Polisie ondersoek Julius Malema oor AK47

Julius Malema (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Woensdag bevestig hy stel ondersoek in ná ʼn vuurwapen in ʼn beboude gebied afgevuur is. Dit volg nadat beeldmateriaal versprei is waar die leier van die EFF, Julius Malema, vermoedelik ʼn aanvalsgeweer Saterdag by die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane in Oos-Londen afgevuur het.

Die EFF was oor die naweek in Oos-Londen in die Oos-Kaap waar die party sy vyfde verjaarsdag gevier het.

Die video wys hoe die EFF op die verhoog sing en dans. Tydens een van die liedjies het Malema na die kant van die verhoog beweeg en dit lyk of hy verskeie skote met ʼn aanvalsgeweer afvuur.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het die gerugte verwerp. Volgens hom was dit nie ʼn regte vuurwapen nie en is geen werklike koeëls afgevuur nie.

Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het intussen aan Maroela Media bevestig dat die polisie ondersoek instel ná berigte ontvang is van ʼn vuurwapen wat by die Sisa Dukashe-stadion afgevuur is. “ʼn Saak is geregistreer van ʼn vuurwapen wat in ʼn beboude gebied afgevuur is. Die ondersoek duur voort.”

Volgens die Wet op Vuurwapenbeheer is dit ʼn oortreding om beheer te hê van ʼn gelaaide vuurwapen, antieke vuurwapen of windbuks in omstandighede waar dit die veiligheid van enige persoon bedreig.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het intussen Woensdag klagtes teen Malema by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien. Dié klagtes sluit in: Die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare plek sonder genoegsame rede, asook die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder die nodige lisensie en magtiging.

Die videogreep waaruit die klagtes spruit is wyd op sosiale media versprei. Dit is na bewering deur ’n polisielid opgeneem wat ook gepoog het om klagtes op grond van die video teen Malema in te dien. Volgens hierdie persoon het die polisie egter geweier om die klagtes te aanvaar. AfriForum is bekommerd dat die SAPD se optrede in hierdie verband nie strook met hul beweerde siening in die media rakende hul kommer oor vuurwapens nie.

“Malema bevestig weer eens dat sy modus operandi behels om blatant en sonder respek vir enige wetgewing of regsprekende gesag op te tree,” het Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder van AfriForum se gemeenskapsveiligheidsafdeling, gesê. “As leier van ’n politieke party is hierdie optrede roekeloos, aangesien sy ondersteuners sy optrede en minagting van die gereg moontlik kan navolg. Sy optrede kom neer op die blatante opsweep van mense en kan eenvoudig nie ongestraf verbygaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Elsie Esterhuizen ·

And guess what… NOTHING will happen to him concerning this matter……

Sandy B ·

Alles wat op hom betrekking het gaan ongesiens verby? HOEKOM???????????

Siek en sat ·

Malema is onaantasbaar. Hy doen net wat hy wil want hy hy weet hy kom weg met alles. Verpes daai maaksel.

kobus ·

As dit n wit mens was.was hy dadelik toegesluit en die ministers het iets gese daaroor.

Anoniem ·

Gelukkig sal jy – malema maar aan GOD moet verantwoording doen !!!

Anoniem ·

Dit was seker ook net n grappie soos al die ander dinge van hom !!!!

ferdi ·

Hierdie land is absoluut wetteloos en begin onregeerbaar raak

Ek Stem Saam ·

Kom ons gaan ook aksie neem elke keer as hy wegkom met sy uitspraak en doen en late dan STRIKE alle besighedede en no work no pay .

Ruiklont ·

Miskien weet hy te veel en “kan” daar nie aan hom gevat word nie?

tom ·

Malema ek is as n witman is nie bang vir jou nie jou dag gaan kom

Moeg vir patete ·

Ag hy sal niks oorkom nie… Hys soos ‘n renoster, mag nie aan hom raak nie.

Marie ·

Waar is Gerrie Nel, hierdie man maak net wat hy wil en kom weg daarmee, dit is onaanvaarbaar

Jan ·

On the first shot you can see the fash at the barrel of the toy gun.

Chris ·

Kry die persoon wat die video geplaas het as getuie Of was die ook n spook?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.