selle ?? Dit is om van mal te word om te weet daar is mense wat hul lewens nutteloos verloor, mense wat die oortreders vas trek en alles dan net in die niet verdwyn, Skande , Skande !!! Ek is seker hul pas dronk bestuurders beter op !
INSIDE JOB!!!
Ek kan nie anders nie, was dit n ontsnapping of n vrylating aangesien die SAPD plaasmoorde nie as n pojoriteit sien nie??
Kan ons n losprys op sy kop sit en sy meelopers wat hom help ontsnap het ?
Hierdie keer moet ek die polisie geluk wens. Nie oor die onsnapping nie maar oor die duidelike foto. Dikwels vertoon die polisie foto’s van ontsnapte misdadigers wat soo onduidelik is dat jy nooit die persoon sal herken nie, al staan jy voor hom
Hoekom wys die SAPD nie die foto’s van die polisie lede wat verantwoordelik is vir sy ontsnapping nie?
Welgedaan.
Hierdie ene MOET AUB net weer vasgetrek word en sy helpers ook!!!!!
Nou het ek alles gehoor. Wie was aan diens toe hy ontsnap het . Sal hy of hulle aangekla word. Ek dink hy is al klaar in Zim.
MM
die Provisiale Kommisarins van Limpopo is ‘n Lieutenant Generaal, en nie ‘n Lieutenant Kolonel nie.
Dagsê Poot
Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media
Waar was die vyl? onder die kussing as verwelkomings geskenkie?
Let op hoe vuil is die mure waar die foto geneem is, alles val uitmekaar, dit is ook die rede hoe hy reggekry het om te ontsnap. Geen dissipline en werkstrots.
Ek werk en bly in Ellisras, of dan nou Lephalale soos hy deesdae genoem word , dit is ongelukkig hoe skokkend dit in onse dorp gaan, dis absoluut ‘n SKANDE dat daardie man weggekom het en dat hy nogals uit “aanhouding” ontsnap het…BESLIS INSIDE JOB…Pateties is al wat ek kan se…uiters pateties.
Bestaan daar nog iets soos om onwettig in die land te wees? Ons grense is dan vir enige Jan rap en sy maat oop. Ek hoop hy word gou weer aangekeer.
Wie, wat of waar is Lephalale ? Simpel naam. Gee tog asb. Die ou naam ook. Dankie.
@K van N. Lephalale se ou naam was Ellisras in die Limpopo. Al die dorpe het mos nou maar simple name gekry.
Hi K van N….Lephalale of te wel Ellisras is in die Limpopo provinsie…ons dorpie is 80km gelee vanaf Stockpoort grenspos en 95 km vanaf Groblersbrug grenspos….aan Botswana kant is dit Martin’s Drift grenspos…
Ongetwyfeld ‘n “inside job” deur die polisie.Kom ons kyk hoe vinnig word die werklike gebeure deur die ondersoekende polisie toegesmeer/verdoesel.Geen een van hulle is betroubaar nie.Daai dae is lankal verby.
Klaar terug in Zim. Baie maklik om oor die grens te loop. Hy sal so jaar wag tot die stof gaan le en terugkom vir nog
Verseker hulp van binne. Gaan ondervra maar die menere wat aan diens was daai tyd.
Ons weet almal die grootste deel van die polisie dra donkerbrille wanneer boere doodgemaak of aangeval word… Noem dit maar “stille diplomasie” of wat jy ookal wil. Dis alles ‘n fyn beplande operasie teen wit mense…ons weet dit almal, en hulle weet ons weet. Wat hulle ook weet is die feit dat ons nie veel daaraan doen nie…
Hoe klink die liedjie se woorde nou weer. ( With a little help from my friends)
Tipies van onbevoegdheid. Verstaan polisie hou grensposte dop, hoe belaglik, dink hulle hy gaan by grenspos oor. Wat ook waar is, is as polisie hom oorvat sal dit by grenspos wees.
Sekere media se dat daar nou militere oorname in zim is
onwettig in die land so is die mugabe seuns ook en hou lekker parties
Kan my net indink hoe voel die Emslies: verraai!
Kan my net indink hoe voel die Emslies!
Hoe saag jy deur n versperring; en NIEMAND hoor dit nie???
Die polisie is n GROOT joke !
Kriminele ondersoek kriminele – hoe belaglik!! Ek sal vir julle ‘n mooi prentjie teken.
Mojo is vanoggend weer gearresteer in Lephalale. Hy is terug agter tralies.
Dagsê Jana
Dankie vir jou kommentaar! Jy is inderdaad heeltemal reg.
Lees gerus Maroela Media se opvolgstorie: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/emslie-plaasmoord-verdagte-weer-vas/
Groetnis
Cyril nms Maroela Media
Ek weet nie waar jy dit hoor nie maar ek hoop jou bron is betroubaar – dankie vir die goeie nuus.
Yip,net na 4 vanmore by n huis probeer inbreek. Hoop hy bly nou agter tralies.
Is n feit.Hyt vanmore net na 4by n huis probeer inbreek en is gearresteer.