Die Limpopo-polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn vyfjarige meisie dood by ʼn plaaslike skool aangetref is.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die meisie se liggaam is by Mutsha Primary School in die Thondoni-nedersetting in Levubu aangetref.
“Die meisie was in graad R by die skool en het na bewering op die skool se perseel geloop toe sy met ʼn ontblote elektriese kabel in aanraking gekom en doodgeskok is,” het Ngoepe gesê. Die meisie, Vhuthuhawe Madala, is op die toneel dood verklaar.
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Ek sal hoop hulle doen ‘n volledige ondersoek – Vra die beheerliggaam wat hulle omrent hierdie kabel gedoen het? Seer sekerlik moes onderwysers wat diens doen al sulke dinge gerapporteer het. RIP
Dankie tog daar is nie weer ‘n boer by betrokke nie . as dit die regering of munisipaliteit is behoort daar niks van te kom nie. Dis terrible dat ‘n jong kind haar lewe moet verloor op so ‘n wyse.